1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel

Dit is met groeiende spanning wat ‘n mens dié gedeelte lees.  Die aanloop tot die oorlog op die Gilboaberg by Jisreël begin met Saul wat nie meer God se stem kan onderskei nie, nie direk deur drome nie, nie deur die bemiddeling van die priesters (met die urim en die tummim) nie , en nie deur ‘n woord van die profete onder leiding van die Gees nie.

Saul se desperaatheid word in detail geteken.  Hy is honger en bang.  En hy raadpleeg ‘n verbode dodebesweerster.  Dit alles, omdat God hom verlaat het.  Dis hartseer dat terwyl Samuel gelewe het, Saul ongehoorsaam was.  Noudat Samuel dood is, bly Saul steeds ongehoorsaam.  Hy kan nie dit oor sy lippe kry om te sê, ek het gesondig nie.  Terloops, die dodebesweerster was duidelik verbaas en doodbang dat enigiets gebeur toe sy iemand uit die dode oproep.  Dit dui aan dat dit God is wat uiteindelik van Hom laat hoor deur Samuel, en dat die dodebesweersters praktyk eintlik ‘n bedrogspul was.

Dawid word ook uitgeskakel uit die oorlog deur die besware van die ander Filistynse konings wat hom nie vertrou nie.  En in hoofstuk 30 is hy in elk geval betrokke by ‘n oorlog teen die Amalekiete, wat die leër van Israel só verswak dat hulle verslaan word en Saul en Jonatan in die oorlog (hfst 31) omkom.

Die tafel is gedek vir die onafwendbare gevolge van ‘n lewe wat nie in God se teenwoordigheid geleef word nie.  Saul se koningskap is naby sy einde.

Urim en Tummim: Dit was vermoedelik twee stene wat die priester in sy borssak gedra het vir besluitneming (Eks 28:30). Soms word net gepraat van die urim, soos hier. Hoe dit presies gewerk het, is onseker. Vermoedelik was die een ’n ja- en die ander ’n nee-stem, ofskoon daar soms nie ’n antwoord gekry is nie (1 Sam 28:6).

View all posts in this series

Samuel


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Is ek reg dat daar 'n sterk ironie in 28:6 is :- Saul probeer om die Here te raadpleeg, en word nie ge-antwoord nie;
    * nie deur die urim nie. MAAR dit is Saul wat die priesters uitgeroei het, en veroorsaak het dat Abjater die skouerkleed met die urim en tumin na David vlug(23:6 & 9);
    * nie deur profete nie, MAAR dit is Saul wat vir Samuel en dus ook sy groep profete vervreem het sodat hulle nie meer kontak gehad het nie (15:35);
    * nie deur drome direk van God nie, MAAR dit is Saul wat weggedraai het van die Here en sy eie kop gevolg het.
    Ek sien dit as nog 'n les dat mens nie jou verhouding met die Here kan “tydelik afskakel” en eie agenda volg, en dan weer kan “aanskakel” as jy die Here nodig het nie.

  • Briljante ontleding en insig. In my voorbereiding vir Sondag se erediens met Filippense 3 as teks, is dit juis wat my van die Nuwe Testament “Saul” tref, dat, teenoor die OT Saul, sy hele lewe om sy verhouding met Christus gedraai het. Dit is amper soos 'n alles of niks beginsel wat vir ons geïllustreer word. Jy kan nie die verhouding tydelik afskakel en dan weer aan as jy Hom nodig het nie. Tog dink ek steeds, as Saul, selfs op dié laat stadium, hom sou verootmoedig voor die Here, hy genade van God sou kon kry, al kon dit nie die gevolge van sy lewe totaal uitwis nie. Dit bly die tragiese vir my van sy lewe, dat hy volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en nie tot inkeer en berou kom nie.

  • 'n Vraag is gevra oor dodebesweerdery en waarsêery in die OT

    Dodebesweersters (mediums) het gespesialiseer daarin om dooies op te roep om deur met hulle te kommunikeer en uit hulle woorde (orakels) insig te verkry (die praktyk heet necromancy in Engels). Die praktyk is reeds bekend uit die 2de Millenium vC uit Ugaritiese tekste. Die praktyk is egter verbied in die OT (Lev 19:31), hoewel die praktyk tog regdeur die OT 'n versoeking gebly het, soos blyk uit Saul se verhaal, en uit die optrede van Josia (7de eeu vC) wat weereens die dodebesweersters uitgeroei het (2 Kon 23).

    Tegnieke waarmee waarsêery en towery bedryf was, word ’n paar keer in die Bybel vermeld: die skud van pyle, die bestudering van ’n dier se lewer (Eseg 21:21), en die waarneming van die stand van die sterre, wat dan “elke maand vir jou bekend maak wat oor jou gaan kom” (!) (Jes 47:13). Uit die antieke wêreld is daar ook tegnieke bekend soos die waarneming van die beweging van (offer)diere en die vlug van voëls, opsê van formules, dra van amulette, en veral die orakel (uitspraak of profesie) wat meesal raaiselagtige uitsprake van die heidense priesters was.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: