Die oudste manuskrip van die NT is ‘n papirus fragment wat verse uit Johannes 18 bevat. Geleerdes dink dat dit uit ongeveer 125 n.C. dateer.
Vroeë Christene het ook die Bybel lukraak oopgeslaan, as hulle ‘n antwoord op ‘n probleem wou ontdek, en die eerste reël gelees waarop hulle oë val, en dit as ‘n goddelike boodskap aan hulle beskou. Dit was so gewild dat dit gereeld deur die eerste kerklike konsilies veroordeel is.
Die woord Bybel kom van die ander Griekse woord vir die papirus plant, biblos, omdat die pit daarvan gebruik is as papier. Die pit van die papirus plant (‘n soort biesieplant wat in die Nylrivier gegroei het) is kruis en dwars gelym en dan glad geskuur. Lengtes hiervan is ook aan mekaar vasgelym om boekrolle te vorm. Mettertyd is sulke papirusbladsye aan mekaar gebind in boekvorm, wat kodekse genoem is (bv. die Alexandrynse kodeks ens.).
Ons hoofstuk- en vers indeling kom uit die tyd toe die teks van die Vulgaat, die amptelike Bybel van die Roomse Katolieke Kerk in Latyn, verdeel is in hoofstukke in die 13de eeu deur Stephen Langton, ‘n professor van Parys, en in die 16de eeu ook in verse deur Robert Estienne, ‘n Franse uitgewer, wat verwysings na die Bybel makliker as tevore gemaak het.
Maar dit het natuurlik ook tot gevolg gehad dat mense die Bybel anders gesien en hanteer het as te vore. In plaas daarvan dat die Bybel (of ‘n boek in die Bybel) in die eerste plek as ‘n geheel gelees is, kon mense nou makliker fokus op individuele verse om sekere dogmatiese punte te beklemtoon. Lectio (lees) het baie makliker oorgegaan in Questio (bevraagteken).
Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.
I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.
Hettie SwartonGenesis 31Baie dankie vir die oopbreek van die Woord daagliks. Heilige Gees help mens om die waarheid in posetiewe perspektief te sien en te begryp met veral di…
DavidonGenesis 25:19-34Goeiemore Chris Als terug na normaal van vandag
Chris van WykonGenesis 25:1-18Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekor…
Chris van WykonGenesis 29-30Ek is baie bly. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: https://bybelskool.com/kro…
Chris van WykonGenesis 25:19-34Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekor…