Skip to main content

Openbaring 19 – Gelowiges jubel oor die bruilofsfees van die Lam en God se regverdige oordeel en uitwissing van die Bose

Hierdie hoofstuk kondig die volgende gebeurtenisse aan:

  1. die jubellied van die groot skare in die hemel – in drie grootse Hallelujas – oor God se regverdige verbreking van die mag van die “groot prostituut”, Babilon-Rome, in al sy historiese verskynings – vers 1-5,
  2. die bruilofsfees van die Lam van God waarmee Hy sy volle koningskap opneem en sy bruid, die kerk, haar gereedmaak om met Hom verenig te word  – vers 6-10
  3. die Woord van God op sy wit perd wat nie net regverdig sal oordeel nie, maar met die leërs van die hemel twee van die bose driemanskap (die antichris en die valse profeet) en hulle magte uitwis (die draak se uitwissing kom in die volgende hoofstuk) – vers 11-21.

Die jubellied van die groot skare in die hemel – vers 1-5

Dié lied herinner sterk aan die soortgelyke loflied in die hemelse erediens waarvan ons in hoofstuk 4-5 lees.  ’n Groot skare in die hemel besing God se regverdige verbreking van die mag van die “groot prostituut”, Babilon-Rome, in al sy historiese verskynings.  Met twee grootse Hallelujas beklemtoon hulle die verlossende oordeel van God, waarna daar ook nog ’n Halleluja weerklink van die 24 ouderlinge en die vier lewende wesens – die verteenwoordigers van God in die skepping, sowel as die skepping se verteenwoordiging by God – terwyl hulle God aanbid.

Die bruilofsfees van die Lam van God – vers 6-10

Die jubellied word aangevul met ’n opdrag om God te loof aan almal wat vir Hom ontsag het, die geringes en die magtiges (die kleineres en die grotes, soos die oorspronklike Grieks dit stel).  Die opdrag word met oorgawe in ’n volgende groot Halleluja uitgevoer waarin God se aanvaarding van die koningskap en die komende bruilof van die Lam geloof word.  Die bruid, die kerk, word toegelaat om haar gereed te maak vir die bruilof met wit klere as simbool van die regverdige dade van die heiliges.

Interessant, in die volgende sin, verskuif die metafoor na die bruilofsgaste wat uitgenooi word na die bruilofsfees, maar wat na alle waarskynlikheid op dieselfde geloofsgemeenskap dui wat ook die bruid van die Lam is.  Gelowiges is dus beide die bruid asook die genooide gaste.  Dit wys jou net weer hoe belangrik dit is om die breë prentjie van die simboliek ingedagte te hou en nie te verdwaal in die presiese detail van die beskrywings en metafore nie.  Die punt is dat die geloofsgemeenskap van die kerk en die Here Jesus sy toppunt bereik en die twee metafore dui die intimiteit en die eer van hierdie gemeenskap uit.

Die effek op Johannes is so groot dat hy neerval om die stem te aanbid, waarskynlik in die waan dat dit God self is, maar die stem sê dat hy eintlik net die aankondiger is en daarom nie aanbid mag word nie, omdat net God dit werd is soos bevestig in die getuienis van Jesus.  Hierdie getuienis is waarskynlik deel van die regverdige dade van die heiliges, soos vroeër in die hoofstuk vermeld.

Die Woord van God op sy wit perd oordeel regverdig en wis die magte uit – vers 11-21

Jesus Christus word in die volgende gedeelte voorgestel – met beskrywings wat herinner aan Openb. 1 – as beide die Regter wat regverdig oordeel en die Krygsheer wat die oorlog teen die Bose aanvoer.  Sy karakter word beskryf as een wat getrou is en ook een wat die waarheid lief het.  Sy naam word op verskillende wyses beskryf, maar die belangrike een is dat Hy die Woord van God genoem word, waarmee duidelik na Jesus Christus verwys word, soos alreeds in die Johannes evangelie aangetoon is (Joh. 1).

Hy lei die leërs van die hemel in ’n groot oorlog op wit perde om sy heerskappy te vestig wat ook deur oordeel tot stand gebring word.  ’n Baie besondere engel – let op dat hy in die son staan! – kondig die vernietiging van die hele mensdom sonder God aan met die grusame beeld van ’n oproep aan die (aas)voëls van die hemel om aan die gesneuweldes in die oorlog te kom peusel.

Die magte van die antichris en die valse profeet word gebreek en hulle “is lewendig in die vuurpoel met brandende swael  gegooi.”  Die res van die mensdom het ook omgekom.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.