Deuteronomium 26 – Geloofsbelydenis, gebed en gehoorsaamheid
Moses voltooi sy perspektiewe op ‘n gesonde geloofsgemeenskap (hfst. 19-26) wat deur respek vir die lewe en gehoorsaamheid aan die grense wat God stel, gekenmerk word. Hy gee aandag aan die geloofsbelydenis wat hulle by die insameling van hulle oeste (Pinksterfees – vgl. Deut. 16 vir ‘n bespreking) moet herinner aan God se verlossing uit Egipte en hulle vestiging in die beloofde land (Deut. 26:1-11). Hy beklemtoon die tiendes wat elke derde jaar direk vir die Leviete, vreemdelinge, vaderloses en weduwees bedoel was. God seën Israel immers om tot ‘n seën vir ander te wees, ‘n seën waarvoor hulle dan ook bid (Deut. 26:12-15). Hy roep die geloofsgemeenskap op om aan God alleen gehoorsaam te wees met hulle hele hart en siel, soos Hy inderdaad Homself aan hulle verbind het. Aan hierdie wedersydse verklaring van liefde en trou sal Moses dan die seën en strawwe van die verbond verbind (Deut. 27-28) waarmee hy sy tweede preek (hfst. 4-28) sal afsluit.
Israel se geloofsbelydenis by die Pinksterfees – Deut. 26:1-11
Die geloofsbelydenis van Israel by die insameling van hulle oeste (Pinksterfees – vgl. Deut. 16) was ‘n fundamentele begronding van nie net hulle geloof in die God van die verlossing uit Egipte nie, maar ook hulle geloof in die God wat hulle gevestig het in die beloofde land. Daarom word dit só sterk beklemtoon as ‘n eerste opdrag ná die Intog en Vestiging in die land. Dit bestaan uit twee dele:
- ‘n Persoonlike verklaring van tuiskoms: “Ek verklaar vandag voor die Here u God dat ek gekom het in die land wat die Here met ’n eed aan ons voorvaders beloof het om aan ons te gee.” Let op die verklaring van solidariteit op grond van die feit dat God sy belofte nagekom het.
- ‘n Persoonlike verbintenis aan God: “My vader was ’n Arameër wat van plek tot plek getrek het. Hy het na Egipte toe gegaan en met min mense daar as vreemdeling gaan woon. Daar het hy ’n groot, sterk en talryke nasie geword. Die Egiptenaars het ons sleg behandel. Hulle het ons verdruk en ons harde werk laat doen. Ons het na die Here die God van ons voorvaders om hulp geroep, en Hy het ons gehoor. Hy het ons ellende en ons swaarkry raakgesien en gesien hoe ons verdruk word. Die Here het ons uit Egipte laat wegtrek deur magtige dade, kragtige groot dade wat vrees ingeboesem het, tekens en wonders. Hy het ons in hierdie plek gebring en hierdie land aan ons gegee, ’n land wat oorloop van melk en heuning. Dit is die rede waarom ek nou die eerste opbrengs van die land wat deur die Here aan my gegee is, gebring het.” Let op hoe vier fases van die hele geskiedenis van die volk in herinnering geroep word:
- die Roeping en sluiting van die verbond met die voorvaders Abraham, Isak en Jakob;
- die Vreemdelingskap van hulle verblyf en verdrukking in Egipte;
- die Uittog uit Egipte en die trek deur die woestyn weens God se wonderwerke;
- die Intog in die beloofde land wat God se getrouheid bevestig het.
Die Pinksterfees was daarom ‘n fees van dankbaarheid en vrolikheid waarby almal ingesluit is en hulle geloofsverbintenis aan die Here en sy verbond met hulle en hulle voorouers herbevestig is.
Die tiendes elke derde jaar vir Leviete, vreemdelinge, vaderloses en weduwees – Deut. 26:12-15
Moses beklemtoon ‘n tweede opdrag wat ná die Intog en Vestiging nagekom moes word, die gee van tiendes wat elke derde jaar direk vir die Leviete, vreemdelinge, vaderloses en weduwees bedoel was. Die beginsel hieragter is dat God Israel immers geseën het om tot ‘n seën vir ander te wees. Dit sou verwerklik word deur die deel van die oorvloed wat die Here vir hulle gegee het in die beloofde land.
Dit bestaan eweneens uit twee dele:
- ‘n Persoonlike verklaring van gehoorsaamheid: “Ek het die gewyde deel uit my huis uit weggeneem en aan die Leviet, die vreemdeling, die weeskind en die weduwee gegee soos U my beveel het in al u gebooie. Ek het nie een van u gebooie oortree nie. Ek het hulle nie vergeet nie. Ek het nie van die tiende geëet terwyl ek gerou het nie. Ek het dit nie uit my huis uit weggeneem terwyl ek onrein was nie. Ek het nie daarvan aan ’n dooie afgod geoffer nie. Ek het na U geluister, Here my God, en ek het alles gedoen wat U my beveel het.” Let op die klem op persoonlike nougesette gehoorsaamheid, reinheid, en ‘n afsku aan afgode, selfs in tye van rousmart.
- ‘n Gebed om God se seën: “Kyk tog af, Here, uit u heilige woonplek, uit die hemel, en seën u volk Israel en die land wat U aan ons gegee het soos U aan ons voorvaders met ’n eed beloof het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.” Let op dat daar beide vir die volk as vir die land (landbougrond) gebid word.
Wedersydse verklaring van liefde en trou – Deut. 26:16-19
Moses roep laastens die geloofsgemeenskap op om aan God alleen gehoorsaam te wees met hulle hele hart en siel, soos Hy inderdaad Homself aan hulle verbind het. Hulle verklaring dat hulle aan God gehoorsaam sal wees, is ‘n antwoord op God se verklaring dat Hy hulle aan Hom heilig as sy eiendomsvolk en dat Hy hulle sal seën met oorvloedige lof, roem en eer.
Aan hierdie wedersydse verklaring van liefde en trou sal Moses hierna die seën en strawwe van die verbond verbind in die volgende twee hoofstukke waarmee hy sy tweede preek sal afsluit.
View all posts in this series
- Inleiding
- Begronding van die boodskap van die NT
- Hoe om Deuteronomium te lees
- Deuteronomium 1 – Vertroue in en gehoorsaamheid aan die Here is onverhandelbaar
- Deuteronomium 2 – God gee die land vir sy volk soos Hy eeue lank al vir ander nasies doen
- Deuteronomium 3 – Suksesse en ooreenkomste uit die verlede gee moed in die hede
- Deuteronomium 4:1-43 – Moet niks byvoeg of wegvat van God se wet nie; gehoorsaam Hom
- Deuteronomium 4:44-5:33 – Julle moet hierdie wet leer, gehoorsaam en daarvolgens lewe
- Deuteronomium 6 – Die liefde vir die Here bepaal jou hele lewe
- Deuteronomium 7 – Die liefde van die Here stel jou in staat om gehoorsaam te wees
- Deuteronomium 8 – Die Here leer die volk afhanklikheid en dankbaarheid
- Deuteronomium 9 – Moenie hardnekkig of verwaand raak nie
- Deuteronomium 10 – Gehoorsaam die Here, want Hy is jou God
- Deuteronomium 11 – Gehoorsaamheid bring seën; ongehoorsaamheid bring straf
- Deuteronomium 12 – Aanbid alleen die Here op die plek wat Hy uitkies en volgens sy voorskrifte
- Deuteronomium 13 – Moenie ander gode dien agter ander mense aan nie
- Deuteronomium 14 – Julle identiteit as Godsvolk moet in alle fasette van die lewe wys
- Deuteronomium 15 – Julle vrygewigheid sal in die afskryf van skuld en die vrylating van slawe sigbaar word
- Deuteronomium 16:1-17 – Drie feeste vier hulle identiteit: Paasfees, Pinksterfees, en Huttefees
- Deuteronomium 16:18-17:20 – Regters en konings moet nougeset volgens die wet regeer
- Deuteronomium 18 – Die priesters kry alles wat die Here toekom en die profete raak God se woordvoerders
- Deuteronomium 19 – Eerbied vir die lewe, grenslyne en waaragtige getuienis word beveel
- Deuteronomium 20 – Die Here soek vreeslose voetsoldate wat die oorlog met ‘n vredesaanbod begin
- Deuteronomium 21 – Respek vir die lewe rig selfs die wyse waarop die doodstraf toegepas word
- Deuteronomium 22 – Respek vir die grense van God vir die lewe en die huwelik
- Deuteronomium 23 – Om vlekloos en blaamloos voor God te lewe
- Deuteronomium 24:1-25:4 – Egskeiding, hertrou en praktiese naasteliefde
- Deuteronomium 25:5-19 – Die leviraatshuwelik en ‘n oproep tot regverdigheid en billikheid
- Deuteronomium 26 – Geloofsbelydenis, gebed en gehoorsaamheid
- Deuteronomium 27 – Gehoorsaamheid word van die leiers, priesters en die hele volk gevra
- Deuteronomium 28 – Die omvattende seëninge en strawwe van die verbond
- Deuteronomium 29 – Kom die woorde van die verbond na en voer dit uit
- Deuteronomium 30 – Kies die lewe en wat goed is, nie die dood en wat sleg is nie
- Deuteronomium 31:1-29 – Josua word as leier aangewys en die wetboek afgesluit as gesaghebbende woord van God
- Deuteronomium 31:30-32:52 – Moses se loflied op die karakter van God
- Deuteronomium 33 – Moses se finale seënbede
- Deuteronomium 34 – Moses sterf as iemand wat die Here persoonlik geken het
Tags: Deuteronomium
Trackback from your site.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik