Skip to main content

Openbaring 18 – Die oordeel oor Babilon-Rome bring bevryding vir die kerk van die eeue

Openbaring 18 gee nou sewe uitvloeisels weer van die oordeelsaankondiging van hoofstuk 17, ’n uitvloeisel van God se woorde oor Babilon-Rome – die verpersoonliking van die politieke en ekonomiese mag wat met godsdienstige begronding mense regoor die wêreld in hulle gemeenskapslewe beïnvloed het – wat nou hulle volledige doel bereik (17:17).

  1. Vers 1-3: ’n Sterk magtige en helder-skynende engel kondig die lot van Babilon-Rome aan, dat sy ’n demoniese skuilplek vir alles wat onrein is, geword het, omdat sy die nasies, konings en handelaars tot afgodery en afvalligheid mislei het.  Haar invloed was destruktief oor ’n wye gebied: die gemeenskapslewe, die politieke lewe sowel as die ekonomiese lewe.
  2. Vers 4-8: ’n Ander stem, waarskynlik dié van God self of van die Lam, waarsku die Gods volk om niks met haar te doene te hê nie, sodat hulle nie ly onder haar oordeelslot nie.  God bewys deur sy oordeel oor haar dat Hy regverdig is, deur haar dubbel en dwars vir haar onreg te vergeld.  Ten spyte van die feit dat sy die naderende oordeel ontken, is haar val seker en onafwendbaar, omdat dit van God af kom.  Let op die implisiete vergelyking met die toring van Babel (Gen. 11) waar die nasies probeer het om met hulle bouwerk die hemel te bereik.  Hier is dit die sonde van die godsdienstig-polities-ekonomiese teenstand teen God wat opgehoop is tot aan die hemel!
  3. Vers 9-10: Die oordeel oor die politieke-ekonomiese-godsdienstige mag van Rome verstom die konings van die aarde.
  4. Vers 11-14: Die handelaars van die aarde treur oor haar, maar – soos ’n mens so verwag – veral oor die effek op die uitgebreide voordeel  wat hulle self uit die handel met haar weelde en luukshede kon trek.  ’n Wye reeks kosbaarhede word genoem, waaronder ook die slawe- en mensehandel gelys word.  ’n Soortgelyke lys kom ook in Esegiël 27 voor.
  5. Vers 15-17: Die handelaars van hierdie dinge treur vêrder oor haar lot wat so vinnig en onverwags in onheil en oordeel verander het.
  6. Vers 18-20: Die hele verspreidingsnetwerk  – elke stuurman, matroos en ander personeel van die skeepsindustrie – rou oor haar, maar interessant genoeg, gee tog ook erkenning aan die feit dat dit God is wat hiermee sy oordeel oor haar voltrek het.  Hulle moedig dié wat in God se teenwoordigheid is en lewe: “Juig oor haar, hemel, heiliges, apostels en profete.”  Die heiliges kan met die kerk van alle eeue verbind word, die apostels met die kerk van die NT en die profete met die kerk van die OT.
  7. Vers 21-24 – Een van die “sterk engele” gooi laastens ’n groot maalklip  – een van die klippe wat deur donkies in die rondte getrek is om meel te maal (Du Rand) – in die see as simbool daarvan dat die groot stad Babilon-Rome neergegooi sal word en sal verdwyn soos ’n klip in die see.  Daarmee is alle lewe uit haar gepers – geen musiekspelers, geen werkers, geen produkte, geen beduidenis van lewe, geen vreugde van menslike gemeenskap sal ooit weer in haar gehoor of gesien word nie.  Die rede vir haar oordeel word uitgespel.  Sy was die setel van die magtige sakelui van die aarde, maar sy het die profete (God se verteenwoordigers) en heiliges (God se mense) uitgewis en sommer op die koop toe ’n hele spul ander doodgewone mense op die aarde.  Daarvoor word sy gestraf.

Dit dek die tafel vir die drie Hallelujas wat in hoofstuk 19:1-5 aangehef sal word, waarna die bruilof van die Lam sal aanbreek, juis met dié kinders van God wat deur die politiese en ekonomiese sisteme van die wêreld verguis is.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…