Skip to main content

Prediker 1:1-11 – Alles kom tot niks. Daar is niks blywends nie.

Lees vir feite, onveranderlikhede en vreugdes

‘n Handige manier om Prediker te lees, is aan die hand van drie aspekte van die Prediker se wysheid, soos RBY Scott dit in sy kommentaar opsom (Anchor Bible):
  1. One must face facts;
  2. One must learn to live with what cannot be changed;
  3. One must develop the capacity to find enjoyment in work and wisdom and in the very experience of living.

Probeer dus, soos jy lees, die dele in die teks te merk wat vir jou tref as:

  1. feite waarmee jy rekening moet hou (bv regverdiges word nie noodwendig meer as goddeloses beloon nie – 8:14),
  2. onveranderlikhede wat jy moet leer om te aanvaar (bv korrupsie is deel van enige burokrasie – 5:7-8), en
  3. vreugdes wat jy deel van jou lewe moet maak (bv geniet die lewe met die vrou/man wat jy liefhet – 9:9).

Kies dan een van dié feite, onveranderlikhede of vreugdes om (losweg gebaseer op Lectio Divina):

  1. diep daaroor na te dink, veral oor die praktiese betekenis vir jou lewe,
  2. met die Here daaroor te gesels in gebed, en
  3. jou lewe daarop te baseer of daaraan toe te wy.

Dit kan (en sal!) jou lewe verander.

Lees die inleiding 1:1-11

Ons vind hier twee van die hooftemas van die boek, beide oorhoofse feite en onveranderlikhede:

  • “Alles is hebel” (alles kom tot niks).  Die woord kan op baie verskillende maniere vertaal word: niks, nietigheid, ’n rookwalmpie, ’n miswolkie, ’n wasempie.  En Hebel word in die boek op alles van toepassing gemaak – op die soeke na plesier en vreugde, op die keuse vir wysheid eerder as dwaasheid, op die ritmes van die lewe, op die wanbalans tussen reg en onreg, op die voorkoms van verdrukking en geweld, op fluksheid sowel as luiheid.  Kortom, in die 37 keer wat dit gebruik word, beskryf die woord eintlik alles “onder die son”!  Die woord funksioneer dus eintlik as  ’n metafoor vir die kern of die wese van die menslike toestand – “Alles kom tot niks”.  Dit is nou behalwe drie goed: om iets as ’n gawe van God te geniet; om saam te wees en om God te dien – maar daaroor praat hy eers ’n bietjie later …
  • Daar is geen wins “onder die son” nie.  Vers 3 kan vertaal word met: “Watter wins het die mens vir al die moeite waarmee hulle swoeg onder die son.” En die antwoord is duidelik – daar is geen wins nie!  Daar is niks nuut of permanent  nie.  In die ewige siklus van lewe en dood, bly alles altyd maar net dieselfde.  En daarom kan alles vir die Prediker met hebel beskryf word, kom alles tot niks.  Met vele voorbeelde uit die geskiedenis en natuur, sowel as uit die menslike werklikheid, motiveer hy sy argument: die kom en gaan van geslagte, die gang van die son, die rigting van die wind, die vloei van die riviere, die vlugtigheid van woorde, die onversadigbaarheid van sig, die onklaarkomstigheid van gehoor, en die verydeling van die vergetelheid.  Niks gee vir jou permanensie nie.  Niks is ooit werklik nuut nie.  Soos Peterson daarvan sê: “Everything’s boring, utterly boring”.  Alles kom tot niks.

Die Prediker se rasionele reis om alles in die lewe te deurdink, het dus uitgeloop op sy bevinding dat die lewe moeilik is. Alles kom tot niks. Daar is niks wat blywend is nie. Selfs die wysheid as sodanig het geen blywende nut nie. Dit is die harde werklikheid van die lewe.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

onveranderlikhede, Prediker, wysheid


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…