Skip to main content

Deuteronomium 16:1-17 – Drie feeste vier hulle identiteit: Paasfees, Pinksterfees, en Huttefees

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Die motivering om in die teenwoordigheid van die Here te lewe moes ook gereeld versterk word deur die onderskeie feeste wat die Here hulle beveel het.  Elke fees het sy oorsprong gehad in die geskiedenis van God met die volk en het dié verhouding in herinnering geroep en die genade daarvan gevier.  Daarmee is hulle ook aan mekaar in ‘n gemeenskaplike identiteit verbind.

Daarom herinner Moses hulle om die drie hoof feeste te vier: die Paasfees (fees van die ongesuurde brood), die Pinksterfees (fees van die weke) en die Huttefees.  Die Paasfees is natuurlik die eerste keer in Egipte gevier.  Lees meer daaroor by hierdie bydrae: Eksodus 12:1-42 – Die Here beskerm die Israeliete teen die vernietiger deur die bloed van die Paaslam.

Daar is ook meer oor die drie feeste in Eksodus 23 – Sorg vir geregtigheid en die geloofsgemeenskap met God se hulp, en Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie as jy nog meer agtergrond oor hierdie drie feeste wil hê.

Moses het vroeër meer volledig die voorskrifte vir die twee ander feeste gegee – die Groot Versoendag en die Nuwejaarsfees wat ook as die dag vir die blaas van die trompet bekendgestel is.  Jy kan meer lees oor al vyf feeste in hierdie vorige bydrae van my: Levitikus 23 – Vyf feeste om saam in die teenwoordigheid van die Here te vier.

Die Paasfees – Deut. 16:1-8

Die Paasfees en die fees van die ongesuurde brood is vanaf die veertiende van die eerste maand, Abib, gevier in die lente – vgl. ook Lev. 23:4-8. Dit was ‘n week van offers aan die Here wat met ‘n Sabbatdag afgesluit is.  Dit was ook een van die pelgrimsfeeste waar van alle Israeliete verwag is om in Jerusalem saam te trek. Die ander was die Huttefees.  Hier word die plek nog nie uitgespel nie, omdat dit eers in die tyd van Dawid vasgestel sou word.  Die res van die reëlings is ‘n herhaling van wat reeds vroeër deurgegee is.

Die Pinksterfees – Deut. 16:9-12

Die Fees van die weke is sewe weke ná die Paasfees gevier met die oesfees (graan) in die somer – Lev. 23:9-22 (vgl. ook Num. 29:26).  Dit het bekend geword as Pinkster, omdat dit op die “vyftigste dag” gehou is (Pinkster beteken vyftig).  Dit was ‘n fees wat die genade van die Here met hulle oes gevier het.  Almal moes in dié genade deel.  Interessant is dat dié fees mettertyd aan die gawe van die Tien Gebooie op Sinai gekoppel is, omdat dit drie maande ná die Uittog, en gevolglik die eerste Paasfees, gehou is (Eks. 19:1).  Daarom het hierdie fees ook ná die ballingskap die Fees van die wet geword.

Die Huttefees – Deut. 16:13-17

Die Huttefees was aan die fees van die insameling van die oes (vrugte soos olywe en druiwe) gekoppel en op die vyftiende dag van die sewende maand in die herfs gehou – Lev. 23:33-26 (vgl. Num. 29:12).  Met dié fees sou hulle die tyd in die woestyn herdenk deur in hutte te bly vir ‘n week.  Dit was die ander pelgrimsfees saam met die Paasfees.  Vergelyk die vyftien Pelgrimspsalms wat mettertyd vir hierdie reis van hulle woongebiede af geskryf is: Psalm 120-134.

Drie keer elke jaar moes al die mans met hulle families en ander huisgenote in God se teenwoordigheid kom fees vier.  Elkeen moes bydra volgens die voorspoed wat hy geniet het.  Só is hulle identiteit vasgelê en gevier.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Deuteronomium


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm