Openbaring 3 – Fokus op gemeenskap met Jesus

Hierdie hoofstuk bevat die laaste drie briewe wat Jesus aan die gemeentes dikteer.

Die boodskap aan Sardis – “Skrik wakker en versterk dié wat oorbly” – vers 1-6

Weereens hou die prentjie van Jesus verband met die prentjie van die gemeente.  Jesus word geteken as die Een wat nie net die Gees van die Here in sy volheid besit nie – voorgestel deur die sewe Geeste van God – maar ook die sewe sterre in sy hand hou – die sewe voorgangers van die gemeentes.  In Hom het hulle alles wat nodig is om oorwinnend te lewe.

Die boodskapper van die gemeente, sowel as die gemeente self, is egter in ’n tragiese geestelike toestand.  Hulle het die naam dat hulle lewe, maar hulle is eintlik geestelike lyke.  Hulle dade is in die oë van God net nie goed genoeg nie.  Al raad is om vyf dinge te begin doen, soos dit in vers 2-3 uitgespel word:

  • Hy/hulle moet wakker skrik uit die doodslaap van selfgenoegsaamheid waarin hulle verval het;
  • Hy/hulle moet dié versterk wat nog oorgebly het, sodat die herlewing van hulle af kan versprei;
  • Hy/hulle moet die boodskap – waarskynlik beide die roepingsboodskap van die boodskapper as die evangelie boodskap soos die apostels dit aan hulle oorgelewer het – in herinnering roep, dit weer omarm en daarvolgens begin lewe.
  • Hy/hulle moet dit bewaar, d.w.s. daarin volhard;
  • Hulle moet tot bekering kom, d.w.s. hulle lewens en denke vernuwe om volgens dié evangelie te leef.

Anders is dit verby met die boodskapper en die gemeente.

Tog is daar steeds klein tekens van lewe in die gemeente, mense wat hulle klere nie besoedel het met afgodsdiens en heidense gebruike nie, wat wit klere – simbool van suiwerheid en oorwinning – uit die hand van die Here sal ontvang, saam met die versekering dat hulle name nooit uit die boekrol van die lewe geskrap sal word nie.  Trouens Jesus belowe dat Hy self hulle in herinnering sal roep voor sy Vader en die engele.

Die boodskap aan Filadelfia – “Hou vas wat julle het, totdat Ek kom” – vers 7-13

Soos die geval was met die gemeente van Smirna, het die Here Jesus net goeie woorde wat Hy aan die boodskapper van die gemeente van Filadelfia rig. Ironies genoeg is dit ook die twee gemeentes waar die Joodse teenstand op sy hewigste was. Weereens hou die beskrywing van Jesus as die Een wat die sleutelmag het, verband met die oop deur wat Hy vir hulle en die verkondiging van die evangelie gee.

Hulle gehoorsaamheid is volgehou ten spyte van min krag.  Daarom sal die Here self die teëstanders voor hulle laat buig – die Joodse sinagoge, wat in hulle teëstand trekke van Satan aangeneem het – en hulle in die beproewing wat wêreldwyd kom, bewaar.  Hulle moet net vashou wat hulle het, totdat die Here Jesus kom.

As beloning sal hulle nie net ’n vaste pilaar in die tempel van God word nie, maar sy Naam sal op drie verskillende wyses op hulle geskryf word, as teken daarvan dat hulle totaal aan Hom behoort en dat Hy Hom met hulle assosieer.

Die boodskap aan Laodisea – “Wees dan ywerig en bekeer jou” – vers 14-22

Die skerpste oordeel van Jesus word gereserveer vir die boodskapper van die gemeente van Laodisea.

Die boodskap aan Laodisea  was dat hulle nóg koud, nóg warm is, maar louwarm.  Hulle was trots op hulle materiële voorspoed, maar het daarom nie hulle geestelike armoede raakgesien nie.  Daarom raai Jesus hulle aan om eerder ryk in God te word (suiwer goud van Hom te koop), onberispelik te lewe (wit klere om hulle onsedelikheid te bedek) en in geestelike insig (salf vir hulle oë) toe te neem.

Die gebruik van die terme koud, warm en louwarm moes besonder treffend Jesus se boodskap gekommunikeer het, want almal in Laodisea het geweet dat hulle water nie met dié van Kolosse (heerlike koue waterbronne), so tien km oos van hulle, en dié van Hiërapolis (heerlike warm waterbronne), so tien km noord van hulle, vergelyk kon word nie.  Hulle water het van die Danisli-bronne gekom en nadat dit oor ’n kalkkrans gestort het, louwarm en onsmaaklik by hulle aangekom.

Hulle geestelike lewe  was dus so louwarm en onsmaaklik soos hulle water!  Die oplossing was om God ywerig te begin gehoorsaam, aan sy stem gehoor te gee, die geestelike deur van hulle persoonlike en gemeentelike lewe vir Hom oop te maak en in gemeenskap met Hom te leef.  Só sou hulle deel kon hê aan die koninkryk van God saam met Jesus.

View all posts in this series

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d