Ek het begin om my voor te berei vir my studie oor die eerste sewe boeke van die Bybel. Dit is ‘n fassinerende reis. Hier is ‘n voorsmakie oor die betekenis van die boek Levitikus.
Daar is sewe betekenisvolle gebruike van Levitikus in die Nuwe Testament. Dit was immers deel van die Bybel wat die NT gelowiges gebruik het, die LXX, die Griekse vertaling van die OT (my inligting onder andere gebaseer op John Hartley se kommentaar op Levitikus):
Watter boek in die Bybel bevat die meeste direkte woorde van God? Jy sal waarskynlik verbaas wees dat dit die boek Levitikus is! Dit verklaar die geweldige betekenis wat die Jode aan die boek geheg het. Dit was die “go-to” boek as jy wou weet hoe jy met God en met jou naaste moes leef.
Jy sal waarskynlik nog meer verbaas wees as jy agterkom dat daar kwistig uit Levitikus in die NT aangehaal word. Jesus haal daaruit aan. Paulus haal daaruit aan. Petrus haal daaruit aan. Trouens, die tema van sy eerste brief is geskoei op die frase uit Levitikus: “Wees heilig, want Ek is heilig.” Die skrywer van Hebreërs baseer bykans sy hele boodskap op die boek Levitikus. Daar is dus eintlik nie ‘n NT boek wat nie uit Levitikus aanhaal of verwysings daarheen het nie.
Hoekom? Want Levitikus is ‘n boek oor verhoudings, die verhouding met God en die verhouding met jou naaste.Dit lê die dubbele liefdesgebod van die Tien Gebooie van Eksodus 20 in presiese detail uit, sodat daar geen onsekerheid kan bestaan oor wat pas en wat nie pas nie beide in die verhouding met God sowel as in die verhouding met jou naaste.
Uiteraard is daar dinge wat nie meer op jou van toepassing is in die nuwe bedeling nie. Jy kan maar kreef en barber eet as dit jou smaakkliere kielie! Jesus het immers alle kos rein verklaar (Mark. 7:19). Dieselfde geld mense wat om verskillende redes as kulties onrein en onheilig geag is in Levitikus. God het vir Petrus: “gewys dat (hy) geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie.” (Hand. 10:28).
Maar jy maak ‘n fout as jy dink dié boek het net daarmee te make. Of as jy dink dit is nie meer deel van die Bybel as die Woord van God nie.
Waar Genesis ‘n boek was wat op die heelal, die mensdom en die aartsvaders gefokus het, en Eksodus op die totstandkoming van die Godsvolk en hulle verlossing uit Egipte, fokus Levitikus nou op die wyse waarop dié Godsvolk voor die aangesig van God, in sy teenwoordigheid, moet lewe, soos dit op grond van God se bevele deur die begeleiding van die stam van Levi – die priesters en die Leviete – moontlik gemaak sal word.
Israel is steeds by die berg Sinai (Eks. 19:1 tot Num. 10:10). Die Tabernakel is voltooi en ingewy minder as ‘n jaar ná hulle uit Egipte weg is (Eks. 40:17). Hulle sou ongeveer ses weke daarna verder trek (Num. 10:11).
In hierdie tyd gee die Here vanuit die tent van ontmoeting ‘n wye reeks bevele aan Moses as ‘n gedragskode vir die Israeliete soos ons regdeur die boek dit agterkom (Lev. 1:1-2; 7:37-38; 26: 46; 27:34). Vandaar die Hebreeuse titel וַיִּקְרָא – wǎyyiqrā(ʾ) – van die boek, wat ook die eerste woorde van die boek is: “ En Hy het geroep”.
Die feit dat bykans die hele boek God se direkte bevele bevat, beteken dat dié boek meer as enige ander boek die woorde van God bevat, meer as die verhalende of profetiese boeke, selfs meer as die wysheidsliteratuur. Dit verklaar die geweldige betekenis wat die Jode aan die boek geheg het en waarom dit ook kwistig in die NT aangehaal word (daar is ongeveer 90 aanhalings), soos ek later sal aantoon.
Hierdie oproep tot heiligheid is gewortel in die feit dat Jahwe ‘n God is wat beveel. Hy het die reg om gehoorsaamheid te verwag van die Godsvolk. Dit is iets wat ons reeds in Eksodus agter gekom het. Die Godsbeeld wat by Sinai helder geteken is, was dié van Jahwe wat ‘n God is wat beveel.
Jahwe is nie net die God van die Skepping wat ons in Genesis 1-11 leer ken het nie.
Jahwe is nie net die God van die Belofte wat ons in die aartsvadertradisies van Genesis 12-50 leer ken het nie.
Jahwe is nie net die God van die Bevryding uit Egipte wat ons in Eksodus 1-15 leer ken het nie.
Jahawe is nie net die God wat Begelei wat ons in Eksodus 16-18 leer ken het nie, soos dit nog verder in Numeri en die res van die OT uitgespel sal word nie.
Jahwe is ook die God watBeveel, wat sy wet neerlê in die Tora wat gehoorsaam moet word, soos Eksodus 19-24 in die verbondsboek dit vir ons weergee (Brueggemann, OTT).
Trouens, sy Teenwoordigheid in die Tabernakel is gebaseer op die Getuienis in die verbondsark, die Tien Gebooie, soos Eksodus 25-40 ons leer.
A. Die Priesterlike en Levitiese Gedragskode in hoofstuk 1-16
Dit is ‘n reeks opdragte van God uit die tabernakel aan Moses (Lev. 1:1) en later ook aan Aäron (Lev. 10:8) en aan hulle albei (Lev. 11:1). Dit handel oor:
offers: instruksies vir die Israeliete rondom vyf offers: die brandoffer, graanoffer, maaltydoffer, sonde- of reinigingsoffer, skuld- of hersteloffer saam met instruksies vir die priesters vir die hantering daarvan – Levitikus 1-7;
die priesterlike orde: instruksies vir die inhuldiging van die priesters volgens Eks. 29 se opdragte, die eerste offers van Aäron en die oordeel oor twee van Aäron se twee seuns, Nabab en Abihu – Levitikus 8-10;
rituele reinheid: die beskrywing van rein en onrein geïllustreer in terme van diere, geboortes, siektes, uitskeidings en die reiniging daarvan sowel as van die tabernakel – Levitikus 11-15;
die Groot Versoeningsdag: wat ‘n funksie van die Hoëpriester Aäron was – Levitikus 16.
B. Die Heiligheid Gedragskode in hoofstuk 17-27
Dit fokus op:
‘n heilige lewe: waarin die volk se verhouding met mekaar fundeer word in hulle verhouding met God rondom hulle dieet, seksuele verhoudings, gemeenskapsverhoudings en die probleem van misdaad – Levitikus 17-20;
hulle aanbidding: by die feeste en die tabernakel wat riglyne insluit vir die sabbatsjaar en hersteljaar sowel as vir die werk van die priesters en Leviete – Levitikus 21-25;
die seën en straf van die verbondsbepalinge en ‘n bylae oor geloftes en tiendes – Levitikus 26-27.
As jy as getroue en gehoorsame Israeliet dus wou weet hoe jy moet handel met jou offers, was Levitikus die boek wat jy sou raadpleeg by die tabernakel. As jy wou weet hoe jy moet optree binne familieverband in julle onderlinge verhoudinge, was Levitikus die boek wat jy sou raadpleeg by die tabernakel. Die belang van die boek vir die praktiese geestelike lewe van die hele volk kan eintlik nie oorbeklemtoon word nie. Dit het alles wat hulle gedoen en gedink het, geraak.
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Onlangse kommentaar