Skip to main content

Indeling

Die boek Levitikus is opgebou uit twee hoofdele:

A.  Die Priesterlike en Levitiese Gedragskode in hoofstuk 1-16

Dit is ‘n reeks opdragte van God uit die tabernakel aan Moses (Lev. 1:1) en later ook aan Aäron (Lev. 10:8) en aan hulle albei (Lev. 11:1).  Dit handel oor:

  1. offers: instruksies vir die Israeliete rondom vyf offers: die brandoffer, graanoffer, maaltydoffer, sonde- of reinigingsoffer, skuld- of hersteloffer saam met instruksies vir die priesters vir die hantering daarvan – Levitikus 1-7;
  2. die priesterlike orde: instruksies vir die inhuldiging van die priesters volgens Eks. 29 se opdragte, die eerste offers van Aäron en die oordeel oor twee van Aäron se twee seuns, Nabab en Abihu – Levitikus 8-10;
  3. rituele reinheid: die beskrywing van rein en onrein geïllustreer in terme van diere, geboortes, siektes, uitskeidings en die reiniging daarvan sowel as van die tabernakel – Levitikus 11-15;
  4. die Groot Versoeningsdag: wat ‘n funksie van die Hoëpriester Aäron was – Levitikus 16.

B.  Die Heiligheid Gedragskode in hoofstuk 17-27

Dit fokus op:

  1. ‘n heilige lewe: waarin die volk se verhouding met mekaar fundeer word in hulle verhouding met God rondom hulle dieet, seksuele verhoudings, gemeenskapsverhoudings en die probleem van misdaad – Levitikus 17-20;
  2. hulle aanbidding: by die feeste en die tabernakel wat riglyne insluit vir die sabbatsjaar en hersteljaar sowel as vir die werk van die priesters en Leviete – Levitikus 21-25;
  3. die seën en straf van die verbondsbepalinge en ‘n bylae oor geloftes en tiendesLevitikus 26-27.

As jy as getroue en gehoorsame Israeliet dus wou weet hoe jy moet handel met jou offers, was Levitikus die boek wat jy sou raadpleeg by die tabernakel.  As jy wou weet hoe jy moet optree binne familieverband in julle onderlinge verhoudinge, was Levitikus die boek wat jy sou raadpleeg by die tabernakel.  Die belang van die boek vir die praktiese geestelike lewe van die hele volk kan eintlik nie oorbeklemtoon word nie. Dit het alles wat hulle gedoen en gedink het, geraak.

Riglyne vir lees

Onthou twee dinge met die lees:

  1. Die fokus op offers, reinheid en heiligheid het alles te make met verhoudinge, met God en met mekaar. Daarom brei dit albei tafels van die Tien Gebooie op Sinai op ‘n praktiese manier uit.
  2. Die boek maak meer sin as mens die verband met die ander boeke van die Pentateug, beide die voriges, veral Eksodus, as dié wat volg, veral die profete, in gedagte hou. Dit het selfs ‘n beduidende invloed op die teologie van die NT soos ons in Jesus se hantering van die dubbele liefdesgebod raaksien.  Ek sê iets meer daaroor in die volgende gedeelte.

Israel moes dus leer wat dit beteken om volk van God te wees.  Hulle groot behoefte, as voormalige slawe, was om twee stelle verhoudinge reg te kry, met God en met mekaar.

In hulle verhouding met God

In hulle verhouding met God moes hulle rekening hou met die feit dat Hy heilig is, want hulle moes sy natuur weerspieël, soos dit in die eerste tafel van die Tien Gebooie uitgespel is.

Daarom die klem op 5 tipe offers (brand-, graan-, maaltyd-, sonde- en skuldoffers), wat alles met hierdie verhouding te make het.

Dit het drie funksies gehad:

  1. as ‘n geskenk aan God,
  2. as ‘n manier om gemeenskap met Hom te hê, dit het as’t ware die deur na Hom toe oopgemaak, en
  3. as ‘n manier om ‘n gebroke verhouding met Hom te herstel (versoen).

In hulle verhouding met mekaar

In hulle verhouding met Hom, moes hulle ook rekening hou met hoe hulle teenoor mekaar optree, soos dit in die tweede tafel van die Tien Gebooie uitgespel is.

  1. Aan die een kant was daar riglyne vir wie in die kamp by God mag wees en wie nie, wat met rituele reinheid voor God te make het, nie met sosiale aanvaarbaarheid al dan nie. Dit sluit die persoonlike, sosiale en religieuse (kultus) arenas in.
  2. Aan die ander kant was daar riglyne van hoe met deernis teenoor die naaste (19:18 – “jy moet jou naaste liefhê soos jouself”!) opgetree moet word, billik en genadig, veral ook met uitvoerige reëlings oor hoe seksualiteit binne familieverband hanteer moet word.

As ‘n mens dié struktuur van die boek raaksien – dat dit oor die liefde vir God en die liefde vir die naaste gaan – kan ‘n mens verstaan hoekom Jesus in die NT juis in sy opsomming van die liefdesgebod uit Lev. 19:18 aanhaal.  Soos Levitikus die Tien Gebooie van Eksodus 20 verder uitbrei, som Jesus die uitbreiding van Levitikus sowel as die Tien Gebooie in sy verwoording van die dubbele liefdesgebod op.  Dit is immers die essensie van wat God van ons vra.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Levitikus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…