Skip to main content

Opsomming van die boodskap van Openbaring

Ek het tyd geneem om ’n prentjie van die hele boodskap van Openbaring op ’n kernagtige manier op te som.  Hier is my poging – met al sy gebreke – om as ’n raamwerk te dien, waarbinne ’n mens jou eie verstaan van die boek kan vorm.

Boodskap aan die kerk – Openbaring 1-3

  • Skep moed uit die visie op Jesus Christus en sy agenda vir die wêreld – hfst 1
  • Bly te alle tye aan Hom getrou – Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira – hfst 2
  • Fokus op die gemeenskap met die Here Jesus – Sardis, Filadelphia, Laodisea – hfst 3

Verlossing van die heelal – Openbaring 4-11

  • Word geïnspireer deur die Hemelse erediens wat alles begin – hfst 4
  • Word geënergeer deur die Lam wat die Boekrol van God se agenda vir die wêreld opneem – hfst 5
  • Sien raak hoe die eerste ses seëls van die boek die selfvernietigende oordeel deur oorloë, konflik, hongersnood, vervolging en kosmiese ontwrigting in die heelal beskryf – hfst 6
  • Word bemoedig deur die feit dat God die kerk op aarde en in die hemel beskerm hiervan – hfst 7
  • Sien raak dat God gebede hoor en dit gebruik in sy verlossende oordeel van die sewende seël met sy sewe trompette – hfst 8
  • Sien raak hoe die eerste ses trompette die natuur, die leefwêreld en die ongelowige mensdom tref – hfst 8-9
  • Raak betrokke by God se verlossingsplan wat hy in dié tyd uitwerk deur die kerk (boekrolletjie) – hfst 10
  • Word bemoedig deur die feit dat God steeds die kerk beskerm en sy heerskappy vestig deur ons getuienis (twee getuies) – hfst 11
  • Skep moed dat die sewende trompet uiteindelik blaas  en dat God se koninkryk sigbaar word – hfst 11

Verlossing van die mensdom – Openbaring 12-22

  • Skep moed uit die feit dat God Sy Seun en die kerk beskerm teen alle aanslae van die Satan in die hemel en op aarde – hfst 12
  • Raak bewus van die insig wat God ons gee in die planne van die Bose driemanskap (Satan, antichris, valse profeet) sodat julle kan volhard in geloof – hfst 13
  • Wees intens bewus van die feit dat die oes van gelowiges (graan) en ongelowiges (druiwe) tans ingesamel word – hfst 14
  • Weet dat die oordeel onafwendbaar gaan aanbreek – hfst 15
  • Sien raak hoe God se oordeel in sewe bakke die hele kosmos gaan tref en Babilon, die sentrum van politieke, ekonomiese en godsdienstige teenstand, sal vernietig – hfst 16-18
  • Juig saam met alle gelowiges oor die bruilofsfees van die Lam wat sal aanbreek en die vernietiging van die antichris en die valse profeet sal beteken – hfst 19
  • Wees bly dat die Satan geoordeel sal word, dat die 1000 jaar van vrede sal aanbreek en die kinders van God bekend gemaak sal word aan die wêreld – hfst 20
  • Fokus op die visie van God wat hemel op aarde sal skep vir sy volk, die Nuwe Jerusalem – hfst 21
  • Luister na die Here Jesus Christus wat ons verseker dat Hy spoedig weer sal kom en ons aanmoedig  om vas te hou aan sy woorde – hfst 22
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…