Skip to main content

Hooglied 2:8-17 – Bedwelming en beskerming in die liefde

Die indeling van die gedigte is redelik voor die hand liggend.  Die vrou se gedigte sluit nie net haar eie gedagtes in nie, maar ook die woorde van die man in haar lewe.  En dit is ‘n pragtige beskrywing aan die een kant van die bedwelmende impak van die liefde, sowel as aan die ander kant die behoefte aan beskerming in die liefde.

SY – “Ek is lief vir jou” – 2:8-10a

Die vrou sing van die man wat sy liefhet.  In haar geestesoog is hy soos ‘n ribbok of takboklam wat met spoed oor die berge spring, en met grasie wip oor die rante, om die liefde saam met haar te kom geniet (vgl Spr 5:19 waar dié twee boksoorte met die bedwelming van die liefde geassosieer word).  Niks kan hom keer nie!  Hy kyk van buite agter haar ouerhuis se muur af, deur die venster en die latwerk (hek?) om met haar te praat.

HY – “Kom geniet die liefde saam met my” – 2:10b-14

Die man nooi haar uit om die nuwe lewe van die lente (Junie) saam met hom te gaan ontdek.  Dit dui metafories die tyd van ontluikende liefde aan.  Die winterreën is weg, die bloeisels kondig aan dat dit tyd geword het om te sing (van die liefde), soos die tortelduif – ‘n trekvoël wat weer teruggekom het (vgl Jer 8:7) – dit al aankondig.  Die voorvye is uit, en die wingerde bot en versprei hulle geur.  Hy roep na haar, sy mooiste, sy liefling, om uit te kom (vers 10b en 13b) en saam met hom die bruising van die nuwe lewe en die liefde te kom geniet.  Let op hoe hy haar ook met ‘n duif vergelyk, wie sy stem hy wil hoor en geniet, soos hy die tortelduiwe al hoor sing, maar nou nog in haar ouerhuis verskuild is, soos ‘n duif in die klipskeure, in ‘n skuilplek teen die krans.

SY – “Jy moet my beskerm”  – 2:15-17

Die vrou wil egter die versekering hê dat hy die gevare (jakkalse en hulle kleintjies) kan trotseer wat hulle liefde kan bedreig (ander mans, sowel as die uitdagings van die lewe).  Sy stel haar eenheid met dié herderman op prys – hulle behoort aan mekaar: “Die man wat ek liefhet, is myne, en ek syne”, net soos Gen 2:23-25 dit gevisualiseer het.  Maar sy wil hê hy moet haar beskerm soos ‘n herder sy skape versorg wat tussen die lelies wei tot die aandwind begin waai en die skaduwees lank word.  Daarom wil sy graag hê dat hy haar sal opsoek om die liefde te vier op die Beterberge. Interessant genoeg beteken die Beterberge letterlik “berge van skeiding” wat waarskynlik haar behoefte verteenwoordig dat sy liefde haar vrese – ook die vrees van die afskeid van haar bekende (ouer)omgewing – sal oorkom en tot rus bring.  Sy wil veilig voel in hulle liefde.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bedwelming, beskerming, Hooglied, liefde, saamwees


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.