Prediker 1:1-11 – Alles kom tot niks. Daar is niks blywends nie.

Lees vir feite, onveranderlikhede en vreugdes

‘n Handige manier om Prediker te lees, is aan die hand van drie aspekte van die Prediker se wysheid, soos RBY Scott dit in sy kommentaar opsom (Anchor Bible):
  1. One must face facts;
  2. One must learn to live with what cannot be changed;
  3. One must develop the capacity to find enjoyment in work and wisdom and in the very experience of living.

Probeer dus, soos jy lees, die dele in die teks te merk wat vir jou tref as:

  1. feite waarmee jy rekening moet hou (bv regverdiges word nie noodwendig meer as goddeloses beloon nie – 8:14),
  2. onveranderlikhede wat jy moet leer om te aanvaar (bv korrupsie is deel van enige burokrasie – 5:7-8), en
  3. vreugdes wat jy deel van jou lewe moet maak (bv geniet die lewe met die vrou/man wat jy liefhet – 9:9).

Kies dan een van dié feite, onveranderlikhede of vreugdes om (losweg gebaseer op Lectio Divina):

  1. diep daaroor na te dink, veral oor die praktiese betekenis vir jou lewe,
  2. met die Here daaroor te gesels in gebed, en
  3. jou lewe daarop te baseer of daaraan toe te wy.

Dit kan (en sal!) jou lewe verander.

Lees die inleiding 1:1-11

Ons vind hier twee van die hooftemas van die boek, beide oorhoofse feite en onveranderlikhede:

  • “Alles is hebel” (alles kom tot niks).  Die woord kan op baie verskillende maniere vertaal word: niks, nietigheid, ’n rookwalmpie, ’n miswolkie, ’n wasempie.  En Hebel word in die boek op alles van toepassing gemaak – op die soeke na plesier en vreugde, op die keuse vir wysheid eerder as dwaasheid, op die ritmes van die lewe, op die wanbalans tussen reg en onreg, op die voorkoms van verdrukking en geweld, op fluksheid sowel as luiheid.  Kortom, in die 37 keer wat dit gebruik word, beskryf die woord eintlik alles “onder die son”!  Die woord funksioneer dus eintlik as  ’n metafoor vir die kern of die wese van die menslike toestand – “Alles kom tot niks”.  Dit is nou behalwe drie goed: om iets as ’n gawe van God te geniet; om saam te wees en om God te dien – maar daaroor praat hy eers ’n bietjie later …
  • Daar is geen wins “onder die son” nie.  Vers 3 kan vertaal word met: “Watter wins het die mens vir al die moeite waarmee hulle swoeg onder die son.” En die antwoord is duidelik – daar is geen wins nie!  Daar is niks nuut of permanent  nie.  In die ewige siklus van lewe en dood, bly alles altyd maar net dieselfde.  En daarom kan alles vir die Prediker met hebel beskryf word, kom alles tot niks.  Met vele voorbeelde uit die geskiedenis en natuur, sowel as uit die menslike werklikheid, motiveer hy sy argument: die kom en gaan van geslagte, die gang van die son, die rigting van die wind, die vloei van die riviere, die vlugtigheid van woorde, die onversadigbaarheid van sig, die onklaarkomstigheid van gehoor, en die verydeling van die vergetelheid.  Niks gee vir jou permanensie nie.  Niks is ooit werklik nuut nie.  Soos Peterson daarvan sê: “Everything’s boring, utterly boring”.  Alles kom tot niks.

Die Prediker se rasionele reis om alles in die lewe te deurdink, het dus uitgeloop op sy bevinding dat die lewe moeilik is. Alles kom tot niks. Daar is niks wat blywend is nie. Selfs die wysheid as sodanig het geen blywende nut nie. Dit is die harde werklikheid van die lewe.

onveranderlikhede, Prediker, wysheid


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: