Bybelskool oor Prediker en Hooglied
Bybelskool.com fokus in die tweede kwartaal op twee boeke in die Ou Testament: Prediker en Hooglied.
- Die Prediker was ‘n ontdekkingsreisiger wat die grense van die lewe getoets het en agter gekom het dat die triomf en tragedie van dié lewe nie genoeg is vir mense wat ‘n kapasiteit het vir die ewige lewe nie.
- Hooglied is ‘n digterlike kykie na hoe die liefdeskuns vir mans en vroue werk. Dit werk beide met die liefdesdrome wat ons oor mekaar het, sowel as met die werklikheid van daardie liefde. Die digter(es) kies vir persoonlike liefde, teenoor die praktyk van die harem van Salomo se tyd. En dit spel uit hoe ‘n mens lief kan wees, sonder om jouself te verloor.
Ons begin 11 April met ‘n inleiding op Prediker en lees dan die boek deur in die volgende 3 weke. Elke weeksdag lees ons saam ‘n perikoop en ek lewer kommentaar daarop by die webtuiste sowel as met ‘n e-pos aan geregistreerdes. Ons vervolg op 2 Mei met ‘n inleiding op Hooglied en lees die boek dan op dieselfde wyse deur in die volgende 2 weke tot 16 Mei net voor Pinkster 2012.
Jy is welkom om saam met ons op reis te gaan met Prediker en Hooglied. Registreer by bybelskool.com. Dit is gratis.
In die gemeente Somerstrand kom ons Woensdagaande bymekaar vir ‘n bespreking van die afgelope week se perikope, 18:30-19:30 vanaf 18 April tot en met 16 Mei. Die temas vir die eerste 5 weke se eredienste kom ook uit die 2 boeke. Kyk by ngkerksomerstrand.co.za.
Hier is die perikoop indeling met die datums waarop ons dit gaan lees:
Prediker
- Inleiding – 11 April
- 1:1-11 – 12 April
- 1:12-2:26 – 13 April
- 3:1-15 – 16 April
- 3:16-22 – 17 April
- 4:1-16 – 18 April
- 4:17-5:6 – 19 April
- 5:7-6:9 – 20 April
- 6:10-7:29 – 23 April
- 8:1-17 – 24 April
- 9:1-12 – 25 April
- 9:13-10:15 – 26 April
- 10:16-11:6 – 27 April
- 11:7-12:8 – 30 April
- 12:9-14 – 1 Mei
Hooglied
- Inleiding – 2 Mei
- 1:1-11 – 3 Mei
- 1:12-2:7 – 4 Mei
- 2:8-17 – 7 Mei
- 3:1-5 – 8 Mei
- 3:6-11 – 9 Mei
- 4:1-5:1 – 10 Mei
- 5:2-8 – 11 Mei
- 5:9-6:3 – 14 Mei
- 6:4-8:4 – 15 Mei
- 8:5-14 – 16 Mei
View all posts in this series
- Bybelskool oor Prediker en Hooglied - Apr 3, 2012
- Inleiding op Prediker - Apr 11, 2012
- Prediker 1:1-11 – Alles kom tot niks. Daar is niks blywends nie. - Apr 12, 2012
- Prediker 1:12-2:26 – Niks bevredig werklik nie, net gawes uit die hand van God - Apr 13, 2012
- Prediker 3:1-15 – Daar is nie blywende sin in die ritmes van die lewe nie - Apr 16, 2012
- Prediker 3:16-22 – Die sin van vreugde in jou werk - Apr 17, 2012
- Prediker 4:1-16 – Vennootskappe in vriendskappe en verhoudings het tog waarde - Apr 18, 2012
- Prediker 4:17-5:6 – Om met ontsag na God te luister - Apr 19, 2012
- Prediker 5:7-6:9 – Die soeke na welvaart - Apr 20, 2012
- Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking - Apr 23, 2012
- Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid - Apr 24, 2012
- Prediker 9:1-12 – Ontwikkel jou kapasiteit vir vreugde - Apr 25, 2012
- Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar - Apr 26, 2012
- Prediker 10:16-11:6 – Belê en bestee met oorleg - Apr 27, 2012
- Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae - Apr 30, 2012
- Prediker 12:9-14 – Rigting en vastigheid kom van God as die één Herder - May 1, 2012
- Inleiding op Hooglied - May 2, 2012
- Hooglied 1:1-11 – Passievolle plesier in saamwees - May 3, 2012
- Hooglied 1:12-2:7 – Wedersydse geborgenheid, tuiswees, bevestiging en opwinding - May 4, 2012
- Hooglied 2:8-17 – Bedwelming en beskerming in die liefde - May 7, 2012
- Hooglied 3:1-5 – Liefde kom tot sy reg binne families - May 8, 2012
- Hooglied 3:6-11 – Die huwelik is ryk aan betekenis - May 9, 2012
- Hooglied 4:1-5:1 – In die tuin van liefde - May 10, 2012
- Hooglied 5:2-8 – Verskillende behoeftes bring maklik verwydering - May 11, 2012
- Hooglied 5:9-6:3 – Die vreugde van vrywillige versoening - May 14, 2012
- Hooglied 6:4-8:4 – Verwonderde verrukking en verbeeldingryke verwagting - May 15, 2012
- Hooglied 8:5-14 – Die liefde is wederkerig en interafhanklik - May 16, 2012
- MENINGSOPNAME 2012
- Prediker – Lees, luister, leef – ePub - Oct 15, 2012
- Hooglied – Lees, luister, leef – ePub - Nov 5, 2012
- Moenie self-regverdigend of self-verskonend leef nie - Jun 21, 2018
sanet venter
Goei more,
Ek sal graag ook wil aansluit om meer te leer.
Dankie
Sanet Venter
Chris van Wyk
Hi Sanet. Welkom. Jy kan aansluit by hierdie skakel. Dan sal jy nuwe bydraes in jou Inbox ontvang. Jy kan enige van die Bybelboeke hierbo op jou eie deurwerk. Klik net op die skakel van die Bybelboek wat jy wil deurwerk en volg die skakels. Jy kan ook vrae vra as jy kommentaar lewer by die onderskeie bydraes. Groete, Chris.