Prediker 3:16-22 – Die sin van vreugde in jou werk
Die wanbalans tussen reg en onreg
Vers 16 begin ‘n nuwe oorsig (Verder …) waarin die Prediker die wanbalans tussen reg en onreg beskou en raaksien dat korrupsie baie keer die oorhand kry. Dit is iets waarop hy weer sal terugkom (5:7-8). Hoewel hy tog dink dat God in staat is om uiteindelik reg te laat geskied, gebeur dit ook op Sy tyd, en nie op die tyd wat ons dit verwag nie. Die wiele van geregtigheid draai dus stadig, hoewel dit ’n skrale troos is vir dié wat nie die voorreg beleef om die regstelling te sien nie. Die wanbalans tussen reg en onreg word dus meer op die langtermyn reggestel as op die kort- of mediumtermyn.
Almal het net een asem
Die gedagtes is erg versoberend en laat die Prediker besef dat die mens nie veel beter af is as die diere nie, dieselfde doodslot tref immers vir albei. Almal het net een asem! Trouens, net soseer soos die besef van die ewigheid in mense se harte is, die begeerte en behoefte aan God, is daar ook die besef van verganklikheid, die bewussyn van die afsnypunt van die dood. Dit is dus in die spanningslyn tussen die bewussyn van God en die bewussyn van die dood wat die menslike lewe sy moeisame loop neem.
Die sin van vreugde in jou werk
Die enigste sin word weereens gevind in die eenvoudige genot van waarmee jy daagliks besig is, al is die toekoms ‘n ondeurskynende gordyn en al is daar in jou ’n behoefte na dit wat ewig bly. Al kan ’n mens dus nie sien waarheen alles op pad is nie, en wat in die toekoms sal gebeur nie, is vreugde in jou werk ’n seën, ’n manier om sin in die ritme van die lewe te vind, al is dit steeds relatief en nie absoluut nie. Om die waarheid te sê, die eenvoudige genot van arbeid het die manier om jou in kontak met jou diepste self te bring, wat die verwagting na die ewigheid lewend hou – hoewel dié gedagte waarskynlik meer uit my NT-visie kom, dat om God te ken, en te ervaar, reeds die ervaring van die ewigheid prakties in ons lewens indra (Joh 17:3).
View all posts in this series
- Bybelskool oor Prediker en Hooglied - Apr 3, 2012
- Inleiding op Prediker - Apr 11, 2012
- Prediker 1:1-11 – Alles kom tot niks. Daar is niks blywends nie. - Apr 12, 2012
- Prediker 1:12-2:26 – Niks bevredig werklik nie, net gawes uit die hand van God - Apr 13, 2012
- Prediker 3:1-15 – Daar is nie blywende sin in die ritmes van die lewe nie - Apr 16, 2012
- Prediker 3:16-22 – Die sin van vreugde in jou werk - Apr 17, 2012
- Prediker 4:1-16 – Vennootskappe in vriendskappe en verhoudings het tog waarde - Apr 18, 2012
- Prediker 4:17-5:6 – Om met ontsag na God te luister - Apr 19, 2012
- Prediker 5:7-6:9 – Die soeke na welvaart - Apr 20, 2012
- Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking - Apr 23, 2012
- Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid - Apr 24, 2012
- Prediker 9:1-12 – Ontwikkel jou kapasiteit vir vreugde - Apr 25, 2012
- Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar - Apr 26, 2012
- Prediker 10:16-11:6 – Belê en bestee met oorleg - Apr 27, 2012
- Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae - Apr 30, 2012
- Prediker 12:9-14 – Rigting en vastigheid kom van God as die één Herder - May 1, 2012
- MENINGSOPNAME 2012 - May 16, 2012
- Prediker – Lees, luister, leef – ePub - Oct 15, 2012
- Moenie self-regverdigend of self-verskonend leef nie - Jun 21, 2018
onreg, Prediker, reg, vreugde, werk, wysheid