1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red …

Dit tref my dat 20 jaar verloop het na die tragiese buitmaak van die ark en die verdrukking van die Isaeliete na die dood van Eli en sy twee seuns. Miskien moes Samuel eers groot word vir Israel om regtig vertroue in hom te kon hê. Of miskien het dit hulle so lank gevat om hulle afhanklikheid van die Here te besef.

Darem ook interessant dat die Filistyne met kategese oorwin word – Samuel onderrig die Israeliete oor wat reg en verkeerd is, lei hulle in ‘n “met julle hele hart” (die setel van denke en besluite, nie emosies nie) hertoewyding aan die Here en bid vir hulle. En dan veg die Here vir Israel met ‘n groot donderweer wat die Filistyne verwar. Sukses in die stryd teen die Filistyne gaan dus om die lewende teenwoordigheid van die Here, en nie oor die ark per se nie. En bevryding kom deur ‘n naby verhouding met Hom en nie deur militêre krag in die eerste plek nie.

“Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red …”

Rama word nou ook ‘n heiligdom met die bou van ‘n altaar daar, hoewel Samuel steeds by ander heiligdomme die regspraak behartig het: Bet-El, Gilgal en Mispa. Binnelands en buitelands was daar nou vrede, en God het weer sy regmatige plek in die lewe van die volk ingeneem. Waarom sou daar dan ‘n koning nog nodig wees in Israel? Die volgende hoofstuk gee die antwoord daarop.

View all posts in this series

Samuel


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Elize du Plessis

    “Agter die Here aan geweeklaag.” Wat is die weeklaag? Is dit ‘n huilklaag? ‘n Intense klag?
    Kan ‘n rigter dieselfde betekenis hê as ‘n regter? Kan ‘n rigter ook ‘n regter genoem word?

    • Hi Elize – weeklaag is ‘n intense droefheid oor iets waaraan jy uiting gee deur jou emosies (huil of kla of kerm) of deur een of ander handeling of gebaar (klere skeur of stof op die kop gooi). Open. 18:19 praat bv. van ‘n geween en geweeklaag wat waarskynlik trane en gebare insluit. Die woord rigter en die woord regter is eintlik presies dieselfde woord in Hebreeus – šōp̱ēṭ. Engels vertaal die Hebreeuse woord immers met “judges”. Die konteks sê vir jou watter vertaling om te gebruik. n Rigter was ‘n (veral militêre) leier (Rigt 2:16) van die land wat soms ook regsfunksies uitgeoefen, soos bv. Debora in Rigt.4:5 wat ‘n profetes en regter was wat toe die nood begin druk as rigter opgetree het. ‘n Rigter was dus baie keer ook ook ‘n regter. ‘n Regter was weer iemand wat uitspraak in konflik, geskille of misdaad gegee het, en nie noodwendig ‘n rigter nie. Soms is daar amptenare hiervoor aangestel, maar die konings het altyd ook regsfunksies uitgeoefen, en die profete, priesters, Leviete en familiehoofde het ook baie keer as regters opgetree (Deut. 17; 2 Kron. 19).

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d