Skip to main content

Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar

Die Prediker is ambivalent oor wysheid

Die Prediker ondersoek verder die waarde van wysheid in terme van die voordele wat dit bring.  Hy doen dit deur die voorbeeld-verhaal te vertel van ’n wyse man wat ’n stad teen ’n magtige koning gered het.  Maar omdat hy arm was, het niemand hom geëer en onthou nie.  Wysheid is dus wel beter as krag, maar dit verhoog nie noodwendig ’n arm persoon se status in die oë van dié rykes van hierdie lewe nie.

Die Prediker is dus baie ambivalent oor wysheid.  Dit is beter as brute krag (9:14).  Dit is beter as ‘n dwase geskree (9:17).  Dit is beter as wapens (9:18).  Maar, dit gee bv geen blywende status nie (9:16), word maklik geminag (9:16), en kan slegs deur een misstap bederf word (9:18).   Wysheid is dus van groot waarde, maar is broos en breekbaar, omdat dit baie keer getroef kan word deur dwaasheid en/of mag.

‘n Bietjie dwaasheid doen meer kwaad as wat wysheid en eer goed doen

Hy som sy gevolgtrekking dus op met die spreuk: “dooie vlieë laat salf stink en gis”, wat hy daarna self uitlê met die verduideliking dat ‘n bietjie dwaasheid meer kwaad doen as wat wysheid en eer goed doen (10:1).

Die waarde van verstand

Daarna probeer hy ontleed hoekom wysheid beter is as dwaasheid en vind dit veral in intellektuele krag of verstand (10:2), en illustreer die waarde daarvan in ‘n paar negatiewe opmerkings oor die gebrek aan verstand by dwase, met tussen-in ‘n paar positiewe opmerkings oor die korrekte aanwending van verstand.

Aan die negatiewe kant:

  • ‘n Gebrek aan verstand maak dwase swak (10:2).
  • ‘n Gebrek aan verstand bring dwase publiek in die skande (10:3).

Aan die positiewe kant:

  • ‘n Verstandige optrede darenteen is om nie oorhaastig op te tree as iemand in gesag vir jou kwaad word nie, en bv nie jou pos te verlaat, net omdat jy onder druk verkeer nie.  ‘n Pragtige spreuk vat die wysheid hiervan saam: “Kalmte voorkom groot foute” (10:4).

Die misbruik van dwaasheid deur magtiges

Maar die Prediker se ambivalensie bly, omdat daar altyd die probleem van mag is.  En magtiges het die manier om dwaasheid tot hulle eie voordeel te misbruik (10:5).  Dit is een van die groot verkeerde dinge wat die Prediker in die wêreld gesien het – en ek dink ons kan almal aan voorbeelde dink – dat mense in gesag aan dwase hoë aansien gee tot die magtiges se voordeel.

Peterson vertaal vers 5-7 as volg: “Here’s a piece of bad business I’ve seen on this earth, an error that can be blamed on whoever is in charge: Immaturity is given a place of prominence, while maturity is made to take a backseat. I’ve seen unproven upstarts riding in style, while experienced veterans are put out to pasture.

Dwaasheid baat nie op die lang duur nie

Gelukkig kom mense in gesagsposisies, dié wat dwase misbruik, egter nie ongeskonde daarvan af nie.  Met ‘n hele paar spreuke verwoord die Prediker sy oortuiging:

  • “Wie ‘n sloot grawe, val self daarin” – 10:8;
  • “Wie ‘n muur afbreek, word deur ‘n slang gepik” – 10:8;
  • “Wie klippe afbreek, word daardeur beseer” – 10:9;
  • “Wie hout kap, moet versigtig wees” – 10:9;

Dit betaal om jou verstand te gebruik

Dit betaal dus om jou verstand te gebruik (10:10).  Let op hoe hy wys hoe hierdie “slaggate” vermy kan word, deur iets aan die byl te doen waarmee gekap word, en iets aan die slang te doen, voordat hy jou pik.  Dit is nodig:

  • want “as die byl stomp word en nie geslyp word nie, moet jy meer krag gebruik” – 10:10 (dit is sommer ook goeie raad vir die wyses, soos Stephen Covey in sy Seven Habits boeke aangevoer het met ‘n soortgelyke metafoor – “Sharpen the saw”)
  • en “as die slang pik voor hy besweer is, bereik die besweerder niks nie” – 10:11.

Wysheid is beter as dwaasheid

In ‘n laaste kontrasterende kort opmerking oor die wysheid versus die langer onsinnigheid van die dwaasheid verwoord die Prediker weereens sy voorkeur vir die wysheid.

  • Wyse woorde vind byval – 10:12
  • Dwase vernietig hulleself met wat hulle sê – 10:12,
    • Hulle woorde eindig in loutere onsin – 10:13;
    • Hulle woorde bring hoe langer, hoe minder insig – 10:14,
    • Hulle woorde put selfs hulleself later uit, sodat hulle heeltemal die pad byster raak – 10:15.

Voorwaar!


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

dwaasheid, mag, Prediker, verstand, vreugde, wysheid


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!