Lees Levitikus saam met my van 12 April af

Watter boek in die Bybel bevat die meeste direkte woorde van God? Jy sal waarskynlik verbaas wees dat dit die boek Levitikus is! Dit verklaar die geweldige betekenis wat die Jode aan die boek geheg het. Dit was die “go-to” boek as jy wou weet hoe jy met God en met jou naaste moes leef.

Jy sal waarskynlik nog meer verbaas wees as jy agterkom dat daar kwistig uit Levitikus in die NT aangehaal word. Jesus haal daaruit aan. Paulus haal daaruit aan. Petrus haal daaruit aan.  Trouens, die tema van sy eerste brief is geskoei op die frase uit Levitikus: “Wees heilig, want Ek is heilig.” Die skrywer van Hebreërs baseer bykans sy hele boodskap op die boek Levitikus. Daar is dus eintlik nie ‘n NT boek wat nie uit Levitikus aanhaal of verwysings daarheen het nie.

Hoekom? Want Levitikus is ‘n boek oor verhoudings, die verhouding met God en die verhouding met jou naaste. Dit lê die dubbele liefdesgebod van die Tien Gebooie van Eksodus 20 in presiese detail uit, sodat daar geen onsekerheid kan bestaan oor wat pas en wat nie pas nie beide in die verhouding met God sowel as in die verhouding met jou naaste.

Uiteraard is daar dinge wat nie meer op jou van toepassing is in die nuwe bedeling nie. Jy kan maar kreef en barber eet as dit jou smaakkliere kielie! Jesus het immers alle kos rein verklaar (Mark. 7:19).  Dieselfde geld mense wat om verskillende redes as kulties onrein en onheilig geag is in Levitikus.  God het vir Petrus: “gewys dat (hy) geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie.” (Hand. 10:28).

Maar jy maak ‘n fout as jy dink dié boek het net daarmee te make. Of as jy dink dit is nie meer deel van die Bybel as die Woord van God nie.

  • As jy wil weet hoe werk HEILIGHEID in jou verhouding met God, dan is Levitikus noodsaaklike leesstof. Jy het immers ‘n “tabernakel” vir die Heilige Gees geword, soos Paulus in 1 Korintiërs 6 skryf op voetspoor van Levitikus.  Dit beteken bv. dat jy niks met seksuele losbandigheid te doene mag hê nie: “Elke ander sonde wat ’n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.” (1 Kor. 6:18-20).
  • As jy wil weet hoe REINHEID vir jouself en in jou verhouding met ander werk, dan is Levitikus ook noodsaaklike leesstof. Jesus radikaliseer die rituele reinheidsbeginsels van Levitikus en leer ons om vanuit ‘n rein hart onkuisheid, diefstal, moord (ook met woorde), owerspel, losbandigheid, hoogmoed ensomeer te vermy. Want dít is die dinge wat jou onrein maak in die nuwe bedeling (Mark. 7:21-22).  Dit beteken dat ons Paulus moet navolg wat ons oproep: “Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.” Dit sluit in dat ons nie met ongelowiges in een juk mag trek nie (1 Kor. 6:14-7:1 in ‘n vermaning teen heidense invloed), soos Levitikus dit ook in terme van die kultiese en gemeenskapsreëls eenmaal voorgeskryf het.
  • As jy wil weet hoe jy in VERSOENING met God kan leef, dan is Levitikus ook noodsaaklike leesstof. Die skrywer van Hebreërs wy uitvoerig uit oor die offer van ons Hoëpriester Jesus wat die voorhangsel van die “tabernakel” in die hemel vir ons oopgeskeur het sodat ons ongehinderde gemeenskap met God kan hê. Jesus tree ook vir ons daar in as ons Eerste Voorspraak, baie beter as wat die aardse hoëpriesters in die tradisie van Aäron kon doen. En dit alles breek die skrywer vir ons oop op voetspoor van die boodskap van die boek Levitikus.
  • As jy wil weet hoe om aan jou VERHOUDING met God te werk, dan is Levitikus ook noodsaaklike leesstof. Soos jy vyf tipe offers in Levitikus moes bring – brandoffers, graanoffers, maaltydoffers, sondeoffers, skuldoffers – bring ons steeds in die NT onder andere die volgende as offers: ons liggame, ons geloof, ons gawes, ons getuienis, ons belydenis, ons aanbidding, ons verkondiging, ons gedrag, en ons gebede. Trouens, ‘n mens kan sê dat ons hele lewe en alles wat ons is en doen ‘n offer aan die Here is. En Levitikus wys jou hoe dit werk, al is dit net ‘n vertrekpunt wat op talle wyses oortref word in die nuwe lewe.

Lees dus saam met my van 12 April af die boek Levitikus om die blywende boodskap daarvan vir jou eie lewe met God en jou naaste te hoor. Ek sal telkens die wyse waarop ons die boek vanuit die NT moet verstaan, uitspel. Skryf vandag nog in by bybelskool.com/subscribe en ontvang elke bydrae gratis in jou Inbox.

Ek begin met vier inleidende artikels wat ek Woensdag sal plaas sodat jy genoeg tyd het om dit te verteer (die skakels sal eers werk teen Woensdag 04:00).

Ek begin daarna met Levitikus 1 volgende Donderdag 20 April en sal elke weeksdag probeer om ‘n bydrae oor ‘n volgende hoofstuk te plaas.  Die byeenkomste in Somerstrand begin Woensdag 19 April 18:00-19:00.

Almal is welkom, ook van ander gemeentes en kerke.

View all posts in this series

Levitikus


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Johann McFarlane

    Heerlike leessstof! Lev.nog nooit ‘n boek wat ek eintlik in gelees het nie! Sal graag wil leer! Dankie Chris!

  • Baie dankie vir u harde werk. dit gaan ‘n fees om weereens ‘n “onbekende” Bybelboek te bestudeer.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: