Skip to main content

Levitikus 12 – Rituele reiniging ná geboorte weens bloedvloeiing

Die polariteit van rein en onrein word ook in terme van geboorte, besnydenis, en bloedvloeiing beskryf met die gepaste offers wat as brandoffer en sondeoffer gebring moet word.  Let wel dat dit nie op ‘n intrinsieke onreinheid dui in terme van die vrou of haar kinders se menswees nie, maar net op die rituele onreinheid wat deur die offers herstel word op die voorgeskrewe wyse.

Sy mag dus nie aan die verrigtinge by die Tabernakel deelgeneem het voor die offers die weg daarheen oopgemaak het nie.  Die feit dat dié offers nie ‘n jaaroud lam hoef te gewees het nie, maar net twee duiwe, wys dat dié onreinheid van ‘n kleiner aard was as in die geval van konkrete sondes.  Dat dieselfde offers gebring is vir seuntjies en dogtertjies beteken dat beide geslagte as gelykwaardig beskou is.

Die onreinheid het met die uitskeidings van beide die geboorte as die bloedvloeiing te make, soos dit ook met menstruasie en ander uitskeidings die geval was (bv. Lev. 15:19 wat oor menstruasie gaan).  Die feit dat die tydperk van onreinheid verdubbel met die geboorte van ‘n dogter word egter nie verklaar nie.  Die besnydenis moes op die agste dag gedoen word, soos dit alreeds aan Abraham beveel is (Gen. 17:12).  Daarmee word kinders van die begin af ingesluit in die verbond met God.

Die totale tydperk van dié reiniging was veertig en tagtig dae onderskeidelik.  Die getal veertig het die betekenis van volheid gehad wat in dié geval waarskynlik ‘n aanduiding was van die tyd wat ‘n familie nodig het om die impak van die verandering wat ‘n geboorte in ‘n gesin gebring het, te verreken.  Dit was ook tot die voordeel van die vrou wat haar aandag by die kind kon bepaal.  Ook kon sy in dié tyd nie swanger raak nie, wat weer tot die voordeel van die kind was.

Dit is belangrik om te besef dat dit nie die geboorte self is wat die onreinheid teweeg gebring het nie, maar net die uitskeiding van bloed.  Kinders was beskou as ‘n geskenk en seën van die Here.  Dat daar versoening deur die offers vir haar gedoen is, is verder ook verbind aan die onreinheid van die bloedvloeiing, nie aan die geboorte self nie: “Dan sal sy rein wees van die bloedvloeiing wat sy gehad het.”

Boodskap: Jesus reinig nie net van bloedvloeiing nie, maar red ons vir sy koninkryk

In die NT is daar twee stories wat hiermee verband hou.  Die eerste is die moeder van Jesus wat Hom na die tempel bring na die veertig dae van die reiniging verby is en die voorgeskrewe offer van twee duiwe bring (Luk. 2:22-24).  Hulle kon nie ‘n lam bekostig nie.  Hy sou later self die Lam word wat geoffer word, maar nie vir sy eie of vir haar sondes nie, maar vir die sondes van die hele wêreld.  Maar om dít te kon doen, moes Hy self in elke detail die wet gehoorsaam in dié geval deur sy ma se gehoorsaamheid aan die wet.

Die tweede is die vrou wat aan bloedvloeiing gely het – waarskynlik een of ander probleem rondom menstruasie – wat aan die soom van Jesus se kleed geraak het en genees is van haar bloedvloeiing.  Hy neem daarmee nie net haar onreinheid weg deur haar te genees nie, maar red haar vir sy koninkryk (Mark. 5:25-34).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Levitikus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.