Skip to main content

Deuteronomium 10 – Gehoorsaam die Here, want Hy is jou God

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Die eerste deel van Moses se tweede preek word met hoofstuk 10 tot 11 afgesluit.  Hy het begin by die Tien Gebooie wat hulle moes leer en gehoorsaam om daarvolgens te lewe (Deut. 4:44-5:33).  Terwyl die liefde vir die Here hulle hele lewe moes bepaal (Deut. 6), sou dit die liefde van die Here wees wat hulle in staat sou stel om gehoorsaam te wees (Deut. 7).  Daarom het God hulle in die woestyn afhanklikheid geleer en sou hulle in die oorvloed van die beloofde land dankbaarheid leer (Deut. 8).  Hulle moes net nie die Here vergeet en hardnekkig of verwaand raak nie, want dan sou sy toorn oor hulle ontvlam.

Nou sluit Moses die eerste deel af – die uitleg en toepassing van die Tien Gebooie – met ‘n terugverwysing na die bewaring van die twee plat klippe in die ark van doringhout, en die opdrag dat net die Leviete die ark mag dra (Deut. 10:1-9) saam met ‘n oproep om die Here alleen te dien en lief te hê met hart en siel deur elkeen van die dinge wat Hy hulle beveel het, nougeset te doen (Deut. 10:10-11:32).

Let op dat Moses hierdie opdrag motiveer in wie God self is (Deut. 10:17-18).  Daarom moet die volk die dinge doen wat die Here hulle beveel.  Die Tien Gebooie is gegrond op wie God ten diepste is.  Dieselfde geld alles wat God hulle in die uitleg daarvan beveel het.

Die Tien Gebooie bly die mees fundamentele beskrywing van God se wil – Deut. 10:1-9

Moses verwys terug na die gawe van die Tien Gebooie op die berg en beklemtoon dat wat hy in die ark geplaas het van die Here self af kom: “Die Here het in dieselfde skrif as tevore die tien gebooie geskryf.” (vgl. my bydrae in Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie).

Hy beklemtoon die heiligheid van dié gawe deur te beklemtoon dat dit net die Leviete is wat dié verbondsark mag dra (vgl. Deut. 18 waar nog riglyne gegee sal word), omdat hulle juis daarvoor afgesonder is.  Hy verwys ook vlugtig na Eleasar wat Aäron as hoëpriester opgevolg het (vgl. my bydrae in Numeri 33 – God is getrou deur die volk se omswerwinge en wil hulle veilig in die land laat woon).

Gehoorsaam die Here, want Hy is jou God – Deut. 10:10-22

Moses sluit aan by die genade wat die Here ná die episode met die goue kalf aan hulle bewys het op grond van Moses se voorbidding: “Hy wou jou nie meer uitroei nie”!  En op grond van daardie genade beveel Moses die volk om die Here alleen te eer, en sy wil te gehoorsaam: “Dit sal tot jou voordeel wees”!

Israel se diepste sin en betekenis as volk van God sal gevind word in die wyse waarop hulle die Here sal liefhê en dien met hulle hele hart en siel.  Dit is die enigste reaksie op God se oorvloedige genade wat sin sal maak.  Hy wat só groot is, het immers vir hulle uitgekies.  Daar is nie ‘n groter voorreg as dit nie.

Let op dat Moses hierdie opdrag motiveer in wie God self is: “Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie.  Hy laat reg geskied aan die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere.” (Deut. 10:17-18).  Daarom moet die volk die dinge doen wat die Here hulle beveel.

Dit leer ons dat die Tien Gebooie gebaseer is op wie God ten diepste is.  Dieselfde geld alles wat God hulle in die uitleg daarvan beveel het.  Daarom moet hulle hulleself aan die Here wy en nie hardkoppig wees nie.  Hulle moet, soos Hy, ook vreemdelinge liefhê en só die Here eer.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Deuteronomium


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…