Skip to main content

Deuteronomium 26 – Geloofsbelydenis, gebed en gehoorsaamheid

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses voltooi sy perspektiewe op ‘n gesonde geloofsgemeenskap (hfst. 19-26) wat deur respek vir die lewe en gehoorsaamheid aan die grense wat God stel, gekenmerk word.  Hy gee aandag aan die geloofsbelydenis wat hulle by die insameling van hulle oeste (Pinksterfees – vgl. Deut. 16 vir ‘n bespreking) moet herinner aan God se verlossing uit Egipte en hulle vestiging in die beloofde land (Deut. 26:1-11).  Hy beklemtoon die tiendes wat elke derde jaar direk vir die Leviete, vreemdelinge, vaderloses en weduwees bedoel was.  God seën Israel immers om tot ‘n seën vir ander te wees, ‘n seën waarvoor hulle dan ook bid (Deut. 26:12-15).  Hy roep die geloofsgemeenskap op om aan God alleen gehoorsaam te wees met hulle hele hart en siel, soos Hy inderdaad Homself aan hulle verbind het.  Aan hierdie wedersydse verklaring van liefde en trou sal Moses dan die seën en strawwe van die verbond verbind (Deut. 27-28)  waarmee hy sy tweede preek (hfst. 4-28) sal afsluit.

Israel se geloofsbelydenis by die Pinksterfees – Deut. 26:1-11

Die geloofsbelydenis van Israel by die insameling van hulle oeste (Pinksterfees – vgl. Deut. 16) was ‘n fundamentele begronding van nie net hulle geloof in die God van die verlossing uit Egipte nie, maar ook hulle geloof in die God wat hulle gevestig het in die beloofde land.  Daarom word dit só sterk beklemtoon as ‘n eerste opdrag ná die Intog en Vestiging in die land.  Dit bestaan uit twee dele:

  1. ‘n Persoonlike verklaring van tuiskoms:Ek verklaar vandag voor die Here u God dat ek gekom het in die land wat die Here met ’n eed aan ons voorvaders beloof het om aan ons te gee.” Let op die verklaring van solidariteit op grond van die feit dat God sy belofte nagekom het.
  2. ‘n Persoonlike verbintenis aan God:My vader was ’n Arameër wat van plek tot plek getrek het. Hy het na Egipte toe gegaan en met min mense daar as vreemdeling gaan woon. Daar het hy ’n groot, sterk en talryke nasie geword. Die Egiptenaars het ons sleg behandel. Hulle het ons verdruk en ons harde werk laat doen. Ons het na die Here die God van ons voorvaders om hulp geroep, en Hy het ons gehoor. Hy het ons ellende en ons swaarkry raakgesien en gesien hoe ons verdruk word. Die Here het ons uit Egipte laat wegtrek deur magtige dade, kragtige groot dade wat vrees ingeboesem het, tekens en wonders. Hy het ons in hierdie plek gebring en hierdie land aan ons gegee, ’n land wat oorloop van melk en heuning. Dit is die rede waarom ek nou die eerste opbrengs van die land wat deur die Here aan my gegee is, gebring het.” Let op hoe vier fases van die hele geskiedenis van die volk in herinnering geroep word:
    1. die Roeping en sluiting van die verbond met die voorvaders Abraham, Isak en Jakob;
    2. die Vreemdelingskap van hulle verblyf en verdrukking in Egipte;
    3. die Uittog uit Egipte en die trek deur die woestyn weens God se wonderwerke;
    4. die Intog in die beloofde land wat God se getrouheid bevestig het.

Die Pinksterfees was daarom ‘n fees van dankbaarheid en vrolikheid waarby almal ingesluit is en hulle geloofsverbintenis aan die Here en sy verbond met hulle en hulle voorouers herbevestig is.

Die tiendes elke derde jaar vir Leviete, vreemdelinge, vaderloses en weduwees – Deut. 26:12-15

Moses beklemtoon ‘n tweede opdrag wat ná die Intog en Vestiging nagekom moes word, die gee van tiendes wat elke derde jaar direk vir die Leviete, vreemdelinge, vaderloses en weduwees bedoel was.  Die beginsel hieragter is dat God Israel immers geseën het om tot ‘n seën vir ander te wees.  Dit sou verwerklik word deur die deel van die oorvloed wat die Here vir hulle gegee het in die beloofde land.

Dit bestaan eweneens uit twee dele:

  1. ‘n Persoonlike verklaring van gehoorsaamheid: Ek het die gewyde deel uit my huis uit weggeneem en aan die Leviet, die vreemdeling, die weeskind en die weduwee gegee soos U my beveel het in al u gebooie. Ek het nie een van u gebooie oortree nie. Ek het hulle nie vergeet nie. Ek het nie van die tiende geëet terwyl ek gerou het nie. Ek het dit nie uit my huis uit weggeneem terwyl ek onrein was nie. Ek het nie daarvan aan ’n dooie afgod geoffer nie. Ek het na U geluister, Here my God, en ek het alles gedoen wat U my beveel het.” Let op die klem op persoonlike nougesette gehoorsaamheid, reinheid, en ‘n afsku aan afgode, selfs in tye van rousmart.
  2. ‘n Gebed om God se seën:Kyk tog af, Here, uit u heilige woonplek, uit die hemel, en seën u volk Israel en die land wat U aan ons gegee het soos U aan ons voorvaders met ’n eed beloof het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.” Let op dat daar beide vir die volk as vir die land (landbougrond) gebid word.

Wedersydse verklaring van liefde en trou – Deut. 26:16-19

Moses roep laastens die geloofsgemeenskap op om aan God alleen gehoorsaam te wees met hulle hele hart en siel, soos Hy inderdaad Homself aan hulle verbind het.  Hulle verklaring dat hulle aan God gehoorsaam sal wees, is ‘n antwoord op God se verklaring dat Hy hulle aan Hom heilig as sy eiendomsvolk en dat Hy hulle sal seën met oorvloedige lof, roem en eer.

Aan hierdie wedersydse verklaring van liefde en trou sal Moses hierna die seën en strawwe van die verbond verbind in die volgende twee hoofstukke waarmee hy sy tweede preek sal afsluit.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Deuteronomium


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.