Skip to main content

Waak en bid – Pinkster 2021 – lusmaker

Gebed is nie opsioneel nie. Dit is lewensnoodsaaklik vir ons geestelike welstand en krag.

“Where there is an absence of prayer there will be an absence of power. Where there is frequency of prayer there will be a continuing display of God’s power.” (Dick Eastman, The Hour That Changes the World).

Ons het nodig om gebed te leer ken as die belangrikste deel van die werk wat aan ons toevertrou is. Gebed is die wortel en die bron van alle werk wat ons vir die Here doen. As ons regtig onsself gee vir gebed, sal ons sien dat daar niks is wat ons so nodig het om te bestudeer en te oefen as die kuns om reg te bid nie.

Ons staan natuurlik nie alleen in ons gebede nie. Dit is niemand minder as die Here Jesus self nie wat ons graag wil leer om te bid. Soos Andrew Murray dit in een van sy boeke oor gebed sê:

“Christus is ons lewe: in die hemel leef Hy altyd om te bid; Sy lewe in ons is ‘n altyd-biddende lewe, as ons Hom maar net daarvoor wil vertrou. Christus leer ons om nie net deur voorbeeld, deur instruksie, deur opdrag, deur beloftes nie, maar deur HOMSELF, die altyd-lewende Voorbidder, as ons Lewe te wys. Dit is wanneer ons dit glo en ook vir ons gebedslewe in Hom bly, dat ons vrese dat ons nie reg kan bid nie, sal verdwyn, en ons vreugdevol en seëvierend op ons Here sal vertrou om ons te leer bid, om self die lewe en die krag van ons gebed te wees.” (Met Christus in die skool van gebed)

Dit is dus Jesus self wat ons leer om te bid. Jesus weet wat gebed is. Hy het dit geleer te midde van die beproewinge en trane van sy aardse lewe. In die hemel is dit nog steeds sy geliefkoosde werk. Gebed in sy lewe.

Ons kan inderdaad en met vreugde sê: “Wie leer soos Hy?” Jesus het immers nooit sy dissipels geleer hoe om te preek nie, maar net hoe om te bid. Hy het nie baie gepraat oor wat nodig was om goed te preek nie, maar eerder hoe om goed te bid. Om te weet hoe om met God te praat, is baie belangriker as om te weet hoe om met die mens te praat. Nie krag by mense nie, maar krag by God is die belangrike ding wat ons nodig het. Jesus leer ons graag hoe om te bid.

Reeks: “Waak en bid”

Ek het die raamwerk van Dick Eastman in sy boek The Hour That Changes the World aangepas om dit my eie te maak. Ek gebruik ‘n horlosie metafoor wat jy kan gebruik om ‘n uur aan gebed te spandeer. Daar is 12 temas of onderwerpe vir gebed. Dit is bedoel vir ‘n uur se gebed, maar jy kan elkeen van die temas ook een op ‘n slag beoefen, of afwissel, of korter of langer bid, of selfs in ‘n ander volgorde gebruik. Dit is net ‘n riglyn. Jy moet deur die Here Jesus self geleer word hoe om te bid.

Hier is die twaalf onderwerpe:

Continue reading

Lei ons nie in versoeking nie

Volgens berigte was die voorstel van die pous dat die Engelse vertaling van die sesde bede van die Ons Vader (Matt 6:13) nie moet lees: “Lead us not into temptation,” (soos in die meeste Engelse vertalings) nie, maar: “Do not let us fall into temptation.”

Daarmee kan hy die sesde bede van die Ons Vader beter harmonieer met Jakobus se duidelike lering dat God niemand versoek nie (Jak 2:12-15).

Continue reading

Hoe kry ons dit reg om vir meer te bid as maar net vir eiebelang?

Ek het ‘n navraag gekry oor gebed. Is dit werklik moontlik om die Here suiwer te aanbid en vir ander in te tree? Hoe kry ons dit reg om vir meer te bid as maar net ons eie belang?

Dit is ‘n vraag wat my roer. Want, dit is so dat ons gewoonlik bid vanuit ons eie visie op wat om ons aangaan. Dat ons eie belange ons motiewe om te bid beïnvloed.

Ons het twee Voorbidders!

Gelukkig is dit iets wat ook die Here se hart roer! Dit is waarom Hy ons uitnooi om, met ons eie beperkinge, Hom te nader en met danksegging en smeking te bid (Fil 4:4-7).

Soos ‘n Abraham van ouds sal ons ervaar, dat al vra ons dat die Here Sodom en Gomorra spaar ter wille van die moontlikheid van 10 regverdiges, en daar uiteindelik minder is, en ons kan dink dat die Here die gebed nie sal beantwoord nie, die Here tog die onuitgesproke gebed verhoor, dat Lot en sy mense veilig sal wees (Gen 19).

Nog belangriker, Jesus is die eerste Voorspraak (1 Joh 2:1) en Voorbidder, want Hy tree vir ons in by God sy Vader (Hebr 7:25; 9:24). Hy is namens ons en vir ons in die hemel.

Daarmee saam, die Heilige Gees is die tweede of ander Voorspraak of Trooster (Joh 14:16) wat by ons bly en wat ook ons Voorbidder is wat in ons bid volgens God se wil (Rom 8:26-28). Hy omvorm ons gebede om Godvererend te wees.

Gebruik die Skrif!

Wat ons verder kan help om uit ons selfgerigtheid te kom, is om die Skrif self te gebruik om te bid.

  • Die Ons Vader (Matt 6:9-13),
  • Die Liefdesgebed (Ef 3:14-21),
  • Die Gebed vir die heiliges (Ef 6:18),
  • Die Gebed vir die evangelie (Kol 4:3),
  • Die Gebed te alle tye (1 Tess 5:17),
  • Die Gebed van die gemeente (1 Tim 2:8),
  • Die Gebed vir Wysheid (Jak 1:5).

Ag en só kan aangaan! Lees hier meer oor Nehemia se tien gebede, om maar net een voorbeeld uit die OT te noem.

Die belangrikste praktiese riglyn is egter die Psalms. Daar is gebede vir elke enkele geleentheid, met beloftes vir elke behoefte.

Bid die Psalms!

Elke Psalm is ‘n gebed of gebede op sy eie. Kies een wat met jou perspektief ooreenkom, en gebruik die woorde wat God vir ons gegee het om te bid, bv (net in die eerste 8 Psalms):

Psalm 1 is ’n wysheidsPsalm, lei die hele Psalmboek in en vestig die basiese veronderstelling van die Psalmboek, dat die sin en betekenis van alles in God self gevind word. Wysheid begin by die fokus op God en sy woorde. Ons persoonlike verhoudinge met God het vreugde en voorspoed tot gevolg.

Bid aan die hand daarvan dat ons almal in God bevestig sal word.

Psalm 2 is ’n koningsPsalm wat waarskynlik by die troonbestyging van die koning gesing is. Dit bevestig God se heerskappy in die geskiedenis deur sy Gesalfde (=Messias), sy Seun, wat in OT na die koning verwys, en in die NT as begronding dien van die perspektief op Jesus as die Christus (=Messias), die Seun van God, en deur sy opstanding ook Here (=Jahwe), soos dit in Petrus se toespraak op Pinksterdag uitgespel word (Hand 2). Psalm 2 is daarom ’n ongelooflike belangrike sleutel om die betekenis van Jesus in die NT te ontsluit. Dit bevestig ook dat ons God kan vertrou vir die publieke en politieke lewe.

Bid dat ons vrede in ons land sal hê sodat ons God kan dien.

Psalm 3-7 is ’n eerste siklus van vyf klaagpsalms waarin die getroue God om hulp gesmeek word van vyande (Psalm 3,5,7), droogte (Psalm 4) en siekte (Psalm 6).

Gebruik dié Psalms om vir verlossing van vyande, droogte en siekte te bid.

Psalm 8 is ’n lofpsalm vir die majestueuse Skepper vol van ontsag vir die feit dat Hy besorg is oor en omgee vir mense, wat hulle waardigheid bevestig ten spyte van hulle nietigheid. Daarmee word die eerste siklus klaagpsalms afgesluit.

Gebruik dié Psalm om die Here te loof vir sy omgee vir ons.

Die “Vloek”-Psalms

Een van die groot vrae in verband met die Psalms is wat ons as volgelinge van Jesus Christus moet maak met die wraakgierige houding teenoor die vyande soos baie keer grafies in die Psalms uitgespreek word. Ons vind dit nie net in die sogenaamde “vloek”-Psalms nie (bv Ps 35; 59; 69; 109), maar ook in talle ander Psalms, trouens in talle ander gedeelte regdeur die Bybel.

Hoekom is sulke gedeeltes ingesluit in die Bybel? Is dit steeds aanvaarbaar om dié tipe “vloek“-Psalms te bid? Veral as ons Jesus se opdrag om ons vyande te seën in ag neem?

Ek hou baie van die beginsel wat Marvin Tate gebruik in sy aanpak van die “vloek”-Psalms. Hierdie beginsel kan vir alle moeiliker gedeeltes in die Bybel gebruik word. Hy sê:

“In the appropriation of this language into the life of faith it is well to begin with a framework of understanding rather than with an apology in the sense of an effort to explain away the disturbing elements.” (Psalms: Word Biblical Commentary).

Ons moet dus altyd eerder probeer om die vervloekinge te verstaan as te verdoesel. Ons moet die versoeking weerstaan om die moeiliker gedeeltes in die Bybel weg te verklaar in ‘n misplaaste poging om die res van die Bybelse boodskap te verdedig. Dit lei altyd onvermydelik tot ‘n reduksie van die boodskap van die geheel van die Bybel en ‘n wantroue in die gesag daarvan.

Hier is vier opmerkings vir jou nadenke om die vervloekinge in die Bybel beter te verstaan:

Continue reading

Dip your pens into your hearts

Image result for [[["xjs.sav.en.TTRuqLHFwNA.O",5]],[["id","type","created_timestamp","last_modified_timestamp","signed_redirect_url","dominant_color_rgb","tag_info","url","title","comment","snippet","image","thumbnail","num_ratings","avg_rating","page","job"]],[["dt_fav_images"]],10000]“If you can dip your pens into your hearts, appealing in earnestness to the Lord, you will write well; and if you can gather your matter on your knees at the gate of heaven, you will not fail to speak well. Prayer, as a mental excercise, will bring many subjects before the mind, and so help in the selection of a topic, while as a high spiritual engagement it will cleanse your inner eye that you may see truth in the light of God. Texts will often refuse to reveal their treasures till you open them with the key of prayer.”

From Charles Spurgeon: “The Preacher’s Private Prayer” in Lectures to my Students, Lecture 3.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda