Opsomming van die boodskap van Openbaring

Ek het tyd geneem om ’n prentjie van die hele boodskap van Openbaring op ’n kernagtige manier op te som.  Hier is my poging – met al sy gebreke – om as ’n raamwerk te dien, waarbinne ’n mens jou eie verstaan van die boek kan vorm.

Boodskap aan die kerk – Openbaring 1-3

  • Skep moed uit die visie op Jesus Christus en sy agenda vir die wêreld – hfst 1
  • Bly te alle tye aan Hom getrou – Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira – hfst 2
  • Fokus op die gemeenskap met die Here Jesus – Sardis, Filadelphia, Laodisea – hfst 3

Verlossing van die heelal – Openbaring 4-11

  • Word geïnspireer deur die Hemelse erediens wat alles begin – hfst 4
  • Word geënergeer deur die Lam wat die Boekrol van God se agenda vir die wêreld opneem – hfst 5
  • Sien raak hoe die eerste ses seëls van die boek die selfvernietigende oordeel deur oorloë, konflik, hongersnood, vervolging en kosmiese ontwrigting in die heelal beskryf – hfst 6
  • Word bemoedig deur die feit dat God die kerk op aarde en in die hemel beskerm hiervan – hfst 7
  • Sien raak dat God gebede hoor en dit gebruik in sy verlossende oordeel van die sewende seël met sy sewe trompette – hfst 8
  • Sien raak hoe die eerste ses trompette die natuur, die leefwêreld en die ongelowige mensdom tref – hfst 8-9
  • Raak betrokke by God se verlossingsplan wat hy in dié tyd uitwerk deur die kerk (boekrolletjie) – hfst 10
  • Word bemoedig deur die feit dat God steeds die kerk beskerm en sy heerskappy vestig deur ons getuienis (twee getuies) – hfst 11
  • Skep moed dat die sewende trompet uiteindelik blaas  en dat God se koninkryk sigbaar word – hfst 11

Verlossing van die mensdom – Openbaring 12-22

  • Skep moed uit die feit dat God Sy Seun en die kerk beskerm teen alle aanslae van die Satan in die hemel en op aarde – hfst 12
  • Raak bewus van die insig wat God ons gee in die planne van die Bose driemanskap (Satan, antichris, valse profeet) sodat julle kan volhard in geloof – hfst 13
  • Wees intens bewus van die feit dat die oes van gelowiges (graan) en ongelowiges (druiwe) tans ingesamel word – hfst 14
  • Weet dat die oordeel onafwendbaar gaan aanbreek – hfst 15
  • Sien raak hoe God se oordeel in sewe bakke die hele kosmos gaan tref en Babilon, die sentrum van politieke, ekonomiese en godsdienstige teenstand, sal vernietig – hfst 16-18
  • Juig saam met alle gelowiges oor die bruilofsfees van die Lam wat sal aanbreek en die vernietiging van die antichris en die valse profeet sal beteken – hfst 19
  • Wees bly dat die Satan geoordeel sal word, dat die 1000 jaar van vrede sal aanbreek en die kinders van God bekend gemaak sal word aan die wêreld – hfst 20
  • Fokus op die visie van God wat hemel op aarde sal skep vir sy volk, die Nuwe Jerusalem – hfst 21
  • Luister na die Here Jesus Christus wat ons verseker dat Hy spoedig weer sal kom en ons aanmoedig  om vas te hou aan sy woorde – hfst 22
View all posts in this series

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (8)

  • Openbaring1 .Ek sal dit waardeer as u vir my kan help met die betekenis van die vewysings na dit wat Johannes gesien het vanaf vers 13. Die lang kleed, goud geborduurde band, hoog om sy bors en nie meer om sy heupe nie, hare op Sy kop en die voete soos geelkoper, Sy stem? Byvoorbaat baie dankie. Cobus van Bloemfontein.

    • Johannes beskryf hier wat hy gesien het.

      1. In die eerste plek is dit dus ‘n aanduiding van die werklikheid van sy Openbaring.
      2. In die tweede plek is dit ‘n aanduiding van die majesteit en glorie van Jesus as die Seun van die mens. Daarom is daar ooreenkomste met die beskrywing van die Seun van die mens in Daniël 7:13-14. Jesus het immers dit van Homself gesê dat Hy die Seun van die mens is (Matt. 9:6; 10:23; 11:19).
      3. In die derde plek is dit ‘n aanduiding van Jesus se goddelikheid, omdat Hy ook eienskappe deel met die “Oue van dae”, God self, soos ons dit in Daniël 7:9-10 aantref.
      4. ‘n Mens kan in die vierde plek ook ooreenkomste sien met die kleed van die hoëpriester in Levitikus 28 wat ‘n aanduiding is daarvan dat Jesus nou die Middelaar tussen God en mens is.
      5. In die vyfde plek is daar ooreenkomste met die voorkoms van die engel van Daniël 10:5-6. Die visioen beteken dus ook dat Jesus ‘n hemelse gestalte het benewens sy aardse een.
  • Hi Ds. Chris,

    Baie dankie vir al die wonderlike inligting! Ek wil graag hoor of daar ‘n studie is oor die
    wederkoms?

    • Hi Ria. Nog nie, behalwe dit wat ek hier in Openbaring en in die profetiese rede van Matteus (en die ander plekke in die evangelies) en in Paulus se briewe aan die Tessalonisense kwytgeraak het. Jy sal dit daar kan opspoor.

  • Estella Steenkamp

    Baie dankie vir die bostaande inligting ek het alreeds kennis gemaak met u skrywe oor homoseksualiteit. Ek moet se ek dink nie dit moet gaan oor homoseksualiteit as sulks nie maar oor die geweldige sonde dat gewone mense wat dink hulle is so slim die woorde wat God duidelik se dit is sonde wil verander na nie sonde. Dat hulle self werktuie van satan is want God se in sy woord dat Hy hulle wat enige iets verander aan sy woord gaan straf. Ek vind mens kan romeine 1 oor en oor lees. Ons is natuurlik almal tot die dood toe skuldig maar ons neem God se vergifnis aan en Hy begin n werk in ons en ons begin vrugte dra baie klein en min aan die begin vir sommiges van ons maar Sy genade is so groot

  • Naand Ds. Ek wil graag weet of ek die materiaal mag gebruik vir my studies. Ek is n derde jaar teologiese student en is tans besig met n taak oor die boek openbaring. Nicolene

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: