Skip to main content

Die gebed van die hart of Jesus gebed

prayer-shawlDie gebed van die hart – centering prayer of breath prayer– help jou om voor God tot rus te kom.  Dit help jou om al hoe meer “sonder ophou te bid” (1 Tess. 5:17).  Dit help veral om nie net op die inhoud (verwagtings, versoeke) van jou verhouding met God te fokus nie, maar om regtig in gemeenskap met Hom te kom.    Só kan jy in gemeenskap met God bly regdeur jou lewe.

Dit behels meesal die herhaling van ’n eenvoudige een-sin gebed – baie keer ’n sin of frase uit die Bybel – wat jou behoefte aan God uitdruk en jou help om op Hom te fokus.  Jy kan jou eie teksvers kies om in jou gebed van die hart te gebruik (Ps. 37:4-5 of Matt. 11:28 bv.).

Die gebed wat egter tradisioneel die meeste gebruik word, is die Jesus gebed: “Here Jesus Christus, Seun van God …  wees my genadig, ’n sondaar.”  Die eerste frase word baie keer gebid terwyl jy inasem.  Die tweede frase word dan gebid terwyl jy uitasem.

Hier is ʼn paar voorstelle om jou gedagtes te prikkel:

  • Kies ’n tyd van die dag wat vir jou die beste sal werk. ’n Kwartier is ’n goeie tyd om mee te begin.
  • Kies ’n plek waar jy nie onderbreek sal word deur telefone of jou huismense nie.
  • Gebruik simboliek om jou te herinner dat dit ’n spesiale tyd met die Here is. Steek bv. ’n kers aan of hang vir jou ’n mooi skildery.
  • Stel miskien ’n wekker vir die tyd wat jy gaan besig wees – bv. ’n kwartier – sodat jy glad nie op die tyd hoef te fokus nie.
  • Sit gemaklik met jou voete plat op die grond, jou knieë nie hoër as jou heupe nie en laat rus jou hande gemaklik in jou skoot.
  • Raak bewus van watter gevoelens daar in jou hart is. Erken dit. Gee dit aan die Here (draai simbolies jou handpalms onder toe) sodat jy volledig dáár kan wees.
  • Kyk na jouself deur die oë van God (draai simbolies jou handpalms na bo). Dink daaroor dat God bly is oor jou. Geniet die ervaring van God se rus en vrede.
  • Bid dan die Jesus gebed. Bid: “Here Jesus Christus, Seun van God,” terwyl jy inasem.  Bid: “Wees my genadig, ’n sondaar,”  terwyl jy uitasem.
  • Hou daarmee vol tot aan die einde van die tyd wat jy daarvoor afstaan.
  • Gedagtes sal opkom by jou wat jou aandag wil wegneem van jou gefokusde gebed. Hou net aan met die Jesus gebed. Dit sal help om dié indringer gedagtes te laat vervaag.
  • Baie spesifieke gedagtes oor iemand of ‘n saak sal ook soms opkom by jou, veral later in jou gebed, waarvan jy sal besef dat dit belangriker is as die indringer gedagtes. Gee dit vir die Here terwyl jy steeds aanhou met die Jesus gebed. Skryf dit na die gebedstyd neer en hanteer dit verder.  Jy kan of verder daaroor bid, of kontak maak met die persoon, of beplan hoe jy gaan optree.
  • In jou gebed sal jy tye van eenheid met die Here beleef — ‘n diep vrede en tevredenheid; ‘n ervaring van veiligheid en rus; ‘n gevoel van liefde en eenheid met God in sy teenwoordigheid — wat met tyd langer en intenser sal word. Dit is die doel van die Jesus gebed wat jou al hoe meer in sy teenwoordigheid sal intrek.
  • Jy kan die gebed ook aanvul deur vir ander mense of ’n saak wat die Here op jou hart lê te bid. Bid eers dat die Here jou lei wat om te bid.  Formuleer dit in een-sin wat jy as die gebed van die hart kan bid.  Maak dié gebed dan jou eie deur dit te gebruik op dieselfde wyse as die Jesus gebed.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

gebed


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda