Skip to main content

Deuteronomium 25:5-19 – Die leviraatshuwelik en ‘n oproep tot regverdigheid en billikheid 

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses hanteer vervolgens ‘n uitsondering op die sewende gebod, die sogenaamde leviraat- of swaershuwelik (Deut. 25:5-10) en gee ‘n aantal los uitsprake wat Israel tot regverdigheid en billikheid oproep om oneerlikheid en bedrog te voorkom (Deut. 25:11-16).  Hy sluit met ‘n sterk uitspraak teen die Amalekiete (Deut. 25:17-19).

Die Leviraat– of swaershuwelik – Deut. 25:5-10 

‘n Uitsondering op die verbod van egbreuk (sewende gebod) is die sogenaamde leviraat- of swaershuwelik (levir in Latyn beteken swaer) by broers wat saamgebly het op dieselfde stuk grond.  Geslagsgemeenskap is in die reël streng verbied tussen swaers en skoonsusters (Lev. 18:16; 20:21), behalwe waar die een broer sterf sonder dat daar vir hom en sy vrou ‘n nageslag verwek is.  Dan moes die ander broer sy skoonsuster as vrou geneem het en vir sy broer ‘n nageslag verwek sodat sy naam kon voortleef in Israel.  Die vrou mag nie met ‘n buitestander trou nie sodat die grond in die familie bly.

Om dié verpligting nie na te kom nie, was ‘n groot skande, en is in die openbaar bekendgemaak met ‘n spoeg-en-sandaal-uittrek ritueel.  Die broer is waarskynlik verdink van ‘n knoeiery om sy broer se deel van die grond wederregtelik in te palm.  Sy skoonsuster het hom met minagting in die openbaar gespoeg en sy skoen (sandaal) uitgetrek as teken van sy weiering om sy plig in die familie na te kom. Die familie was doodgewoon belangriker as persoonlike voorkeure en verseker as persoonlike gierigheid.  Die verhaal van Juda en Tamar (Gen. 38) is ‘n vroeëre voorbeeld hiervan en dié van Boas en Rut ‘n latere een (Rut 4).

Regverdigheid en billikheid voorkom oneerlikheid en bedrog – Deut. 25:11-16

Moses brei uit op twee praktiese situasies waarin hulle deur die beginsels van regverdigheid en billikheid begelei moes word.

  1. ‘n Vrou mag in ‘n bakleiery nie die ander man se geslagsorgane beseer het in ‘n poging om haar man te help nie. Die doel heilig nie die middele nie.  Dit wys ons enersyds hoe belangrik die voortplantingsfunksie gereken is.  Daarom is dit ook aangeraak net ná die leviraatshuwelik.  Die feit dat hier gepraat word van ‘n hand wat afgesny moet word, wys ons andersyds ‘n praktiese toepassing van die lex talionis reël waar dit nie letterlik nagevolg kon word nie: “’n lewe vir ’n lewe, ’n oog vir ’n oog, ’n tand vir ’n tand, ’n hand vir ’n hand en ’n voet vir ’n voet.” (Deut. 19:21).  In dié geval was dit die hand van die vrou vir die geslagsorgaan van die man.
  2. Jy mag nie groot en klein gewigte gebruik om die massa van produkte te manipuleer nie, een gewig vir aankoop en een gewig vir verkoop. Jy mag nie met groter en kleiner inhoudsmate werk om op soortgelyke wyse mense te bedrieg nie.  Jy moet altyd billik en regverdig afweeg en afmeet, word dit opgesom.

Die Here het ‘n afsku van almal wat oneerlik is en ander bedrieg.  Presies wat met die negende gebod (valse getuienis) beoog is.

Die Amalekiete moet uitgeroei word – Deut. 25:17-19

Die Amalekiete was ‘n doring in die vlees van die Israeliete reeds in die woestyn vóór Sinai (Eks. 17) en telkens daarna bv. by die eerste abortiewe Intog (Num. 14).  Die Here beveel daarom die Israeliete om hulle geen genade te betoon nie – soos hulle dit nie teenoor die Israeliete gedoen het nie – en hulle uit te wis: “Jy mag nie vergeet om dit te doen nie.”  Dit was deel van die onafgehandelde sake uit die verlede.  Die Simeoniete het dié opdrag vervul, soos die Kronieke skrywer ons vertel (1 Kron. 4).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Deuteronomium


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.