Skip to main content

Hooglied 3:6-11 – Die huwelik is ryk aan betekenis

Indeling

Die gedig se indeling is voor die handliggend die vrou se gedagtes, behalwe dat ‘n mens nie maklik uit die vertaling agterkom dat sy in vers 6 die subjek is nie, en die man in vers 7. Die woordjie Wie in vers 6 dui op die vrou in die oorspronklike.

Betekenis

Die Sulammitiese vrou droom nou van haar troudag en die vervulling van hul liefde met die huweliksluiting.

Die metafore wat sy gebruik om die dag te beskryf, is ryk aan betekenis:

  1. Met die verwysing na mirre, wierook en lekkerruik-kruie stel die vrou haar die huwelik voor as ‘n godsdienstige seremonie soos by dié van die tempel.  Dit is almal “goddelike” geure.  Dit beskryf die wyse waarop die bruid haarself wil aanbied vir haar bruidegom.  Die woord wat vir rookwolk gebruik word, kan ook met die wolkkolom in die woestyntyd verbind word (Eks 13:22), wat eweneens ‘n goddelike betekenis aan die huwelikseremonie verleen – 3:6;
  2. Die verwysing na die optog begelei deur soldate, laat ‘n mens dink aan die huwelik as ‘n koninklike seremonie soos by ‘n huwelik van Salomo.  Hierdie huwelik het egter ‘n groter waarde, wat afgelei kan word uit die getal sestig, twee keer meer as Dawid se dertigtal helde (2 Sam 23:18-19).  Die beskrywing verleen dus ‘n koninklike betekenis aan die huwelik en die bruidspaar se verbintenis  – 3:7-8;
  3. Die noukeurige beskrywing van die drastoel dui op die weelderige beplanning van en vir die huwelik.  Die drastoel was waarskynlik ook bedoel as die huweliksbed, vandaar die funksie van die soldate om dit te beskerm van die “nag se gevare” (wat moontlik kan dui op ‘n simboliese of seremoniële verdrywing van die demone wat die huwelik kon bedreig).  Die beskrywing verleen dus ‘n beskermde betekenis aan die huwelik.  Alles moet in die stryd gewerp word om die vreugde van die huwelik te beskerm en bewaar van gevare van buite  – 3:9-10;
  4. Dat die vroue van Sion na die bruidegom moet kom kyk op sy huweliksdag, beteken waarskynlik dat hulle daarmee die boodskap kry dat hy afgesonder is vir sy bruid en nie meer vir hulle of ander beskikbaar sou wees nie.  Dit verleen ‘n eksklusiewe betekenis aan die huwelik – 3:11;
  5. Dit alles vind plaas onder die moeder van die bruidegom se wakende, maar darem ook goedkeurende oog.  Dit versterk die uitgebreide familie betekenis van die huwelik.  Die uitgebreide familie het ‘n beduidende impak op die huwelik (dit is natuurlik wedersyds) en ‘n mens moet daarmee rekening hou – 3:11.

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Hooglied, huwelik, liefde, saamwees


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms