Levitikus 12 – Rituele reiniging ná geboorte weens bloedvloeiing
Die polariteit van rein en onrein word ook in terme van geboorte, besnydenis, en bloedvloeiing beskryf met die gepaste offers wat as brandoffer en sondeoffer gebring moet word. Let wel dat dit nie op ‘n intrinsieke onreinheid dui in terme van die vrou of haar kinders se menswees nie, maar net op die rituele onreinheid wat deur die offers herstel word op die voorgeskrewe wyse.
Sy mag dus nie aan die verrigtinge by die Tabernakel deelgeneem het voor die offers die weg daarheen oopgemaak het nie. Die feit dat dié offers nie ‘n jaaroud lam hoef te gewees het nie, maar net twee duiwe, wys dat dié onreinheid van ‘n kleiner aard was as in die geval van konkrete sondes. Dat dieselfde offers gebring is vir seuntjies en dogtertjies beteken dat beide geslagte as gelykwaardig beskou is.
Die onreinheid het met die uitskeidings van beide die geboorte as die bloedvloeiing te make, soos dit ook met menstruasie en ander uitskeidings die geval was (bv. Lev. 15:19 wat oor menstruasie gaan). Die feit dat die tydperk van onreinheid verdubbel met die geboorte van ‘n dogter word egter nie verklaar nie. Die besnydenis moes op die agste dag gedoen word, soos dit alreeds aan Abraham beveel is (Gen. 17:12). Daarmee word kinders van die begin af ingesluit in die verbond met God.
Die totale tydperk van dié reiniging was veertig en tagtig dae onderskeidelik. Die getal veertig het die betekenis van volheid gehad wat in dié geval waarskynlik ‘n aanduiding was van die tyd wat ‘n familie nodig het om die impak van die verandering wat ‘n geboorte in ‘n gesin gebring het, te verreken. Dit was ook tot die voordeel van die vrou wat haar aandag by die kind kon bepaal. Ook kon sy in dié tyd nie swanger raak nie, wat weer tot die voordeel van die kind was.
Dit is belangrik om te besef dat dit nie die geboorte self is wat die onreinheid teweeg gebring het nie, maar net die uitskeiding van bloed. Kinders was beskou as ‘n geskenk en seën van die Here. Dat daar versoening deur die offers vir haar gedoen is, is verder ook verbind aan die onreinheid van die bloedvloeiing, nie aan die geboorte self nie: “Dan sal sy rein wees van die bloedvloeiing wat sy gehad het.”
Boodskap: Jesus reinig nie net van bloedvloeiing nie, maar red ons vir sy koninkryk
In die NT is daar twee stories wat hiermee verband hou. Die eerste is die moeder van Jesus wat Hom na die tempel bring na die veertig dae van die reiniging verby is en die voorgeskrewe offer van twee duiwe bring (Luk. 2:22-24). Hulle kon nie ‘n lam bekostig nie. Hy sou later self die Lam word wat geoffer word, maar nie vir sy eie of vir haar sondes nie, maar vir die sondes van die hele wêreld. Maar om dít te kon doen, moes Hy self in elke detail die wet gehoorsaam in dié geval deur sy ma se gehoorsaamheid aan die wet.
Die tweede is die vrou wat aan bloedvloeiing gely het – waarskynlik een of ander probleem rondom menstruasie – wat aan die soom van Jesus se kleed geraak het en genees is van haar bloedvloeiing. Hy neem daarmee nie net haar onreinheid weg deur haar te genees nie, maar red haar vir sy koninkryk (Mark. 5:25-34).
View all posts in this series
- Die gebruik van Levitikus in die Nuwe Testament - June 20, 2016
- Lees Levitikus saam met my van 12 April af - April 10, 2017
- “Wees heilig, want Ek is heilig” - April 12, 2017
- Jahwe is ‘n God wat beveel
- Indeling
- Levitikus in die Nuwe Testament
- “Volgende jaar is Jerusalem!” – Liturgie gebaseer op elemente van die Joodse Paasmaaltyd
- Levitikus 1 – Almal moes volmaakte en aanneemlike brandoffers bring vir die Here - April 20, 2017
- Levitikus 2 – Suurdeeg word verbied en sout gebied by die graanoffer - April 21, 2017
- Levitikus 3 – Die maaltydoffer as gemeenskap met God en mekaar - April 24, 2017
- Levitikus 4:1-5:13 – Die sondeoffer as reiniging en vergifnis van konkrete sondes - April 25, 2017
- Levitikus 5:14-6:7 – Die skuldoffer as restitusie en regstelling van konkrete sondes - April 26, 2017
- Levitikus 6:8-7:38 – Riglyne vir priesters oor prosesse rondom die offers - April 27, 2017
- Levitikus 8 – Aäron word ingehuldig as Hoëpriester en sy seuns as priesters - April 28, 2017
- Levitikus 9 – Israel word geseën met die teenwoordigheid van die Here - May 1, 2017
- Levitikus 10 – Die dood van Nadab en Abihu illustreer God se onverbiddelike heiligheid - May 2, 2017
- Levitikus 11 – Die onderskeid rein en onrein help Israel om daagliks in God se teenwoordigheid te lewe - May 3, 2017
- Levitikus 12 – Rituele reiniging ná geboorte weens bloedvloeiing - May 4, 2017
- Levitikus 13-14 – Rituele reiniging ná onreinheid deur velsiektes, brandwonde, skimmel of swamme - May 8, 2017
- Levitikus 15 – Rituele reiniging weens seksuele afskeidings - May 9, 2017
- Levitikus 16 – Die Groot Versoendag bring versoening met God en reiniging van die sonde - May 10, 2017
- Levitikus 17 – Aan God alleen word geoffer en gehou by die verbod op die eet van bloed - May 11, 2017
- Levitikus 18 – Enige seksuele verhouding buite die huwelik word afgekeur - May 12, 2017
- Levitikus 19 – Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig - May 15, 2017
- Levitikus 20 – Die hele gemeenskap moet sorg dat God se voorskrifte nagekom word - May 16, 2017
- Levitikus 21 – Voorskrifte vir priesters rondom die dood, die huwelik en gestremdheid - May 17, 2017
- Levitikus 22 – Die priesters moes sorg dat alle offers vir God aanneemlik is - May 18, 2017
- Levitikus 23 – Vyf feeste om saam in die teenwoordigheid van die Here te vier - May 19, 2017
- Levitikus 24 – Die gemeenskap van God en sy mense beïnvloed hulle hele lewe - May 20, 2017
- Levitikus 25 – God se eienaarskap van die land word met die Sabbatsjaar en Jubeljaar gevier - May 22, 2017
- Levitikus 26 – Vier seëninge en vyf strawwe word aan hulle gehoorsaamheid in die land gekoppel - May 23, 2017
- Levitikus 27 – Geloftes in buitengewone en tiendes in normale omstandighede - May 24, 2017
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.