Interessante feite oor die Bybel
- Die oudste manuskrip van die NT is ‘n papirus fragment wat verse uit Johannes 18 bevat. Geleerdes dink dat dit uit ongeveer 125 n.C. dateer.
- Vroeë Christene het ook die Bybel lukraak oopgeslaan, as hulle ‘n antwoord op ‘n probleem wou ontdek, en die eerste reël gelees waarop hulle oë val, en dit as ‘n goddelike boodskap aan hulle beskou. Dit was so gewild dat dit gereeld deur die eerste kerklike konsilies veroordeel is.
- Die woord Bybel kom van die ander Griekse woord vir die papirus plant, biblos, omdat die pit daarvan gebruik is as papier. Die pit van die papirus plant (‘n soort biesieplant wat in die Nylrivier gegroei het) is kruis en dwars gelym en dan glad geskuur. Lengtes hiervan is ook aan mekaar vasgelym om boekrolle te vorm. Mettertyd is sulke papirusbladsye aan mekaar gebind in boekvorm, wat kodekse genoem is (bv. die Alexandrynse kodeks ens.).
- Ons hoofstuk- en vers indeling kom uit die tyd toe die teks van die Vulgaat, die amptelike Bybel van die Roomse Katolieke Kerk in Latyn, verdeel is in hoofstukke in die 13de eeu deur Stephen Langton, ‘n professor van Parys, en in die 16de eeu ook in verse deur Robert Estienne, ‘n Franse uitgewer, wat verwysings na die Bybel makliker as tevore gemaak het.
- Maar dit het natuurlik ook tot gevolg gehad dat mense die Bybel anders gesien en hanteer het as te vore. In plaas daarvan dat die Bybel (of ‘n boek in die Bybel) in die eerste plek as ‘n geheel gelees is, kon mense nou makliker fokus op individuele verse om sekere dogmatiese punte te beklemtoon. Lectio (lees) het baie makliker oorgegaan in Questio (bevraagteken).
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel - October 20, 2009
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes” - October 21, 2009
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink - October 22, 2009
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad - October 23, 2009
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel - October 26, 2009
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here? - October 27, 2009
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red … - October 28, 2009
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie - October 29, 2009
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes - October 30, 2009
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee - November 2, 2009
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe - November 3, 2009
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min - November 4, 2009
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike - November 5, 2009
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat - November 6, 2009
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos - November 9, 2009
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was - November 10, 2009
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God - November 11, 2009
- Die karakter van Dawid - November 12, 2009
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef - November 13, 2009
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore - November 16, 2009
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel - November 17, 2009
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar - November 18, 2009
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval - November 19, 2009
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig - November 20, 2009
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee - November 23, 2009
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het - November 24, 2009
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here - November 25, 2009
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied - November 26, 2009
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense - November 27, 2009
- Kanonvorming - November 29, 2009
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan - November 30, 2009
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af - December 1, 2009
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! - December 2, 2009
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar