Openbaring 16 – God se oordeel tref die hele kosmos en vernietig Rome

Hoofstuk 15 het die tafel gedek vir die verwerkliking van die sewe bakke van God se toorn wat nou deur die sewe engele vanuit God se teenwoordigheid in die hemelse tempel en volgens sy wil (tent van die getuienis) uitgegooi word op die aarde.

Waar die seëls ’n kwart van die aarde vernietig het en die trompette ’n derde, tref die bakke eintlik die hele kosmos – aarde, see, riviere, son (hitte en duisternis), eilande en berge sowel as die aardbewoners.  Weereens het die oordele van die bakke ooreenkomste met die plae in Egipte.

  1. Die eerste bak bring kwaadaardige en bose swere op die aarde en tref dié mense wat deur die bose driemanskap verlei is.  Dit kom ooreen met die sesde plaag van swere in Egipte.
  2. Die tweede bak gooi bloed soos van ’n lyk oor die see uit en tref al die lewende wesens in die see.  Dit kom ooreen met die eerste plaag, die Nyl wat in bloed verander het.
  3. Die derde bak verander die vars water in bloed.  Twee engele verklaar dat dit God se regverdigheid en betroubaar bevestig – bloed (in die drinkwater) vir bloed (van die heiliges en profete) word vergeld.  Dit kom ook ooreen met die eerste plaag, die Nyl wat in bloed verander het.
  4. Die vierde bak bring ’n versengende hitte van die son wat die mense geskroei het.  Tog het hulle voortgegaan om God te belaster sonder om tot bekering te kom.  Dit kom nie ooreen met ‘n spesifieke plaag in Egipte nie.
  5. Die vyfde bak bring duisternis vir die dier, die antichris (dit is die dier uit die see – vgl. vers 13 waar net dié dier as dier beskryf word en die dier uit die aarde as die vals profeet aangedui word), en ondraaglike pyn vir die mensdom. Nogtans het hulle nie tot bekering gekom nie.  Dit kom ooreen met die negende plaag in Egipte, duisternis.
  6. Die sesde bak droog die water van die Eufraatrivier op in voorbereiding vir die oorlog by Armageddon deur die besete konings van die hele bewoonde wêreld wat deur die drie demoniese geeste – hulle lyk soos paddas – van die bose driemanskap daar bymekaargebring word op die groot dag van God, die Almagtige.  Die gelowiges word tussendeur gewaarsku om gereed te wees vir dié dag, omdat dit jou onverhoeds gaan betrap.  Dit kom ooreen met die tweede plaag in Egipte, paddas.
  7. Die sewende bak word in die lug uitgegooi en handel die oordeel af met ’n geweldige donderstorm met hael, weerlig, en op die koop toe ’n vernietigende aardbewing wat die groot stad – Babilon, d.i. Rome – ineen laat tuimel en die aarde gelykvee.  Selfs die eilande en berge verdwyn soos alles gelykgemaak word met die grond.  Steeds laster mense God en kom nie tot inkeer nie.  Die volgende twee hoofstukke sal verder uitbrei oor die oordeel van God op Babilon.  Dit kom ooreen met die sewende plaag in Egipte, haelstorms.
View all posts in this series

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: