Deuteronomium 20 – Die Here soek vreeslose voetsoldate wat die oorlog met ‘n vredesaanbod begin
Moses het reeds vroeër in hierdie tweede preek van hom die Here se oorlogsbeleid aangeraak (Deut. 7; vgl. Eks. 15). Hy sal ook nog vier keer perspektiewe byvoeg (oor huwelike met krygsgevange vroue – Deut. 21:10-14; oor reinheid in die kamp – Deut. 23:9-14; oor pasgetroude mans wat ‘n jaar van oorlog vrygestel is – Deut. 24:5; oor die uitwissing van die Amalekiete – Deut. 25:17:19).
Hier preek hy verder oor die Here se oorlogsbeleid in terme van hulle vreeslose ingesteldheid (Deut. 20:1-4), vrystelling van gepreokkupeerdes van hul oorlogsverpligtings (Deut. 20:5-9), die vredesaanbod wat die vernietiging van die stede en hulle mense voorafgaan (Deut. 20:10-18) en selfs die beskerming van die ekologie van vrugtebome in die proses (Deut. 20:19-20). Die oorlog is teen die mense, nie teen die bome nie!
Die Here gebruik vreeslose voetsoldate – Deut. 20:1-4
Die Here soek vreeslose voetsoldate wat op Hom vertrou, en nie afgeskrik word deur getalle of superieure wapens of vervoermiddels nie. Die (hoë)priester moet hulle daarin begelei, nie net in terme van hulle vertroue op God nie, maar ook op grond van hulle verlede: “Die Here jou God wat jou uit Egipte laat trek het, is by jou.” Dit is Hy wat hulle die oorwinning laat behaal.
Die Here stel gepreokkupeerdes vry van die oorlogsverpligting – Deut. 20:5-9
Moses volg dié oproep op deur gepreokkupeerdes vry te stel van oorlogsverpligtings. Vier gevalle word genoem: as jy ‘n huis gebou het, as jy ‘n wingerd geplant het, as jy verloof geraak het, en as jy bang is. As jou gedagtes nie by die oorlog is nie, of as jy bang is, sal jy die ander in die steek laat. Eers ná die suiwering van die weerbares, is die leiers aangewys wat hulle in die oorlog moet aanvoer (vgl. Rigt. 6 waar Gideon ‘n soortgelyke proses volg).
‘n Vredesaanbod gaan die uitwissing vooraf – Deut. 20:10-18
Dit kan vir jou ‘n verrassing wees om agter te kom dat die eerste aksie teenoor ‘n stad ‘n vredesaanbod was. Uiteraard het die aanvaarding van dié aanbod beteken dat die mense dwangarbeiders sou word, maar hulle sou die lewe kon behou met moontlikhede om uiteindelik die geloof en God van Israel te omarm.
Die stede in Kanaän moes met die banvloek getref word, weens die gevaar van afvalligheid en as uitvoering van die straf van die Here vir hulle goddeloosheid (Deut. 9:4). Van dié stede wat baie ver van hulle af was, is net die mans om die lewe gebring. Die res was hulle buit.
Vrugtebome mag nie vernietig word nie – Deut. 20:19-20
Die beleid was nie ‘n verskroeide aarde beleid nie. Vrugtebome moes beskerm word. Die oorlog is na alles gemik teen die mense nie teen die bome nie! Die ander bome kon wel vir beleëringswerke gebruik word.
In die NT word daar natuurlik ook oorlog gepraat, maar meesal in ‘n geestelike sin (2 Kor. 10; Ef. 6; Kol. 2), hoewel Openbaring wel weer van oorlog in ‘n apokaliptiese sin praat.
Ek verwys jou ook weer na my Ekskursie – geweld in die OT waar ek oor die ongemaklike kante van God se betrokkenheid by geweld praat. Ek gee daar vier perspektiewe wat gesamentlik vir jou helderheid daaroor kan bring: God se soewereiniteit (Jes. 55:9; Rom. 9:14-24); God se regverdige straf vir sonde (Eks. 34:6 vv.; Num. 1418-19; Rom. 12:19); God se inspan van geweld vir ‘n goeie doel of groter voordeel (Num. 14:44-45; Rom. 8:18:30); die idee van die progressiewe openbaring waar God aansluit by sy mense se kapasiteit en gereedheid om sy openbaring te kan ontvang. Met die verloop van die heilsgeskiedenis kon God al hoe meer van sy wil en wese openbaar, totdat die tyd ryp was en Hy sy Seun in sy volheid aan die mensdom kon bekendstel.
View all posts in this series
- Inleiding
- Begronding van die boodskap van die NT
- Hoe om Deuteronomium te lees
- Deuteronomium 1 – Vertroue in en gehoorsaamheid aan die Here is onverhandelbaar
- Deuteronomium 2 – God gee die land vir sy volk soos Hy eeue lank al vir ander nasies doen
- Deuteronomium 3 – Suksesse en ooreenkomste uit die verlede gee moed in die hede
- Deuteronomium 4:1-43 – Moet niks byvoeg of wegvat van God se wet nie; gehoorsaam Hom
- Deuteronomium 4:44-5:33 – Julle moet hierdie wet leer, gehoorsaam en daarvolgens lewe
- Deuteronomium 6 – Die liefde vir die Here bepaal jou hele lewe
- Deuteronomium 7 – Die liefde van die Here stel jou in staat om gehoorsaam te wees
- Deuteronomium 8 – Die Here leer die volk afhanklikheid en dankbaarheid
- Deuteronomium 9 – Moenie hardnekkig of verwaand raak nie
- Deuteronomium 10 – Gehoorsaam die Here, want Hy is jou God
- Deuteronomium 11 – Gehoorsaamheid bring seën; ongehoorsaamheid bring straf
- Deuteronomium 12 – Aanbid alleen die Here op die plek wat Hy uitkies en volgens sy voorskrifte
- Deuteronomium 13 – Moenie ander gode dien agter ander mense aan nie
- Deuteronomium 14 – Julle identiteit as Godsvolk moet in alle fasette van die lewe wys
- Deuteronomium 15 – Julle vrygewigheid sal in die afskryf van skuld en die vrylating van slawe sigbaar word
- Deuteronomium 16:1-17 – Drie feeste vier hulle identiteit: Paasfees, Pinksterfees, en Huttefees
- Deuteronomium 16:18-17:20 – Regters en konings moet nougeset volgens die wet regeer
- Deuteronomium 18 – Die priesters kry alles wat die Here toekom en die profete raak God se woordvoerders
- Deuteronomium 19 – Eerbied vir die lewe, grenslyne en waaragtige getuienis word beveel
- Deuteronomium 20 – Die Here soek vreeslose voetsoldate wat die oorlog met ‘n vredesaanbod begin
- Deuteronomium 21 – Respek vir die lewe rig selfs die wyse waarop die doodstraf toegepas word
- Deuteronomium 22 – Respek vir die grense van God vir die lewe en die huwelik
- Deuteronomium 23 – Om vlekloos en blaamloos voor God te lewe
- Deuteronomium 24:1-25:4 – Egskeiding, hertrou en praktiese naasteliefde
- Deuteronomium 25:5-19 – Die leviraatshuwelik en ‘n oproep tot regverdigheid en billikheid
- Deuteronomium 26 – Geloofsbelydenis, gebed en gehoorsaamheid
- Deuteronomium 27 – Gehoorsaamheid word van die leiers, priesters en die hele volk gevra
- Deuteronomium 28 – Die omvattende seëninge en strawwe van die verbond
- Deuteronomium 29 – Kom die woorde van die verbond na en voer dit uit
- Deuteronomium 30 – Kies die lewe en wat goed is, nie die dood en wat sleg is nie
- Deuteronomium 31:1-29 – Josua word as leier aangewys en die wetboek afgesluit as gesaghebbende woord van God
- Deuteronomium 31:30-32:52 – Moses se loflied op die karakter van God
- Deuteronomium 33 – Moses se finale seënbede
- Deuteronomium 34 – Moses sterf as iemand wat die Here persoonlik geken het
Tags: Deuteronomium
Trackback from your site.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik