Prediker 1:12-2:26 – Niks bevredig werklik nie, net gawes uit die hand van God

Die Prediker beskryf in hierdie deel die harde werklikheid van die lewe aan die hand van twee persoonlike eksperimente (let op die “ek”-taal): ‘n lewe van plesier en vreugde, en ‘n lewe van wysheid versus dwaasheid.  Die eksperimente slaag egter nie die toets nie; Alles kom tot niks, hoewel hy afsluit met die klein sprankie hoop dat genot ‘n gawe uit God se hand kan wees.

Die lewe is ‘n harde werklikheid  – 1:12-18

Na die inleiding identifiseer die Prediker homself as ‘n koning van Israel in Jerusalem met die selfopgelegde missie om alles wat in hierdie wêreld gebeur te ondersoek en behoorlik te deurdink.

En sy oorwoë oordeel daaroor word sommer reg met die aanvang van sy skrywe gegee: “God het ‘n harde taak aan die mens gegee om hom mee besig te hou” (vers 13).  Daarmee sê hy natuurlik nie net iets oor God nie – dat Hy ‘n harde God is, wat eintlik onverstaanbaar is – en oor die menslike bestaan nie, maar ook dat sy eie ondersoek eintlik van God af kom.

Die rede vir sy oordeel is dat sy ondersoek hom tot net een konklusie gebring het: “Alles kom tot niks, dit is ‘n gejaag na wind” (vers 14).  Met ‘n spreuk gee hy een van sy onveranderlike lewensfeite weer: “Wat krom is, kan nie reguit word nie; wat nie daar is nie kan nie getel word nie” (vers 15).  “Life’s a corkscrew that can’t be straightened, A minus that won’t add up” (Peterson).

Selfs vir iemand met so ‘n groot intellek, ervaring en insig soos die Prediker, wat baie wysheid versamel het, is dié harde taak ‘n gejaag na wind.  Wysheid vra baie van ‘n mens, en kennis sluit nie net die goeie in nie, maar ook veral die smart van die wêreld.Die lewe is eintlik vervelig, want daar is niks nuuts nie.

Dit staan in skerp kontras met die boodskap van Paulus dat “alles ten goede meewerk vir dié wat God liefhet” in Romeine 8:26. Maar onthou dat Paulus dit vanuit sy geloof in Christus sê, wat sy ervaring van die werklikheid verander. Selfs die kwade en onverstaanbare kry sin en betekenis binne ‘n geloofsperspektief, waarin God se hand in die werklikheid raakgesien kan word. Omdat die Prediker egter net redelik kyk – in elk geval op dié punt in sy verhaal – maak dinge net nie vir hom sin nie; is die lewe vir hom ‘n baie harde werklikheid.

Dit laat my dink aan die woorde van Psalm 27:13 “As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie …!” Let op die geloofstaal!

‘n Lewe van plesier en vreugde – 2:1-16

Die Prediker beoordeel dan sy eerste groot eksperiment, om ‘n lewe van plesier en vreugde na te jaag, veral in die tot stand bring van groot goed waarin ‘n mens vreugde kan vind.

Dit is nie noodwendig oppervlakkig bedoel nie, ook nie dwaas nie.  Die Prediker gee hom oor aan plesier om die waarde daarvan te kan beoordeel, spesifiek in terme van wat dit oplewer, dws watter wins dit op die lange duur sal hê.

Terloops: vers 3 is effens moeilik om te verstaan. Die Prediker probeer die sin van ‘n oorgee aan wyn, wat eintlik dwaas is, agterkom, wat natuurlik die wyse manier is om dit te doen. Hoop dit maak sin!

Helaas, selfs plesier en vreugde in groot goed kom ook tot niks nie , is ook soos ‘n rookwalm wat deur die wind weggewaai word, ’n doodloopstraat. Dit geld groot ondernemings, huise, wingerde, tuine, parke, vrugteboorde, damme, ‘n groot arbeidsmag, baie beeste en kleinvee, silwer en goud, groot kore, baie meisies om die lewe mee te geniet, mag en rykdom.

Soos Peterson vertaal: “I never said no to myself. I gave in to every impulse, held back nothing. I sucked the marrow of pleasure out of every task—my reward to myself for a hard day’s work!”  Maar dit kom ook tot niks.

Hy het homself alles veroorloof, en kon dit met groot wysheid doen, maar uiteindelik moet egter hy van al die plesier en vreugde sê, ook dit bevredig nie op die lange duur nie. Dit alles kom ook tot niks. Dit is wonderlik terwyl jy daarmee besig is.  Sy eksperiment was dus eintlik suksesvol; dit het plesier gebring … maar dit het geen blywende waarde nie. Dit bring geen blywende bevrediging “onder die son” nie, soos vers 11 eintlik lui.

Wysheid versus dwaasheid as lewenstyl – 2:12-16

Na die eksperiment met vreugde fokus die Prediker op die relatiewe waarde van wysheid en dwaasheid as lewenstyl, die lig teenoor die duisternis, en hoewel wysheid en lig beter is in sy perspektief, kom dit uiteindelik albei ook tot niks. Albei word gou vergeet, die wyse en die dwase, en albei eindig in die dood.

Om die lewe te geniet as gawe van God – 2:17-26
Dit bring die Prediker by ‘n intense afkeer aan die lewe. Hy sê letterlik dat hy die lewe haat, veral omdat hy geen beheer oor sy nalatenskap sal en kan hê nie. Wat hom by die eerste verwoording bring van die insig dat om die lewe te (kan) geniet ten spyte van die sinloosheid van die einde daarvan, ‘n gawe uit die hand van God is.

God gee wysheid, kennis en blydskap aan dié met wie se lewens Hy tevrede is (onthou Rom 8:26!) en Hy weerhou dit van sondaars. Daar is dus by die Prediker ‘n sprankie hoop in die genot van die lewe as gawe van God, maar steeds oorhoofs die ervaring dat daar geen blywende sin “onder die son” is op die lange duur nie.

dwaasheid, gawes, geniet, Prediker, vreugde, wysheid


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Chris, help my bid saam met ‘n groep vriende… vir ‘n jong vriend wat 18/3 in ‘n tragiese paragliding ongelyk in die Magaliesberge was… Hy is sedertdien in ‘n koma… Hulle het die masjiene gister afgeskakel, maar hy het self begin asemhaal… Nog swak, maar self! Erge breinskade… Ek bid vir God se genade oor hierdie seun se lewe, sy ouers en familie…

  • Halo pastoor
    Wat is die betekenis van prediker 7:26
    Ek kry nie iets om dit oop te maak nie om nog beter te verstaan

    • Hi André, Prediker 7:26 lui: “En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang.” (1933/53-vertaling)

      Die Prediker som hier sy gevolgtrekkings op van sy soeke na wysheid in die sondigheid van die mens – die wysheid in sy goddeloosheid, dwaasheid en onverstandigheid (vgl vers 25).

      Die eerste gevolgtrekking is oor ‘n spesifieke tipe dwase vrou. Sy is bitterder as die dood (vgl Spr 5:4). Haar hele menswees is gemik daarop om ander tot ‘n val te bring. Sy is soos ‘n slagyster wat jou vasvang. Haar gedagtes (hart) is soos nette wat jou verstrik. Haar hande is soos kettings in die tronk wat jou vasbind. Dit is net God wat jou kan red van só ‘n vrou (óf ‘n vrou kan gee wat die radikaal teenoorgestelde is, soos die Prediker skryf in hoofstuk 9:9).

      Onthou dat die Prediker hier mense teken wat goddeloos, dwaas en onverstandig is. Hy praat nie hier oor regverdiges, mense wat die Here dien nie. Sondige mense word deur sulke vroue gevang. En, onthou, dwase mans doen nie veel beter as dwase vroue nie. Trouens, daar is net een regverdige man uit ‘n duisend (Pred 7:28). En dit is nie God se skuld nie. Hy het die mens reg geskape. Hulle het egter gekies om sy wil vir hulle lewe met allerhande slim planne – lees dwase dom planne – te ignoreer (Pred 7:29).

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: