1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min
Jonatan tree hier na vore as ‘n dapper vegter wat in voeling is met wat die Here wil. Hoe pragtig sê Jonatan nie:
“Hy kan red, deur baie of deur min.”
Let op hoe die oorwinning kom deur sowel Jonatan se heldedade en die Here wat paniek en verwarring saai onder die vyand. Selfs Hebreërs wat eintlik aan die Filistyne se kant was, kom oor na Israel toe!
Saul darenteen kan selfs met die ark by hom nie in kontak met God kom nie: “Maar God het hom nie toe geantwoord nie.” Sy opdrag aan die manskappe om nie te eet voor die aand nie, illustreer sy dwaasheid deurdat dit die oorwinning beperk én sy seun se lewe bedreig (onthou Jefta en sy dogter!).
Die manskappe keer dat Saul vir Jonatan kwaad aandoen, interessant genoeg deur Jonatan se heldedaad aan God se hulp te verbind.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes”
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here?
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red …
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God
- Die karakter van Dawid
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense
- Kanonvorming
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig!
Tags: Samuel
Trackback from your site.
Vinie Furstenberg
| #
Oordeel oor Eli se nageslag: 1Sam 14
Ten spyte van die boodskap van die man van God aan Eli in 1Sam 2, tref ons vir Agija, die agterkleinseun van Eli, as priester aan by Silo. 1Sam 14:3
Is daar `n moontlikheid dat verskillende tradisies in omloop was en dat die twee hoofstukke nie van dieselfde bron afkomstig was nie?
Reply
Vinie Furstenberg
| #
`n Vertalingsfout? 1 Sam 14:32 – 33
“ by die bloed geëet” Volgens Lev 7:26 was dit nie veroorloof om vleis MET die bloed daarin te eet nie.
Reply
chrisvanwyk
| #
Nee, dit is een tradisie. Die vervulling sou nog kom met die uitwissing van die priesters van Nob in 1 Sam 22 en later selfs van die laaste oorblywende een, Abjatar, wat verban is na sy landgoed (1 Kon 2). Let op dat daar van Eli gepraat word wat priester in Silo was, nie van Agija nie.
Reply
chrisvanwyk
| #
Die woordjie wat met “by” vertaal word, kan ook met “met” vertaal word. Dit is heel moontlik 'n vertalingsfout (Klein).
Reply