Skip to main content

Hoe lees ons die verhale in die Bybel?

Bybelskool.com bydrae grafika
Bybelskool.com

Prof. Bethel Müller onderskei drie aspekte van verhale soos dié in Genesis wat ons in gedagte moet hou in ons lees daarvan.  Verhale het:

  • ‘n Verwysende karakter – ons lees in die Genesis-verhale van die geboorte-ervaringe van die geloof, die oorsprong van geloof. Dit help ons dus verstaan wat gebeur in die God-mens-verhouding.
  • ‘n Onmiddellike karakter – ons kan onsself herken in die verhale, trouens moet onsself identifiseer met die geloofsverhale sodat ons kan deelneem in die werklikheid waarvan dit ons vertel.
  • ‘n Illustratiewe karakter – ons hoor in die verhale nuwe lewensmoontlikhede wat ons uitnooi om ons eie oorspronklike geloofservaringe te beleef. Die verhale in Genesis is as’t ware “lewensgroot” illustrasies wat die drakrag en handelingskrag van die geloof aandui.

Ons mag dus op geen manier hierdie verhale vervang met ons eie weergawe daarvan waarin net die “boodskap” daarvan belangrik is nie.  Ons mag nie die verhale reduseer tot een of meer belangrike dogmatiese boodskappe vir vandag nie.  Ons mag ook nie die verhale ontmitologiseer van hulle konkrete historisiteit, sodat ons uiteindelik net met ons eie weergawe daarvan sit nie.

Vra prof. Bethel: “Is dit nie vreemd dat ons in die prediking ons teologiese samevatting, definisie en beredenering van die teks eerder vertrou as die vorm waarin die Heilige Gees dit Self aan ons gegee het nie?” (bl 13).

Hy maak daarom ‘n sterk saak daarvoor uit dat die eksegese van verhalende tekste soos Genesis daarom die literêre dimensies van die tekste, die plot, karakters en situasie, moet ontdek en analiseer.  Hermeneuties moet ons daarna die vraag vra hoe die hoorder van die verhale vandag kan identifiseer met die fokuspunte of koördinate wat uit die teks na vore kom.

Ons moet in ons besig wees met die teks die punt ontdek waar die verhaal van die teks insny op ons verhaal, in ons ervaringsveld; die punt waar die teks ‘n transparant word vir vandag wat óns verhaal ‘n nuwe inleiding kan gee, sodat óns verhale beslissend verander en beïnvloed kan word; waar ons verhale ‘n nuwe rigting kry.

Burger, C.W. & B.A. Müller, D.J. Smit, 1988.  Riglyne vir prediking oor die Genesisverhale.  Woord teen die Lig II/3.  N G Kerk-Uitgewers: Kaapstad.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…