Skip to main content

Openbaring 18 – Die oordeel oor Babilon-Rome bring bevryding vir die kerk van die eeue

Openbaring 18 gee nou sewe uitvloeisels weer van die oordeelsaankondiging van hoofstuk 17, ’n uitvloeisel van God se woorde oor Babilon-Rome – die verpersoonliking van die politieke en ekonomiese mag wat met godsdienstige begronding mense regoor die wêreld in hulle gemeenskapslewe beïnvloed het – wat nou hulle volledige doel bereik (17:17).

  1. Vers 1-3: ’n Sterk magtige en helder-skynende engel kondig die lot van Babilon-Rome aan, dat sy ’n demoniese skuilplek vir alles wat onrein is, geword het, omdat sy die nasies, konings en handelaars tot afgodery en afvalligheid mislei het.  Haar invloed was destruktief oor ’n wye gebied: die gemeenskapslewe, die politieke lewe sowel as die ekonomiese lewe.
  2. Vers 4-8: ’n Ander stem, waarskynlik dié van God self of van die Lam, waarsku die Gods volk om niks met haar te doene te hê nie, sodat hulle nie ly onder haar oordeelslot nie.  God bewys deur sy oordeel oor haar dat Hy regverdig is, deur haar dubbel en dwars vir haar onreg te vergeld.  Ten spyte van die feit dat sy die naderende oordeel ontken, is haar val seker en onafwendbaar, omdat dit van God af kom.  Let op die implisiete vergelyking met die toring van Babel (Gen. 11) waar die nasies probeer het om met hulle bouwerk die hemel te bereik.  Hier is dit die sonde van die godsdienstig-polities-ekonomiese teenstand teen God wat opgehoop is tot aan die hemel!
  3. Vers 9-10: Die oordeel oor die politieke-ekonomiese-godsdienstige mag van Rome verstom die konings van die aarde.
  4. Vers 11-14: Die handelaars van die aarde treur oor haar, maar – soos ’n mens so verwag – veral oor die effek op die uitgebreide voordeel  wat hulle self uit die handel met haar weelde en luukshede kon trek.  ’n Wye reeks kosbaarhede word genoem, waaronder ook die slawe- en mensehandel gelys word.  ’n Soortgelyke lys kom ook in Esegiël 27 voor.
  5. Vers 15-17: Die handelaars van hierdie dinge treur vêrder oor haar lot wat so vinnig en onverwags in onheil en oordeel verander het.
  6. Vers 18-20: Die hele verspreidingsnetwerk  – elke stuurman, matroos en ander personeel van die skeepsindustrie – rou oor haar, maar interessant genoeg, gee tog ook erkenning aan die feit dat dit God is wat hiermee sy oordeel oor haar voltrek het.  Hulle moedig dié wat in God se teenwoordigheid is en lewe: “Juig oor haar, hemel, heiliges, apostels en profete.”  Die heiliges kan met die kerk van alle eeue verbind word, die apostels met die kerk van die NT en die profete met die kerk van die OT.
  7. Vers 21-24 – Een van die “sterk engele” gooi laastens ’n groot maalklip  – een van die klippe wat deur donkies in die rondte getrek is om meel te maal (Du Rand) – in die see as simbool daarvan dat die groot stad Babilon-Rome neergegooi sal word en sal verdwyn soos ’n klip in die see.  Daarmee is alle lewe uit haar gepers – geen musiekspelers, geen werkers, geen produkte, geen beduidenis van lewe, geen vreugde van menslike gemeenskap sal ooit weer in haar gehoor of gesien word nie.  Die rede vir haar oordeel word uitgespel.  Sy was die setel van die magtige sakelui van die aarde, maar sy het die profete (God se verteenwoordigers) en heiliges (God se mense) uitgewis en sommer op die koop toe ’n hele spul ander doodgewone mense op die aarde.  Daarvoor word sy gestraf.

Dit dek die tafel vir die drie Hallelujas wat in hoofstuk 19:1-5 aangehef sal word, waarna die bruilof van die Lam sal aanbreek, juis met dié kinders van God wat deur die politiese en ekonomiese sisteme van die wêreld verguis is.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Welkom, stuur sommer vir my die aangepaste een ook, asb. Laai dit hier af:Eenjaar Bybellees program 2020
  • Elmarie Allies on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
  • Chris van Wyk on SpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
  • Retha Roux on SpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
  • Chris van Wyk on Psalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
  • Japie Martin on Psalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
  • Chris van Wyk on Genesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
  • Louis Scheun on Genesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏