Skip to main content

Die “see van glas” soos kristal in Openbaring 4

Ek het ‘n navraag gekry oor die “see van glas” in Openbaring 4. Hier is ‘n kort antwoord.

In Openbaring simboliseer die “see” die magte van chaos. Jy kan dit sien in Openbaring 13:1 waar die dier uit die see (die Antichris wat chaos bring) voortkom, en in Openbaring 21:1 waar God die see, die chaos magte, laat verdwyn. Die “see van glas” in Openbaring 4:6 (sommige vertaal “see” hier met “ys” wat ‘n kristalagtige voorkoms aandui soos ‘n “gevriesde see”) dui dus moontlik op God se vermoë om chaos te bedwing en orde te bring. Die see is daarom “spieëlglad”. In God se teenwoordigheid het die chaos geen kans nie. Dws ook nie die duiwel en sy engele nie. ‘n Mens sien dit ook in Openbaring 15:2 waar die “see van glas” weer voorkom, maar dié keer gemeng met vuur wat God se oordeel voorstel. Maar, dit is ook die plek waarop dié wat oorwin het hulle plek inneem om met harpe die lied van van verlossing van Moses en die Lam te sing waarin hulle God se oorwinning oor die chaos loof. Wonderlike beelde. Dieselfde tipe beelde kom ook in die OT voor. Bv die deurskynende vloer onder God se voete wat van smarag gemaak is (Eks 24:10) wat in Esegiël 1:22 beskryf word as skitterblink soos kristal (dit kan ook met “ys” of “gevriesde water” vertaal word, wat ooreenkom met Openbaring 4:6 se “see van glas” of te wel, “gevriesde see”). Daar is dus nie plek vir chaos of boosheid op dié wonderbare platvorm voor God nie. Net sy mense kan daarop verskyn!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar