2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig!
In die ontwikkeling van die idee van God in die OT, was alles aanvanklik gereken, as dat dit alles, goed en sleg, van God af kom. Daarom word hierdie volkstelling gewyt aan die aanhitsing van die Here. Dieselfde verhaal in 1 Kronieke 21, wat na die ballingskap geskryf is, word egter aan die Satan gewyt, waar ons die aanvang van ‘n onderskeid tussen die magte van die bose en die magte van God begin sien.
Die volkstelling as sodanig was nie verkeerd nie. God beveel dit immers self in Num 1. Dit gaan oor die rede daarvoor: Dawid “wou weet hoeveel hulle is,” wat óf tot hoogmoed kon lei, óf tot ‘n vertroue op hulle eie mag, ipv op die mag van God.
Interessant is dat Dawid self tot insig kom dat hy verkeerd was – sy gewete het hom begin pla. Die profeet Gad, wat ‘n noue band met Dawid gehad het, selfs nog voor sy koningskap (1 Sam 22 – let op hoe hy “die siener van Dawid” genoem word) spel eintlik net vir hom die keuse van ‘n straf uit. Dawid kies net teen opsie 2 – hy wil nie weer vlug vir iemand soos Saul of Absalom nie – maar laat die keuse tussen die hongersnood (vgl Josef in Egipte) en die pes (vgl die storie van die ark by die Filistyne) aan die Here oor.
Dit kan wees dat die pes dieselfde roete volg as Joab, van noord na suid, totdat die Here genade bewys aan die volk by die dorsvloer van Arauna, die plek waar Dawid nie net die altaar bou nie, maar waar die tempel uiteindelik gebou word deur Salomo (2 Kron 3:1).
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel
- 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes”
- 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink
- 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad
- 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit
- 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel
- 1 Samuel 5 en 6 – Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here?
- 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red …
- WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie
- 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes
- 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee
- 1 Samuel 12 – om na God te luister is die essensie van die geestelike lewe
- 1 Samuel 13 – Saul minag die Here
- 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min
- 1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
- WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike
- 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat
- 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos
- 1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was
- 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God
- Die karakter van Dawid
- WEEK 4: 1 Samuel 24 – Jy moet jou vyande liefhê
- 1 Samuel 25 – om met vrygewigheid te leef
- Kan God van gedagte verander?
- 1 Samuel 26-27 – in swaar tye word oorwinnings gebore
- 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel
- 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar
- WEEK 5: 2 Samuel 1 – hoe het die helde geval
- 2 Samuel 2 – daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid
- 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig
- 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense
- 2 Samuel 6 – God se wil moet in alles die deurslag gee
- 2 Samuel 7 – God sluit ‘n langtermyn verhouding met Dawid en sy nageslag
- WEEK 6: 2 Samuel 8-10 – Dawid is ‘n regverdige en billike koning, by wie die Here is net waar hy gegaan het
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
- WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense
- Kanonvorming
- Die ontstaan van die Bybel
- Interessante feite oor die Bybel
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan
- 2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af
- 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig!
Tags: Samuel
Trackback from your site.
Vinie
| #
Ek wonder of dit nie gebeure in die geskiedenis van God se verbondsvolk was soos hier in Samuel die geval is, wat uiteindelik vir Paulus laat besef hoe eie dit aan menswees is om die goeie wat ek wil NIE te doen nie.
Ek weet nie wat ek van Dawid se geskiedenis sou maak as dit nie was dat ek by Paulus kon leer:” Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens Sy besluit geroep is!” `n Mens sien darem maar telkens hoe God tog Sy plan deurvoer ten spyte van Dawid se eiesinnigheid. En dan is daar `n innige dankbaarheid dat ook ons as Sy verbondsvolk in Christus ook nog in die genade van vergifnis kan deel hê!
Nogmaals baie dankie vir hierdie wonderlike geleentheid wat ons in Somerstrand het om aan die voete van `n Geesvervulde leermeester te kon sit.
Mag jy, Lynette en julle gesin `n vreugdevolle , vredevolle Christusfees beleef!
Groete van ons hier vanuit Perth
Reply
chrisvanwyk
| #
Ek leer steeds om nie te gou en te maklik te oordeel nie, en om respek te hê vir mense van wie se standpunte ek radikaal verskil. WANT, ek het ook soos Dawid, baie blindekolle en destruktiewe begeertes, wat maklik in sonde en boosheid kan verval. En Paulus se woorde in Romeine 8 spel ook my hoop uit, dat Christus my van hierdie ligaam van die dood red, en in die geloofseenheid met Hom, die hemelse prys sal laat behaal, nie omdat ek dit verdien nie, maar omdat Hy my gegryp het (Fil 3). Seën daar ver in die vreemde!
Reply