Skip to main content

2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig!

In die ontwikkeling van die idee van God in die OT, was alles aanvanklik gereken, as dat dit alles, goed en sleg, van God af kom. Daarom word hierdie volkstelling gewyt aan die aanhitsing van die Here.  Dieselfde verhaal in 1 Kronieke 21, wat na die ballingskap geskryf is, word egter aan die Satan gewyt, waar ons die aanvang van ‘n onderskeid tussen die magte van die bose en die magte van God begin sien.

Die volkstelling as sodanig was nie verkeerd nie.  God beveel dit immers self in Num 1.  Dit gaan oor die rede daarvoor: Dawid “wou weet hoeveel hulle is,”  wat óf tot hoogmoed kon lei, óf tot ‘n vertroue op hulle eie mag, ipv op die mag van God.

Interessant is dat Dawid self tot insig kom dat hy verkeerd was – sy gewete het hom begin pla.  Die profeet Gad, wat ‘n noue band met Dawid gehad het, selfs nog voor sy koningskap (1 Sam 22 – let op hoe hy “die siener van Dawid” genoem word) spel eintlik net vir hom die keuse van ‘n straf uit.   Dawid kies net teen opsie 2 – hy wil nie weer vlug vir iemand soos Saul of Absalom nie – maar laat die keuse tussen die hongersnood (vgl Josef in Egipte) en die pes (vgl die storie van die ark by die Filistyne) aan die Here oor.

Dit kan wees dat die pes dieselfde roete volg as Joab, van noord na suid, totdat die Here genade bewys aan die volk by die dorsvloer van Arauna, die plek waar Dawid nie net die altaar bou nie, maar waar die tempel uiteindelik gebou word deur Salomo (2 Kron 3:1).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Samuel


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…