Skip to main content

“Ek kom gou” – ‘n boek oor Openbaring deur Chris van Wyk

“Ek kom gou!” Dit is die boodskap van Jesus aan die kerk van alle eeue. Die seëls is gebreek. Die trompette blaas. Die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Die bruilofsfees van die Lam en sy bruid is op hande. Die nuwe hemel en aarde is byna voltooi. “Kyk, Ek kom gou!”

Gebruik hierdie boek van my om jou hierdie Pinkster in te studeer in die boodskap van Openbaring.

Laai dit hier af.

Jy is ook welkom om na my 9 eredienste op Youtube te luister wat grepe hieruit sal aanraak. Dit begin met Hemelvaart en eindig op Pinkstersondag. Die preke sal ook by NG Kerk Somerstrand se webtuiste verskyn.

Hier is die Inhoudsopgawe

Inleiding

  • Die Openbaring van Jesus Christus
  • Skrywer
  • Boodskap aan die eerste gemeentes
  • Boodskap aan alle gemeentes
  • Openbaring, profesie en brief
  • Struktuur
  • Verskillende interpretasies deur die eeue
  • Die struktuur van die sewe briewe in Openbaring 2-3
  • Hoe om Openbaring te lees

1. Jesus kom weer

  • ’n Openbaring deur Jesus Christus – Openbaring 1:1-3
  • Johannes se boodskap – Openbaring 1:4-5a
  • Lofprysing aan die Verlosser – Openbaring 1:5b-8
  • Johannes se visioen van Jesus Christus – Openbaring 1:9-20

2. Bly getrou

  • Die boodskap aan Efese: “Herontdek julle eerste liefde” – Openbaring 2:1-7
  • Die boodskap aan Smirna: “Bly getrou tot die dood toe” – Openbaring 2:8-11
  • Die boodskap aan Pergamum: “Stry teen valse leringe” – Openbaring 2:12-17
  • Die boodskap aan Tiatira: “Stry teen onsedelikheid” – Openbaring 2:18-29

3. Bekeer julle

  • Die boodskap aan Sardis – “Versterk die wat oor is” – Openbaring 3:1-6
  • Die boodskap aan Filadelfia – “Gaan deur die oop deur” – Openbaring 3:7-13
  • Die boodskap aan Laodisea – “Bekeer julle” – Openbaring 3:14-22

4. God se agenda vir die heelal en die sewe seëls

  • God word as Skepper in die hemelse troonsaal aanbid – Openbaring 4
  • Die Lam van God is waardig om God se agenda uit te voer – Openbaring 5
  • God se oordeel ontvou met sewe seëls – Openbaring 6
  • God se mense op aarde – Openbaring 7:1-8
  • God se mense in die hemel – Openbaring 7:9-17

5. God se agenda vir die kerk en die sewe trompette

  • Die eerste vier trompette van die sewende seël en ons gebede – Openbaring 8:1-13
  • Die vyfde trompet pynig die mense sonder God se seël – Openbaring 9:1-12
  • Die sesde trompet maak ’n derde van die mense dood – Openbaring 9:13-21
  • Die kerk verkondig die verlossende oordeel van God – Openbaring 10
  • Twee getuies – Openbaring 11:1-14
  • Die sewende trompet – Openbaring 11:15-19

6. God beskerm sy kerk

  • Die stryd van die geloofsgemeenskap met die draak – Openbaring 12:1-6
  • Die stryd tussen Migael en die draak in die hemel – Openbaring 12:7-12
  • Die draak se oorlog teen die geloofsgemeenskap op aarde – Openbaring 12:13-17
  • Die dier uit die see – die antichris – Openbaring 13:1-10
  • Die dier uit die aarde – die vals profeet – Openbaring 13:11-18
  • Die Lam vergader die kerk as sy eiendom – Openbaring 14:1-6
  • Die finale oordeel en verlossing word aangekondig – Openbaring 14:7-13
  • Die oes van gelowiges en ongelowiges word ingesamel – Openbaring 14:14-15:4

7. God bevry sy kerk met die sewe bakke

  • Die oordeel breek onafwendbaar aan – Openbaring 15:5-8
  • God se sewe bakke van oordeel vernietig Babilon – Openbaring 16
  • Die prostituut Babilon – Openbaring 17:1-6
  • Die betekenis van die vrou en die dier – Openbaring 17:7-18
  • Die oordeel oor Babilon bring bevryding vir die kerk – Openbaring 18:1-19:4

8. Die bruilof van die Lam breek aan

  • Die bruilofsfees van die Lam van God – Openbaring 19:5-10
  • Die Woord van God op sy wit perd oordeel regverdig – Openbaring 19:11-21
  • Die vasketting van Satan en die duisendjarige vrederyk – Openbaring 20:1-6
  • Die finale oorwinning oor die Satan – Openbaring 20:7-10
  • Die finale “wit-troon” oordeel en die Boek van die Lewe – Openbaring 20:11-15

9. God skep hemel op aarde vir sy volk

  • Die koms van die nuwe hemel en aarde – Openbaring 21:1
  • Die vestiging van die Nuwe Jerusalem – Openbaring 21:2-8
  • Die heerlikheid van die Nuwe Jerusalem – Openbaring 21:9-27
  • Die heerlikheid van God
  • Die heerlikheid van die nuwe stad Jerusalem
  • Water van lewe en genesing vloei uit die Nuwe Jerusalem – Openbaring 22:1-5
  • Die Here Jesus Christus kom verseker weer – Openbaring 22:6-21

Verwysings en verdere leeswerk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…