Skip to main content

Sout in die Bybel

https://www.healthydietadvisor.com/wp-content/uploads/2015/05/salt.jpgSout is op verskillende wyses in die OT gebruik. Dit is by graanoffers gebruik as ‘n herinnering aan die verbond met God (Lev 2:13). Dit is gebruik as teken van verwoesting en vervloeking (Rigt 9:45), waarskynlik met verwysing na Sodom en Gomorra wat met die Soutsee (Dooie See) verbind word (Gen. 14:3; Deut 3:7; 29:23; Jos 3:16; 12:3 en verder). Sout is ook gebruik as simbool van reiniging (2 Kon 2:21). Uiteraard is dit ook gebruik vir kos (Job 6:6) en in die proses van geboorte (in Eseg 16:4 word dit as metafoor gebruik).

In die NT verdwyn die gebruike van sout by die offers of reiniging, omdat Jesus die volmaakte offer vir ons tot ons reiniging geword het. Geen offers of handelinge wat daarmee verbind was, was dus meer nodig nie (Hebr 7:27). Ons is ook nie meer in ‘n heilige oorlog gewikkel met heidennasies sodat sout as ‘n teken van verwoesting of vervloeking gebruik word nie.

Enigiemand wat sout vandag vir dié doel probeer gebruik, óf ‘n eie lering daaroor opmaak, soos dat jy ‘n huis met sout kan reinig, is besig met bygeloof.

Sout word wel nog as metafoor vir die lewe van gelowiges in die koninkryk gebruik. Jesus verklaar dat ons die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld is (Matt 5:13; Mark 9:50; Luk 14:34-35). Paulus moedig ons aan dat ons woorde met sout gespesery sal wees, dws wys sal wees (Kol 4:6).

Sout het dus sy liturgiese of geestelike funksie verloor. Ons is self nou die sout vir die aarde en moet ons sorg dat ons woorde wys sal wees, met sout gesprinkel, tot voordeel van almal met wie ons in kontak kom.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sout


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar