WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval
Dit tref my dat Dawid so geroer is deur die dood van Saul. Oor Jonatan sou ek dit nog kon verstaan, maar oor Saul, die een wat verantwoordelik was vir soveel van Dawid se ontberinge? Dawid teken egter weereens vir Saul as die gesalfde van die Here. Sy respek vir die amp van Saul is dus ten diepste respek vir die Here. En dié grens sou hy nooit oorsteek nie, om die reg in eie hande te neem, die gesalfde van die Here te vernietig, selfs al bedreig hy Dawid se lewe.
Die Amalekiet se weergawe van hoe Saul dood is, verskil van die gegewens in 1 Samuel 31. Moontlik wou die Amalekiet sy eie aandeel in die dood van Saul vergroot ter wille van een of ander beloning, daarom dat hy sê dat hy Saul doodgemaak het. Dat die Amalekiet dit, anders as wat hy verwag het, moet ontgeld, is grusaam, maar tekenend van Dawid se integriteit en lojaliteit. Onthou ook dat dit die Amalekiete was wat net tevore Dawid se mense in Siklag ontvoer het. En dit was teen die Amalekiete wat Saul die bevel van die Here oortree het en sy koningskap verloor het (1 Samuel 15). Hier is dit dan ‘n Amalekiet wat sê dat hy Saul om die lewe gebring het. Veel later sou dit die nageslag van Agag, ook ‘n Amalekiet, wees wat in die persoon van Haman (verhaal van Ester) die Israeliete sou bedreig.
Niemand mag egter, in die oë van Dawid, hulle hand aan die lewe van die gesalfde van die Here slaan nie. Selfs nie aan sy familie nie, sal ons later in hoofstuk 4 lees. Dawid neem ook later Mefiboset, seun van Jonatan in sy sorg (hoofstuk 9), hoewel daar egter ook nog die grusame verhaal van die seuns van Rispa en Merab sou kom (hoofstuk 21).
Dawid treur in sy treffende klaaglied roerend oor die verwoesting van die trots van Israel, Saul en Jonatan. Drie keer verwoord hy sy pyn met die frase: hoe het die helde geval. Veral oor Jonatan, die een na aan Dawid se hart, is sy hartseer groot. Dawid sing dié lied dus met ‘n waarderende gesindheid. Hy verlekker hom nie in die ongeluk wat Saul oor sy swakhede en booshede getref het nie, maar laat die volk die goeie oor Saul en Jonatan onthou. Interessant dat die lied in die Boek van die Opregte opgeteken is (vgl ook Jos 10:13) en aan die volk geleer is.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel - Oct 20, 2009
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes” - Oct 21, 2009
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink - Oct 22, 2009
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad - Oct 23, 2009
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel - Oct 26, 2009
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here? - Oct 27, 2009
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red … - Oct 28, 2009
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie - Oct 29, 2009
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes - Oct 30, 2009
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee - Nov 2, 2009
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe - Nov 3, 2009
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min - Nov 4, 2009
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike - Nov 5, 2009
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat - Nov 6, 2009
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos - Nov 9, 2009
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was - Nov 10, 2009
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God - Nov 11, 2009
- Die karakter van Dawid - Nov 12, 2009
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef - Nov 13, 2009
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore - Nov 16, 2009
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel - Nov 17, 2009
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar - Nov 18, 2009
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval - Nov 19, 2009
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig - Nov 20, 2009
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee - Nov 23, 2009
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het - Nov 24, 2009
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here - Nov 25, 2009
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied - Nov 26, 2009
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense - Nov 27, 2009
- Kanonvorming - Nov 29, 2009
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan - Nov 30, 2009
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af - Dec 1, 2009
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! - Dec 2, 2009