Deuteronomium 13 – Moenie ander gode dien agter ander mense aan nie

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses weet egter dat die uitdaging in die land om ander gode te aanbid van verskillende kante af kan kom.  Daarom waarsku hy hulle met konkrete voorbeelde sodat hulle daarop bedag kan wees.  Dit kan van profete of dromers kom wat liggelowiges op sleeptou wil neem met tekens en wonders (Deut. 13:1-5).  Dit kan van naby familie of vriende kom wat ander gode in die geheim wil aanbid (Deut. 13:6-11).  Dit kan ook van kwaadstokers of booswigte af kom wat hele gemeenskappe met hulle wil saamneem (Deut. 13:12-18).

Moenie luister na “tekens en wonders” wat in stryd is met God se geopenbaarde wil – Deut. 13:1-5

Moses fokus eers op profete en dromers – bv. godsdienstige leiers – wat nie net van tekens en wonders praat nie, maar in staat is om ‘n teken te laat uitkom en ‘n wonder te laat plaasvind.  Die onderskeiding of dit van God af kom of nie lê in die boodskap wat daarmee saamgaan.  Die wonder moet gegrond wees in die wet.  As só iemand op grond van die teken of wonder jou dus verlei om ander gode te dien naas die Here God, dan weet jy dat jy na só ‘n persoon nie moet luister en hom nie moet volg nie.

Die interessant is dat dit nie buite om God se voorsiening gebeur nie, want die Here steek nie noodwendig ‘n stokkie voor sulke wondergebeure nie, want Hy wil weet of ‘n mens se hart aan Hom verbind is, selfs al sou daar dinge gebeur wat jy nie kan verklaar nie, behalwe dat dit jou van die geopenbaarde wil van God af wegneem.  God se Woord is dus belangriker as wonders.  Sulke mense moet teengestaan en uitgewis word.

Moses ontken dus nie die feit dat profete en dromers tekens kan aankondig wat uitkom of wonders kan doen wat werklik plaasvind nie.  Hy het immers dit in Egipte al ervaar met die towenaars (Eks. 6-7).  Maar, die teken of die wonder as sodanig is nie die getuienis of iets aanvaarbaar is of nie.  Die ooreenstemming met die geopenbaarde wil van God maak iets aanvaarbaar of nie.  God se Woord is die waarheid nie wonders as sodanig nie.

Ook Jesus het in die NT sy “tekens en wonders” gedoen om getuienis van God af te lê en mense te beweeg tot geloof in God sy Vader.  Lees wat ek in my bydrae oor Johannes geskryf het: Wonderwerke is tekens van God se werk.

Dit is iets wat ons gerus in gedagte kan hou met “tekens en wonders” ook vandag.  Die feit dat daar wonderlike dinge gebeur, moet ons nie beweeg om dinge te aanvaar wat in stryd is met God se geopenbaarde wil in die Bybel nie.  Enige boodskap wat in stryd is met die Bybel moet verwerp word, selfs al gaan só ‘n boodskap gepaard met “tekens en wonders”.

Moenie luister na intieme familie en vriende wat jou wil verlei om in die geheim ander gode te aanbid nie – Deut. 13:6-11

Waar die dwaasheid van leiers liggelowiges kan verlei en onder hulle invloed bring, is die uitdaging van mense in jou intieme familie- of vriendekring waarskynlik nog moeiliker om jou teen te staal.  Dit kan gebeur dat jou eie bloedbroer, of jou eie kinders, of jou geliefde vrou (“die vrou van jou boesem” – die een wat jy teen jou vasdruk) of jou boesemvriend (in Hebreeus: “die vriend wat soos jou lewensasem is) jou in die geheim wil verlei om ander gode te gaan dien.

Maar dit maak nie saak wie die gode is, of vanwaar hulle is, of van watter betekenis hulle vir jou intieme familie- of vriendekring is nie.  Jy mag nie uit liefde vir jou mense ja sê vir dié verleiding nie.  En die gemeenskap moet jou help om daarvoor nee te sê deur die doodstraf toe te pas.  Niks mag jou verlei om aan God ontrou te word nie.  En die straf moes erg wees om die hele gemeenskap bang te laat raak: “sodat so ’n verkeerde ding nie weer onder julle gedoen word nie.

Dié voorskrif van God deur Moses se prediking kom wreed en ongenaakbaar voor.  Dit gaan lynreg in teen ons menseregte kultuur waarin die regte van die individu alle ander regte troef.  Maar, die tipe kultuur wat God hier geskep het deur sy Woord was een waarin Hy alleen die reg bepaal.  En die voorskrifte het gesorg dat dié kultuur in stand gehou is.

Tree op teen stede wat in sy geheel afvallig raak van die Here – Deut. 13:12-18

Die grootste uitdaging sou egter nie kom van die leiers of die familie- en vriendekring nie.  Dit sou kom van hele stede wat onder die invloed van kwaadstokers of booswigte heeltemal afvallig geraak het van God en ander gode gedien het, en die hele land wil verlei om in opstand teen die Here te kom.  Craigie noem hulle: “urban revolutionaries” (The Book of Deuteronomy).

Wanneer die Israeliete dus in die land hoor van sulke stede waarvan die inwoners nie meer die Here nie, maar vreemde gode gedien het, moes hulle die saak deeglik ondersoek en dan, as die gerugte bevestig is, die hele stad uitwis en met die banvloek tref.  Daar kon geen kompromie wees met ander gode nie.

Trouens, dit lyk asof Moses sulke afvalligheid met onvrugbaarheid verbind, want hy sê: Dan sal jy weer baie word soos die Here met ’n eed aan jou voorvaders beloof het … deurdat jy doen wat reg is in die oë van die Here jou God.”  Afvalligheid dwarsboom die seën van die Here.  Gehoorsaamheid herstel die seën van die Here.

View all posts in this series

Deuteronomium


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: