Hoe lees ons die verhale in die Bybel?

Bybelskool.com bydrae grafika
Bybelskool.com

Prof. Bethel Müller onderskei drie aspekte van verhale soos dié in Genesis wat ons in gedagte moet hou in ons lees daarvan.  Verhale het:

  • ‘n Verwysende karakter – ons lees in die Genesis-verhale van die geboorte-ervaringe van die geloof, die oorsprong van geloof. Dit help ons dus verstaan wat gebeur in die God-mens-verhouding.
  • ‘n Onmiddellike karakter – ons kan onsself herken in die verhale, trouens moet onsself identifiseer met die geloofsverhale sodat ons kan deelneem in die werklikheid waarvan dit ons vertel.
  • ‘n Illustratiewe karakter – ons hoor in die verhale nuwe lewensmoontlikhede wat ons uitnooi om ons eie oorspronklike geloofservaringe te beleef. Die verhale in Genesis is as’t ware “lewensgroot” illustrasies wat die drakrag en handelingskrag van die geloof aandui.

Ons mag dus op geen manier hierdie verhale vervang met ons eie weergawe daarvan waarin net die “boodskap” daarvan belangrik is nie.  Ons mag nie die verhale reduseer tot een of meer belangrike dogmatiese boodskappe vir vandag nie.  Ons mag ook nie die verhale ontmitologiseer van hulle konkrete historisiteit, sodat ons uiteindelik net met ons eie weergawe daarvan sit nie.

Vra prof. Bethel: “Is dit nie vreemd dat ons in die prediking ons teologiese samevatting, definisie en beredenering van die teks eerder vertrou as die vorm waarin die Heilige Gees dit Self aan ons gegee het nie?” (bl 13).

Hy maak daarom ‘n sterk saak daarvoor uit dat die eksegese van verhalende tekste soos Genesis daarom die literêre dimensies van die tekste, die plot, karakters en situasie, moet ontdek en analiseer.  Hermeneuties moet ons daarna die vraag vra hoe die hoorder van die verhale vandag kan identifiseer met die fokuspunte of koördinate wat uit die teks na vore kom.

Ons moet in ons besig wees met die teks die punt ontdek waar die verhaal van die teks insny op ons verhaal, in ons ervaringsveld; die punt waar die teks ‘n transparant word vir vandag wat óns verhaal ‘n nuwe inleiding kan gee, sodat óns verhale beslissend verander en beïnvloed kan word; waar ons verhale ‘n nuwe rigting kry.

Burger, C.W. & B.A. Müller, D.J. Smit, 1988.  Riglyne vir prediking oor die Genesisverhale.  Woord teen die Lig II/3.  N G Kerk-Uitgewers: Kaapstad.


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: