Skip to main content

Opsomming van Jesus se boodskap aan sy kerk

Jesus Christus se nalatenskap aan sy kerk is dat Hy in sy kerk teenwoordig is en bly.  Dit sien ’n mens in die wyse waarop Hy die sewe gemeentes wat in Openbaring 1-3 genoem word, en hulle leiers, begelei.  Hy maak daarom nie net bekend wat hierna gaan gebeur nie (Openb. 1), maar roep die kerk op om getrou te bly tot by sy Wederkoms (Openb. 2) en te alle tye te fokus op gemeenskap met Hom (Openb. 3).

In sy boodskap aan die sewe gemeentes gee Hy vir die kerk van alle eeue sewe fokuspunte wat in verskillende situasies hulle gemeenskap met Hom kan verdiep en beskerm:

  • Herontdek julle eerste liefde” – die boodskap aan Efese as die entoesiasme en Gees-drif taan – 2:1-7
  • Bly getrou tot die dood toe” – die boodskap aan Smirna in tye van verdrukking – 2:8-11
  • Getroue bekeerlinge ontvang geestelike voedsel” – die boodskap aan Pergamum in tye van leerdwaling – 2:12-17
  • Hou vas aan die Seun van God tot met sy wederkoms” – die boodskap aan Tiatira in tye van lewenstyl kompromieë – 2:18-29
  • Skrik wakker en versterk dié wat oorbly” – die boodskap aan Sardis in tye van geestelike doodsheid – vers 1-6
  • Hou vas wat julle het, totdat Ek kom” – die boodskap aan Filadelfia in tye van beproewing – vers 7-13
  • Wees dan ywerig en bekeer jou” – die boodskap aan Laodisea in tye van geestelike armoede – vers 14-22
View all posts in this series

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar