Hooglied 2:8-17 – Bedwelming en beskerming in die liefde

Die indeling van die gedigte is redelik voor die hand liggend.  Die vrou se gedigte sluit nie net haar eie gedagtes in nie, maar ook die woorde van die man in haar lewe.  En dit is ‘n pragtige beskrywing aan die een kant van die bedwelmende impak van die liefde, sowel as aan die ander kant die behoefte aan beskerming in die liefde.

SY – “Ek is lief vir jou” – 2:8-10a

Die vrou sing van die man wat sy liefhet.  In haar geestesoog is hy soos ‘n ribbok of takboklam wat met spoed oor die berge spring, en met grasie wip oor die rante, om die liefde saam met haar te kom geniet (vgl Spr 5:19 waar dié twee boksoorte met die bedwelming van die liefde geassosieer word).  Niks kan hom keer nie!  Hy kyk van buite agter haar ouerhuis se muur af, deur die venster en die latwerk (hek?) om met haar te praat.

HY – “Kom geniet die liefde saam met my” – 2:10b-14

Die man nooi haar uit om die nuwe lewe van die lente (Junie) saam met hom te gaan ontdek.  Dit dui metafories die tyd van ontluikende liefde aan.  Die winterreën is weg, die bloeisels kondig aan dat dit tyd geword het om te sing (van die liefde), soos die tortelduif – ‘n trekvoël wat weer teruggekom het (vgl Jer 8:7) – dit al aankondig.  Die voorvye is uit, en die wingerde bot en versprei hulle geur.  Hy roep na haar, sy mooiste, sy liefling, om uit te kom (vers 10b en 13b) en saam met hom die bruising van die nuwe lewe en die liefde te kom geniet.  Let op hoe hy haar ook met ‘n duif vergelyk, wie sy stem hy wil hoor en geniet, soos hy die tortelduiwe al hoor sing, maar nou nog in haar ouerhuis verskuild is, soos ‘n duif in die klipskeure, in ‘n skuilplek teen die krans.

SY – “Jy moet my beskerm”  – 2:15-17

Die vrou wil egter die versekering hê dat hy die gevare (jakkalse en hulle kleintjies) kan trotseer wat hulle liefde kan bedreig (ander mans, sowel as die uitdagings van die lewe).  Sy stel haar eenheid met dié herderman op prys – hulle behoort aan mekaar: “Die man wat ek liefhet, is myne, en ek syne”, net soos Gen 2:23-25 dit gevisualiseer het.  Maar sy wil hê hy moet haar beskerm soos ‘n herder sy skape versorg wat tussen die lelies wei tot die aandwind begin waai en die skaduwees lank word.  Daarom wil sy graag hê dat hy haar sal opsoek om die liefde te vier op die Beterberge. Interessant genoeg beteken die Beterberge letterlik “berge van skeiding” wat waarskynlik haar behoefte verteenwoordig dat sy liefde haar vrese – ook die vrees van die afskeid van haar bekende (ouer)omgewing – sal oorkom en tot rus bring.  Sy wil veilig voel in hulle liefde.

Bedwelming, beskerming, Hooglied, liefde, saamwees


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: