Skip to main content

Deuteronomium 15 – Julle vrygewigheid sal in die afskryf van skuld en die vrylating van slawe sigbaar word

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses brei verder uit oor die wyse waarop vrygewigheid hulle onderlinge verhoudinge moet tipeer.  Hy fokus eerstens op die afskryf van skuld in die Sabbatsjaar om die siklus van armoede om te keer (Deut. 15:1-11).  Hy fokus tweedens op die verbandhoudende voorskrif om ook alle slawe vry te laat in die Sabbatsjaar met die spesifieke opdrag om hulle in staat te stel om weer op hulle voete te kom deur behoorlik vir hulle te voorsien (Deut. 15:12-18).. Nogal revolusionêr vir meer as drie millennia gelede!  Hy fokus derdens op die offer van die eerstelinge wat hulle direk aan God se eienaarskap van die eersgeborenes sedert die tiende plaag in Egipte herinner (Deut. 15:19-23).

Julle vrygewigheid word sigbaar in die afskryf van skuld in die Sabbatsjaar – Deut. 15:1-11

Daar word ‘n onderskeid gemaak tussen die Jode en die nie-Jode.  Aan die einde van elke sewende jaar moes hulle alle skuld afskryf sodat die siklus van armoede omgekeer kan word onder hulle volksgenote.  Dit word aan hulle gehoorsaamheid aan die Here gekoppel wat sal sorg dat die voorspoed wat hulle beleef ook alle ander mense baat.  Hulle sal selfs aan die ander nasies kan leen, só voorspoedig sal hulle wees.

Vergelyk Levitikus 25 – God se eienaarskap van die land word met die Sabbatsjaar en Jubeljaar gevier waar ek meer daaroor geskryf het, en veral die belangrike begronding in die feit dat alles aan God behoort, uitlig.

Moses wil daarmee enige suinigheid en hardvogtigheid teenoor armes voorkom.  Trouens, hulle vrygewigheid moet selfs insluit dat hulle vir hulle leen wat hulle nodig het selfs al is die sewende jaar op hande, en jy weet dat jy die skuld sal moet afskryf!  God sal jou beloon.  Daarop kan jy reken. Waak dus teen sondige gedagtes wat God se reëling téén jou broer hou …  ‘n gedagte wat die grondslag vir Johannes se praktiese voorskrifte vir naasteliefde in die NT in dié verband is (1 Joh. 4:11-17).

Julle vrygewigheid word sigbaar in die vrylating van slawe in die Sabbatsjaar – Deut. 15:12-17

Dieselfde voorskrif vir die afskryf van skuld geld oor die voorskrif vir die vrylating van slawe.  Behalwe, hulle mag nie leë hande vrygelaat word nie.  Hulle moet ‘n behoorlike deel van jou kleinvee, graan en wyn kry.  Trouens, van alles waarin die Here jou voorspoedig gemaak het.  God se seën aan jou was bedoel om ‘n seën vir ander te wees.  Dit word in God se seën sowel as in sy verlossing uit Egipte gefundeer.  Lees meer in my bydrae oor Eksodus 21 – Sorg vir mense en hulle diere.  Daar was ook die opsie om as slaaf aan te bly, maar uit eie keuse.

Elke eersteling word aan die Here gewy – Deut. 15:19-23

In herinnering aan die tiende plaag in Egipte behoort elke eersteling aan die Here, benewens die tiende van hulle vee en landbou.  Hy is nie net die Bevryder uit Egipte nie, maar ook die Eienaar van alles wat hulle het.  Vergelyk Eksodus 13, Levitikus 27, en Numeri 3 vir meer inligting hieroor.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Deuteronomium


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders