1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue
Salomo was regtig ’n besondere koning. Nie net kom die koningin van Skeba ondersoek instel na sy vermoëns nie, maar ook ander konings: “Die hele wêreld het probeer om hom te sien te kry en die wysheid wat God hom gegee het, aan te hoor.” Skeba hou moontlik verband met Dedan, ’n Noord-Arabiese nomadestam (vgl. Gen. 25:1–3). Die koningin het dus uit die suide gekom.
Die moeilike vrae wat sy aan hom stel was heel moontlik raaisels, ’n gewilde tydverdryf in die Midde-Ooste. Let veral op hoe die koningin van Skeba Salomo nie net loof vir sy wysheid en die prag en praal van sy koningskap nie, maar ook spesifiek vir God loof wat soveel liefde aan hom bewys het. Hoe mooi sê sy dit nie: “Dit is omdat die Here Israel vir altyd liefhet dat Hy u as koning oor hulle aangestel het om die orde en reg te handhaaf.” (10:9).
Hoe ironies dat die skrywer in hoofstuk 11 vir ons vertel dat Salomo baie lief was vir uitlandse vroue. En dit is dié vroue wat hom verlei het – veral in sy ouderdom (middel-vyftigs!) – om ander gode te dien, sodat hy God nie meer met dieselfde toewyding gedien het soos Dawid nie. Salomo beantwoord God se liefde met ’n liefde vir ander gode wat lei tot die skeuring van sy ryk. Hy het selfs ’n hoogte gebou op die berg teenoor Jerusalem wat in direkte konflik met die tempeldiens gekom het.
Terloops, dit wil lyk asof die farao se dogter met minder argwaan bejeën word as die vroue uit van die nasies waarmee Israel veral in sy beginjare baie konflik gehad het. Die Egiptiese gode was ook nooit so geredelik aanvaarbaar vir die Israeliete as van die ander Kanaänitiese gode van die omringende nasies nie. Milkom en Kemos was spesifiek baie afskuwelike gode vir die Here, veral weens die kinderoffers wat met hulle godsdiens saamgegaan het.
Daarby het Salomo ’n groot klomp perde aangehou wat saam met sy liefde vir vroue (die byvroue was gewoonlik slavinne) ’n duidelike oortreding was van die voorskrifte vir konings wat ons vind in Deut 17:16-17. Die ideaal was dat ’n koning nie te veel perde of te veel vrouens moes hê nie, want anders sou hy weens die perde sy vertroue eerder op sy militêre mag as op die Here plaas, en weens die vroue verlei word om ontrou te wees aan die Here.
Dit is ook ironies dat die eerste persoon wat die Here kies om in opstand te kom en die proses te begin om die ryk in twee te laat skeur, ’n Edomiet was, Hadad, ’n afstammeling van Esau, tweelingbroer van Jakob, die stamvader van Israel (vgl Gen 36:39 – Hadar = waarskynlik Hadad, hierdie Hadad se oupa). Uiteindelik is dit Jerobeam, ’n onderdaan van Salomo wat die seun van Salomo, Rehabeam, opponeer en die Noordelike stamme van Juda laat wegbreek.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool oor 1 en 2 Konings - April 19, 2010
- Van die dood van Dawid tot die val van sy koninkryk - April 20, 2010
- Indeling van 1 en 2 Konings – leesplan - April 21, 2010
- 1 Konings 1-2 – Salomo word koning te midde van groot intriges - April 22, 2010
- 1 Konings 3-4 – Salomo kry ‘n luisterryke hart van die Here - April 23, 2010
- 1 Konings 5-7 – Salomo bou die tempel in vervulling van die belofte aan Dawid - April 26, 2010
- 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed - April 27, 2010
- 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue - April 28, 2010
- Salomo – ‘n oorsig van sy lewe - April 29, 2010
- WEEK 2: 1 Konings 12 – Die magswellus van Rehabeam skeur die ryk … deur die beskikking van die Here
- 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid - April 30, 2010
- 1 Konings 14 – God is nie onverbiddelik nie - May 3, 2010
- 1 Konings 15:1-31 – Die Here help dié wat met hulle hele hart op Hom vertrou - May 4, 2010
- 1 Konings 15:33-16:20 – Onbetroubare eiesinnige leiers - May 5, 2010
- WEEK 3: 1 Konings 16:21 – 18:46 – Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking - May 6, 2010
- 1 Konings 19 – God ly nooit aan uitbranding nie! - May 7, 2010
- 1 Konings 20 – Die Here bewys Homself aan Agab, sonder effek - May 10, 2010
- 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid - May 11, 2010
- 1 Konings 22 – 2 Konings 1 – Die Here bepaal die gang van sake - May 12, 2010
- WEEK 4: 2 Konings 2-3 – Die Here is in beheer - May 13, 2010
- 2 Konings 4-5 – God help gewone mense sowel as vernames - May 14, 2010
- 2 Konings 6-7 – God kan met alles vertrou word - May 17, 2010
- 2 Konings 8 – God bly getrou aan sy beloftes - May 18, 2010
- 2 Konings 9-10 – God soek volledige gehoorsaamheid, en niks minder nie - May 19, 2010
- WEEK 5: 2 Konings 11-12 – Platteland en stad verenig weer voor die Here in Juda - May 20, 2010
- 2 Konings 13 – Die Here se genade seëvier telkens oor sy oordeel - May 21, 2010
- 2 Konings 14 – God se genade word steeds weerstaan in die Noord-ryk - May 24, 2010
- 2 Konings 15 – Die boodskap is duidelik: die konings faal die Here - May 25, 2010
- 2 Konings 16-17 – Hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword - May 26, 2010
- WEEK 6: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom - May 27, 2010
- 2 Konings 21 – Genadetyd raak kort vir Jerusalem - May 28, 2010
- 2 Konings 22 – Die Bybel moet geleef word in die teenwoordigheid van die Here - May 31, 2010
- 2 Konings 23 – Die Woord is ‘n gemeenskapsboek - June 1, 2010
- 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie - June 2, 2010
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Vince Aslett
Salomo was nie juis n sukses as n Koning nie, wat vir my opvallend is , is dat God gewone mense gebruik om Hom te dien aan die een kant, maar dat die gevaar ook groot is dat ons vas gevang kan word in sonde en so in onguns beland. Interresant dat daar uit die 12 stamme, 10 weggegee word en net een , Juda gehou word. Wat word van die ander stam? Ek lees elders dat dit die stam van Benjamin was?
Chris van Wyk
Benjamin was inderdaad die ander stam wat saam met Juda die Suid-ryk gevorm het. Die verbintenis tussen hulle begin reeds in die Rigtertyd (Rigt 5:14) onder leiding van Debora en Barak. Met Dawid se uitgerekte stryd met Saul, 'n Benjaminiet, het 'n deel van Benjamin hulle by hom geskaar (1 Kron 12:1-7). Trouens, die leiers van die familiegroepe van Benjamin was in Jerusalem gestasioneer (1 Kron 8:28)! Daarom kon Rehabeam in sy oorlog teen Israel staatmaak op Benjamin (1 Kon 12:21). Sommige geleerdes meen dat dit ook een van die redes is waarom Rehabeam doelbewus opdrag gee dat hy in die familiegraf in Bethlehem, dws in Benjamin se grondgebied, en ook die Dawidstad, begrawe word, om daarmee die band met Benjamin te versterk. In 2 Konings 23:8 word die land skoongemaak van hoogtes van Geba (stad in Benjamin) tot Berseba, onder die leiding van Josia, wat ook aandui dat Benjamin deel van die Suid-ryk was.