Deuteronomium 10 – Gehoorsaam die Here, want Hy is jou God

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Die eerste deel van Moses se tweede preek word met hoofstuk 10 tot 11 afgesluit.  Hy het begin by die Tien Gebooie wat hulle moes leer en gehoorsaam om daarvolgens te lewe (Deut. 4:44-5:33).  Terwyl die liefde vir die Here hulle hele lewe moes bepaal (Deut. 6), sou dit die liefde van die Here wees wat hulle in staat sou stel om gehoorsaam te wees (Deut. 7).  Daarom het God hulle in die woestyn afhanklikheid geleer en sou hulle in die oorvloed van die beloofde land dankbaarheid leer (Deut. 8).  Hulle moes net nie die Here vergeet en hardnekkig of verwaand raak nie, want dan sou sy toorn oor hulle ontvlam.

Nou sluit Moses die eerste deel af – die uitleg en toepassing van die Tien Gebooie – met ‘n terugverwysing na die bewaring van die twee plat klippe in die ark van doringhout, en die opdrag dat net die Leviete die ark mag dra (Deut. 10:1-9) saam met ‘n oproep om die Here alleen te dien en lief te hê met hart en siel deur elkeen van die dinge wat Hy hulle beveel het, nougeset te doen (Deut. 10:10-11:32).

Let op dat Moses hierdie opdrag motiveer in wie God self is (Deut. 10:17-18).  Daarom moet die volk die dinge doen wat die Here hulle beveel.  Die Tien Gebooie is gegrond op wie God ten diepste is.  Dieselfde geld alles wat God hulle in die uitleg daarvan beveel het.

Die Tien Gebooie bly die mees fundamentele beskrywing van God se wil – Deut. 10:1-9

Moses verwys terug na die gawe van die Tien Gebooie op die berg en beklemtoon dat wat hy in die ark geplaas het van die Here self af kom: “Die Here het in dieselfde skrif as tevore die tien gebooie geskryf.” (vgl. my bydrae in Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie).

Hy beklemtoon die heiligheid van dié gawe deur te beklemtoon dat dit net die Leviete is wat dié verbondsark mag dra (vgl. Deut. 18 waar nog riglyne gegee sal word), omdat hulle juis daarvoor afgesonder is.  Hy verwys ook vlugtig na Eleasar wat Aäron as hoëpriester opgevolg het (vgl. my bydrae in Numeri 33 – God is getrou deur die volk se omswerwinge en wil hulle veilig in die land laat woon).

Gehoorsaam die Here, want Hy is jou God – Deut. 10:10-22

Moses sluit aan by die genade wat die Here ná die episode met die goue kalf aan hulle bewys het op grond van Moses se voorbidding: “Hy wou jou nie meer uitroei nie”!  En op grond van daardie genade beveel Moses die volk om die Here alleen te eer, en sy wil te gehoorsaam: “Dit sal tot jou voordeel wees”!

Israel se diepste sin en betekenis as volk van God sal gevind word in die wyse waarop hulle die Here sal liefhê en dien met hulle hele hart en siel.  Dit is die enigste reaksie op God se oorvloedige genade wat sin sal maak.  Hy wat só groot is, het immers vir hulle uitgekies.  Daar is nie ‘n groter voorreg as dit nie.

Let op dat Moses hierdie opdrag motiveer in wie God self is: “Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie.  Hy laat reg geskied aan die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere.” (Deut. 10:17-18).  Daarom moet die volk die dinge doen wat die Here hulle beveel.

Dit leer ons dat die Tien Gebooie gebaseer is op wie God ten diepste is.  Dieselfde geld alles wat God hulle in die uitleg daarvan beveel het.  Daarom moet hulle hulleself aan die Here wy en nie hardkoppig wees nie.  Hulle moet, soos Hy, ook vreemdelinge liefhê en só die Here eer.

View all posts in this series

Deuteronomium


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: