Skip to main content

Openbaring 14 – Die oes van gelowiges en ongelowiges word ingesamel

Die hoofstuk skets aan die eenkant die wonderlike toekoms van die gelowiges wat aan God getrou bly, sowel as aan die ander kant die afgryslike toekoms van die ongelowiges wat nie met ontsag vir God gelewe het nie en eerder die dier en sy beeld aanbid het.

Die hoofstuk word in drie dele opgedeel:

  • Die Lam vergader die kerk as sy eiendom – 14:1-6
  • Die finale oordeel en verlossing word aangekondig – 14:7-13
  • Die oes van gelowiges en ongelowiges word ingesamel – 14:14-20

Die Lam vergader die kerk as sy eiendom – 14:1-6

Die 144 000 mense op Sionsberg is weereens, soos in hfst. 7, ’n simbool van die volk van God, wat hierdie keer in terme van hulle militêre gereedheid geteken word deur na hulle as mans te verwys wat kuis gebly het ter wille van die stryd waarin hulle gewikkel is.  Dit is net ’n metafoor wat dui op die hele kerk, mans en vrouens, wat op onberispelike wyse aan die Here Jesus getrou gebly het in die geloofstryd.  Hulle sing ’n nuwe lied as die eiendom van die Lam in die teenwoordigheid van die vier lewende wesens en die 24 ouderlinge in die hemel.

Waar die vorige tekening van die 144 000 na gelowiges verwys het wat nog midde-in die stryd op aarde is, word hulle hierdie keer as in die teenwoordigheid van die Here self en die ander hemelse wesens geteken.  Daarmee dra dit die boodskap dat God in staat is om elkeen wat Hy gemerk het as sy eiendom, te bewaar vir die ewige heerlikheid.

Die finale oordeel en verlossing word aangekondig – 14:7-13

Die drie engele wat in hierdie perikoop die oordeel en verlossing wat God bring, aankondig, doen dit waarskynlik met die hoop op ’n moontlike inkeer van sommige, hoewel dit tog lyk asof die hoop beskaam.  Die eerste engel verkondig die aanbidding van God as die Skepper.  Die tweede engel verkondig die val van Babilon (Rome – vgl. 1 Pet. 5:13 waar Rome direk só genoem word).  Die derde engel verkondig die oordeel oor dié ongelowiges wat volhard in die aanbidding van die dier en sy beeld.

’n Grusame prentjie van foltering word aan die ongelowiges voorgehou, interessant genoeg, as waarskuwing vir die gelowiges om te bly volhard in die geloof en gehoorsaamheid.  Die Gees roep oor dié gelowiges ’n seënbede uit van ewige rus.

Die oes van gelowiges en ongelowiges word ingesamel – 14:14-20

In lyn met die vorige perikoop is daar twee oeste, die graanoes (14:14-16) en die druiwe-oes (14:17-20).

  • Die graanoes kan met die gelowiges wat oorgebly het op die aarde verbind word en word deur die Here Jesus self ingebring, een soos ’n Seun van die Mens (vgl. Daniël 7:13).
  • Die druiwe-oes kan met die ongelowiges verbind word wat deur die engel met die skerp sekel afgesny word en in die groot druiwepers van God se toorn gegooi word.

Terloops – die vertaling “1 600 km” is waarskynlik eintlik net 296 km, omdat die Griekse woordjie stadios wat hier gebruik word ongeveer 185 meter lank is (1 600 stadioi [meervoud van stadios] is daarom min of meer 296 km).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…