1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat
Dit lyk of daar twee tradisies oor Dawid sigbaar is in hoofstuk 16 tot 18, soos ons dit hier in die oorspronklike Hebreeuse teks het. Volgens die een tradisie het Saul reeds vir Dawid geken voor die geveg met Goliat, en volgens die ander het hy hom eers in die geveg leer ken.
Die Griekse vertaling (LXX of Septuagint) vertel die verhaal sonder 17:21-31, 41, 50 en 17:55-18:5 wat dus net met een tradisie werk, dat Saul reeds vir Dawid geken het. Daar moes dus twee Hebreeuse tekste gewees het, die een langer, waarin die twee tradisies vervleg is, en die ander korter waarin net die een vertel is.
Om die langer teks te verstaan, kan ‘n mens uit 17:15 aflei dat Dawid om die beurt na Saul toe gegaan het en dan weer die kleinvee opgepas het. Dit verklaar Saul se vraag aan Abner oor Dawid se afkoms in 17:55, omdat hy hom net as musikant geken het, en nou wil weet wat dan so besonders is aan sy familie dat hy so ‘n heldedaad kon verrig.
Dit wil ook voorkom of daar twee tradisies is oor wie Goliat doodgemaak het. Hoofstuk 17 sê Dawid, maar 2 Sam 21:19 sê dat Elganan vir Goliat doodgemaak het. 1 Kron 20:5 kan moontlik die oplossing gee, wat sê dat Elganan Goliat se broer doodgemaak het. Maar soos dit nou staan in die Bybel, lyk dit of daar twee tradisies is.
Dawid se geheim lê in sy onwrikbare geloof in ‘n lewende Here wat hom gered het uit die kloue van die leeu en die beer, en dit ook sal doen in die geveg met Goliat. Let op hoe hy ook praat van “die Here die Almagtige” soos Hanna in haar gebed die eerste keer in die Bybel gebruik het.
Dawid leer ons dat die oorlog aan die Here behoort en dat die oorwinning nie deur swaard of spies kom nie.
Jonatan en die volk se liefde vir Dawid staan in skerp kontras met die wantroue van Saul. Saul het bang geword vir Dawid: “omdat die Here by hom was, maar die Here het vir Saul verlaat.” Daarom het hy allerlei planne beraam om Dawid uit die weg te ruim. “Saul was vir goed vyandig teenoor hom.”
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel - October 20, 2009
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes” - October 21, 2009
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink - October 22, 2009
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad - October 23, 2009
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel - October 26, 2009
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here? - October 27, 2009
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red … - October 28, 2009
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie - October 29, 2009
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes - October 30, 2009
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee - November 2, 2009
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe - November 3, 2009
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min - November 4, 2009
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike - November 5, 2009
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat - November 6, 2009
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos - November 9, 2009
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was - November 10, 2009
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God - November 11, 2009
- Die karakter van Dawid - November 12, 2009
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef - November 13, 2009
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore - November 16, 2009
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel - November 17, 2009
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar - November 18, 2009
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval - November 19, 2009
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig - November 20, 2009
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee - November 23, 2009
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het - November 24, 2009
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here - November 25, 2009
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied - November 26, 2009
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense - November 27, 2009
- Kanonvorming - November 29, 2009
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan - November 30, 2009
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af - December 1, 2009
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! - December 2, 2009
chrisvanwyk
David Mniki het gepreek oor hierdie verhaal by die 2009 Bless the Nations konferensie. Luister na die mp3: “The context of our mission” by http://mysite.nmmu.ac.za/csajhg/DavidMnikiB.mp3 .
juriejurgens
Ek onthou 'n paar van die teksies wat ek vir Sondagskool moes leer, en een wat 'n groot indruk op my gemaak het, en wat ek al baie vir myself toege-eien het is is “Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare”. Wonderlik hoe die Woord vir mens so kan help en boemoedig op so baie verskillende maniere.
Finie Fürstenberg
1Sam. 18:21 Watter soort “vangstrik” sou Mikal vir Dawid kon wees as sy met hom trou?
chrisvanwyk
Saul het 'n strik vir Dawid gestel dat hy 100 Filistyne moes doodmaak om haar te kan kry as vrou. Hy het gehoop dat Dawid in die slag sou omkom.
Vinie Fürstenberg
Hoe verduidelik `n mens aan `n kritiese persoon die konsep van die Bybel as geïnspireerde Woord van God as daar soveel leuens en teenstrydighede voorkom? Leuens soos Mikal wat vir Saul sê Dawid sou haar doodmaak as sy hom nie laat gaan het nie (1Sam19:17), of Dawid se leuens in Nob nogal vir die priester ens.
chrisvanwyk
Dawid en Mikal se leuens word eerlik vertel, maar nie noodwendig gekondoneer nie. Dit raak nie die inspirasie van die Skrif nie, behalwe as die Skrif dit sou aanmoedig of nog erger sou verdoesel.
Die teenstrydighede in die Bybel is menslike foute. Ons bely oor die inspirasie van die Bybel dat dit God se Woord in menslike taal is. Dit is onfeilbaar in die openbaring van God se natuur en wil, maar feilbaar in terme van die neerskryf daarvan.