Skip to main content

Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking

Vers 10-12 kan ook as ‘n skarnier gedeelte beskou word.  Dit sluit die vorige perikoop af waarin die Prediker die soeke na welvaart beskryf het.  Dit begin egter ook ‘n nuwe deel waar die soeke na selfverwesentliking beskryf word, en ‘n aantal feite, onveranderlikhede, maar hierdie keer bitter min vreugdes genoem word, behalwe die relatiewe waarde van wysheid, veral as dit met ‘n bietjie besit kan saamgaan!

6:10-12 – Wie weet wat vir die mens goed is?

Die mens se relatiewe onmag om iets aan sy lot te verander, word onomwonde gestel, veral in vergelyking met God en in terme van die wagtende dood.  “Wie weet wat vir die mens goed is …?

Wat goed is

Van die goeie goed wat die Prediker noem, waarin jy jouself kan vind, is die volgende:

  • ‘n Goeie naam, wat natuurlik eers na jou dood regtig ongeskonde kan wees – 7:1
  • Vermaning deur ‘n wyse – 7:5
  • ‘n Voltooide taak, want dit is beter as een wat pas begin is – 7:8
  • Geduld, want dis beter as hoogmoed – 7:8
  • Wysheid saam met besittings, want dit is ‘n baie groot voordeel – 7:11-12
  • Blydskap oor voorspoed sowel as aanvaarding van teëspoed wat ‘n wyse manier van lewe met erkenning van God se beheer is – 7:14
  • Wysheid, want dit is mag – 7:19

Wat sleg is

Van die slegte goed wat die Prediker noem, en wat jy moet vermy, is darenteen die volgende:

  • Afpersing, want dit laat mense dwaas optree – 7:7
  • Omkoopgeskenke, want dit vernietig goeie oordeel – 7:7
  • Om gou kwaad te word, want dit is dwaas – 7:9
  • Om die “ou dae” te verheerlik asof dit beter as die hede is … want dit is nie (die Prediker het dit eerste gesê!) – 7:10

Wat baie erg is

Van die slegte goed wat die Prediker noem, en wat net te erg vir woorde is, is die volgende:

  • Regverdiges wat onder gaan, al doen hulle reg – 7:15
  • Goddeloses wat ‘n lang lewe geniet, al doen hulle verkeerd – 7:15
  • Dat God die mense goed en opreg gemaak het, maar hulle hulle besig gehou het met allerlei slimmighede – ‘n baie ontstellende maar raak beskrywing van die menslike toestand – 7:29.

Daaroor kan ‘n mens eintlik maar net ween … en weereens vasgryp aan die Paasboodskap van Jesus Christus wat juis hiervoor gesterf en opgestaan het, om ons nuwe mense te maak!

Eerlikheid en verstandigheid

Die manier om sulke dinge te hanteer, veral as jy diep bewus raak van die wispelturigheid van die lewe, is om jou nie anders voor te doen as wat jy is nie.  Daar is in elk geval niemand wat net goed doen nie en nie sondig nie (7:20).  Maar, dit beteken darem ook om verseker nie aan te hou om verkeerd te doen nie (7:17)!  Dit is eintlik die diepste dwaasheid, sê die Prediker, om goddeloos en onverstandig op te tree (7:25), veral om jou deur bekoorlikheid te laat vang en met ongeoorloofde verbintenisse te sondig (7:26-27).

Erken God

Tussendeur is daar die werklikheid van God se teenwoordigheid, wat erken en in berekening gebring moet word:

  • God is sterker as ons, só om met Hom in ‘n stryd te raak – miskien dink hy aan persone soos Job in hierdie wêreld –  is van die begin af gedoem – 6:10.
  • Wat Hy krom maak, kan ons nie reguit maak nie – 7:13.
  • Die betekenis van wat gebeur, lê buite bereik, baie diep; wie kan dit vind – 7:23-24.

‘n Stukkie lewenswysheid:

  • Moenie jou steur aan alles wat gesê word nie … goeie raad – 7:21

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

eerlikheid, Prediker, selfverwesentliking, wysheid


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms