Skip to main content

Openbaring 16 – God se oordeel tref die hele kosmos en vernietig Rome

Hoofstuk 15 het die tafel gedek vir die verwerkliking van die sewe bakke van God se toorn wat nou deur die sewe engele vanuit God se teenwoordigheid in die hemelse tempel en volgens sy wil (tent van die getuienis) uitgegooi word op die aarde.

Waar die seëls ’n kwart van die aarde vernietig het en die trompette ’n derde, tref die bakke eintlik die hele kosmos – aarde, see, riviere, son (hitte en duisternis), eilande en berge sowel as die aardbewoners.  Weereens het die oordele van die bakke ooreenkomste met die plae in Egipte.

  1. Die eerste bak bring kwaadaardige en bose swere op die aarde en tref dié mense wat deur die bose driemanskap verlei is.  Dit kom ooreen met die sesde plaag van swere in Egipte.
  2. Die tweede bak gooi bloed soos van ’n lyk oor die see uit en tref al die lewende wesens in die see.  Dit kom ooreen met die eerste plaag, die Nyl wat in bloed verander het.
  3. Die derde bak verander die vars water in bloed.  Twee engele verklaar dat dit God se regverdigheid en betroubaar bevestig – bloed (in die drinkwater) vir bloed (van die heiliges en profete) word vergeld.  Dit kom ook ooreen met die eerste plaag, die Nyl wat in bloed verander het.
  4. Die vierde bak bring ’n versengende hitte van die son wat die mense geskroei het.  Tog het hulle voortgegaan om God te belaster sonder om tot bekering te kom.  Dit kom nie ooreen met ‘n spesifieke plaag in Egipte nie.
  5. Die vyfde bak bring duisternis vir die dier, die antichris (dit is die dier uit die see – vgl. vers 13 waar net dié dier as dier beskryf word en die dier uit die aarde as die vals profeet aangedui word), en ondraaglike pyn vir die mensdom. Nogtans het hulle nie tot bekering gekom nie.  Dit kom ooreen met die negende plaag in Egipte, duisternis.
  6. Die sesde bak droog die water van die Eufraatrivier op in voorbereiding vir die oorlog by Armageddon deur die besete konings van die hele bewoonde wêreld wat deur die drie demoniese geeste – hulle lyk soos paddas – van die bose driemanskap daar bymekaargebring word op die groot dag van God, die Almagtige.  Die gelowiges word tussendeur gewaarsku om gereed te wees vir dié dag, omdat dit jou onverhoeds gaan betrap.  Dit kom ooreen met die tweede plaag in Egipte, paddas.
  7. Die sewende bak word in die lug uitgegooi en handel die oordeel af met ’n geweldige donderstorm met hael, weerlig, en op die koop toe ’n vernietigende aardbewing wat die groot stad – Babilon, d.i. Rome – ineen laat tuimel en die aarde gelykvee.  Selfs die eilande en berge verdwyn soos alles gelykgemaak word met die grond.  Steeds laster mense God en kom nie tot inkeer nie.  Die volgende twee hoofstukke sal verder uitbrei oor die oordeel van God op Babilon.  Dit kom ooreen met die sewende plaag in Egipte, haelstorms.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…