Openbaring 17 – Die omvang van Rome se bose invloed op die nasies word ontbloot
God se oordeel oor Babilon, die een wat as die moeder van alle onsedelikheid geteken word, strek van hfst. 17:1-19:5. Dit brei aan die eenkant uit op die oordeel van die sewende goue bak waarmee God die aarde suiwer van haar invloed. Aan die ander kant maak haar vernietiging plek vir die bruilofsfees van die Lam (19:6 vv.), die vestiging van die koninkryk van die Lam op aarde deur die vernietiging van die antichris en valse profeet (19:11 vv.), die opstanding uit die dood (20:1 vv.), die finale oorwinning oor die Satan (20:7), die laaste oordeel 20:11), die aanbreek van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde (21:1 vv.) en God wat in die nuwe Jerusalem sy intrek saam met die gelowiges neem (21:9 v.).
Hoofstuk 17 word in twee dele opgedeel. Die eerste deel, vers 1-6 skets die prostituut Babilon in grafiese detail. Die tweede deel, vers 7-18 lê die eerste deel se betekenis uit, amper soos Jesus gedoen het met die gelykenis van die Saaier – eers die gelykenis, dán die verklaring daarvan (Matt. 13). Hoofstuk 18 tot 19:5 handel oor haar vernietiging.
Die prostituut Babilon – vers 1-6
Die eerste prentjie wat vir ons van Babilon, d.w.s. Rome, geteken word, is dié van ’n prostituut wat by baie waters bly en met die konings van die aarde onsedelik verkeer en ’n groot bedwelmende effek op die mensdom het. In die tweede prentjie sit sy kleurryk op ’n godslasterlike helderrooi dier met sewe koppe en tien horings in die woestyn. Nie net word sy as fundamenteel onrein en onsedelik geteken nie, maar rig sy groot verwoesting aan onder gelowiges.
Die betekenis van die vrou en die dier – vers 7-18
Die betekenis van die simboliek van die eerste deel van hoofstuk 17 word vervolgens uitgespel.
- Die dier is die antichris wat spottenderwys vergelyk word met Christus. Anders as Christus wat is en was en kom, is die antichris een wat was, maar nou nie meer is nie en wel weer kom, maar om onder te gaan. Sy ondergang sal die hele wêreld verras.
- Die sewe koppe van die dier staan vir die sewe berge van Rome asook vir sewe konings of keisers van Rome, hetsy werklik of simbolies bedoel. Dit staan vir die politiese mag wat hulle uitgeoefen het en wat wel êrens tot niet sal gaan.
- Die tien horings staan ook vir tien konings wat aanvanklik deel van die Romeinse ryk was, maar dan in opstand kom en hulle eie politiese mag vestig. Hulle span saam teen die Lam, maar word deur Hom oorwin.
- Die waters is ‘n simbool vir die nasies wat in die proses sal ly.
View all posts in this series
- Die Openbaring aan Johannes – Jesus Christus se testament en agenda - September 9, 2013
- Inleiding op Openbaring - October 16, 2013
- Openbaring 1 – Jesus Christus maak bekend wat hierna gaan gebeur - October 17, 2013
- Openbaring 2 – Bly getrou tot by die Wederkoms - October 18, 2013
- Openbaring 3 – Fokus op gemeenskap met Jesus - October 21, 2013
- Opsomming van Jesus se boodskap aan sy kerk
- Openbaring 4 – God word as Skepper in die hemelse troonsaal aanbid - October 22, 2013
- Openbaring 5 – Die Lam van God is waardig om God se agenda uit te voer - October 23, 2013
- Openbaring 6 – God se oordeel ontvou met ses seëls - October 24, 2013
- Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskap - October 25, 2013
- Openbaring 8 – God hoor die gebede van die heiliges en verskerp sy verlossende oordeel - October 28, 2013
- Openbaring 9 – God se oordeel bring nie die mense tot bekering nie - October 29, 2013
- Openbaring 10 – Die kerk het die taak om die verlossing en die oordeel van God te verkondig - October 30, 2013
- Openbaring 11 – God beskerm sy mense en vestig sy heerskappy deur hulle getuienis - October 31, 2013
- Openbaring 12 – God beskerm sy kerk teen alle aanslae van die draak - November 1, 2013
- Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloof - November 4, 2013
- Openbaring 14 – Die oes van gelowiges en ongelowiges word ingesamel - November 5, 2013
- Openbaring 15 – Die oordeel breek onafwendbaar aan - November 6, 2013
- Openbaring 16 – God se oordeel tref die hele kosmos en vernietig Rome - November 7, 2013
- Openbaring 17 – Die omvang van Rome se bose invloed op die nasies word ontbloot - November 8, 2013
- Openbaring 18 – Die oordeel oor Babilon-Rome bring bevryding vir die kerk van die eeue - November 11, 2013
- Openbaring 19 – Gelowiges jubel oor die bruilofsfees van die Lam en God se regverdige oordeel en uitwissing van die Bose - November 12, 2013
- Openbaring 20 – Die oordeel oor die Satan baan die weg vir die bekendmaking van die mense in die Boek van die Lewe - November 13, 2013
- Openbaring 21 – God skep hemel op aarde vir sy volk, die Nuwe Jerusalem - November 14, 2013
- Openbaring 22 – God bring lewe en genesing – Die Here Jesus is op pad terug - November 15, 2013
- Opsomming van die boodskap van Openbaring
- Gemeentes in die weegskaal - July 29, 2019
- Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” - May 8, 2020
- “Ek kom gou” – ‘n boek oor Openbaring deur Chris van Wyk - May 14, 2020
- Die “see van glas” soos kristal in Openbaring 4 - April 30, 2022