Pinkster 2020 – “Ek kom gou!”

“Ek kom gou!” Dit is die boodskap van Jesus met Pinkster 2020. Dit is die hart van sy Openbaring aan die kerk van die eeue. “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek. Die trompette blaas. Die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Die bruilofsfees van die Lam en sy bruid is op hande. Die nuwe hemel en aarde is amper voltooi. Bid saam met die Gees en die kerk van die eeue: “Amen! Kom, Here Jesus!”

  1. Jesus kom weer – Hemelvaart 21 Mei 18:30 – Openbaring 1
  2. Bly getrou – 24 Mei 09:00 – Openbaring 2
  3. Bekeer julle – 24 Mei 18:30 – Openbaring 3
  4. God se agenda vir die heelal en die sewe seëls – 25 Mei 18:30 – Openbaring 4-7
  5. God se agenda vir die kerk en die sewe trompette – 26 Mei 18:30 – Openbaring 8-11
  6. God beskerm sy kerk – 27 Mei 18:30 – Openbaring 12-15
  7. God bevry sy kerk met die sewe bakke – 28 Mei 18:30 – Openbaring 16-18
  8. Die bruilof van die Lam breek aan – 29 Mei 18:30 – Openbaring 19-20
  9. God skep hemel op aarde vir sy volk – Pinksterdag 31 Mei 18:30 – Openbaring 21-22
View all posts in this series

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (10)

  • Dankie Chris – ek gaan by julle Pinksterdiens inskakel. Is daar ‘n Link wat jy gaan stuur vir julle You tube kanaal?
    Ek is nou juis besig met Diploma studente van Veritas wat twee periokope uit Openbaring moet interpreteer (eksege doen) en sien dus met verwagting uit na jou Pinkster preke.

  • Sonja Lizemore

    Hallo Ds. Chris. Ek volg jou Bybelskool en ook Bybelstudie al vir n geruimde tyd en besef elke keer hoe min ek weet. Ek leer so baie met jou verduidelikings oor hoe ons iets moet intepreteer. In hierdie tyd sien ek met verwagting uit na die Pinkster preke. Ek is een van die mense wat voel dat dit alles werk van Satan is om ons weg te hou van kerk af, maar lag so lekker omdag hy nie met vandag se tegnologie reken gehou het nie. Nou is daar op YouTube, Facebook en Whats app soveel preke en gedagtes…. maar ek mis die saamkom en saam sing. Baie dankie weereens vir u werk om Die Woord vir ons te bring.

  • Goeie môre Ds.Chris. wil net asb hoor of daar n ander skakel is vir dag 2 van die Openbaring dienste. Ek sien dit nie.

    • Ek het die aantal dienste verminder na 9. Môre, Sondag, is daar nommer 2 om 09:00 en 3 om 18:30. Dan elke aand Maandag tot Vrydag om 18:30. Sluit af Sondag 31 Mei om 09:00 met nagmaal.

      • Baie dankie ds. Chris. Ook baie dankie vir die gratis boek wat u vir ons beskikbaar stel. Ek het dit geprint(hoop ek mag),want ek hou daarvan om aantekeninge te maak en terug te blaai. Seker nog n teken van uit die oudedoos. Hou van n boek. CUM het my gister ook laat weet dat my 12 klein profete binne dae by my sal wees. Het so lank gewag daarvoor.

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: