Prontuit die Waarheid – Week 48
In hierdie sessie gee ek die storielyn van Jesus tot dusver weer in ‘n kort 16 punt oorsig. Sy geboorteverhale tot by sy doop en versoeking. Sy aanvanklike bediening in Galilea tot by ekskursies na Tirus en Sidon, Dekapolis, Sesarea-Filippi terug tot in Kapernaum.
Ek het twee vrae gekry wat ek beantwoord:
• Hoekom was die dissipels bang om Jesus uit te vra oor sy dood?
• Hoe ontvang jy iemand in Jesus se Naam?
Ek bespreek Jesus se tweede aankondiging van sy dood en opstanding en sy lering dat grootheid in diens opgesluit lê.
Nakkie Bruwer
Ds baie dankie vir die videos. Ek geniet dit. Deesdae is almal behep met die eindtyd en die wegraping ens, ens. Praat asb met ons hieroor.
Groete vanuit Empangeni
Chris van Wyk
Dankie, Nakkie. Ek beplan ‘n reeks oor Openbaring vir Pinkster. Jy sal dit kan luister op NG Kerk Somerstrand se Youtube kanaal van Hemelvaart 21 April af. Ek sal ook ‘n boek oor Openbaring beskikbaar stel vir Bybelstudie daardie tyd. Ek sal dit hier op Bybelskool adverteer sowel as op NG Kerk Somerstrand se webtuiste.
Christa Marais
Dankie Chris vir die leersame skrywe. Vir my is die mooiste voorbeeld van nederigheid, die voete was van
Jesus. Dat ons so nederig moet wees, om mekaar se voete te was. Ek raak ook bewus dat Jesus by magte
is om enige iets te kan doen! Dankie dat jy nooit moeg word om ons so te leer nie!