Skip to main content

Prediker 5:7-6:9 – Die soeke na welvaart

Hierna fokus die Prediker op die lewe van die individu, veral die sug en soektog na welvaart en die relatiwiteit en onsekerheid daarvan.  Die eerste klem val op die onvermydelikheid van verydeling en korrupsie in die burokrasie in die soeke na welvaart.  Die tweede klem val op die onvermydelike problematiek van welvaart as sodanig en die derde klem val op die relatiewe voordeel daarvan, teen die agtergrond (ongelukkig) van die teendeel wat sommige ervaar.

Die korrupsie van die Burokrasie – 5:7-8
Die Prediker laat sy oog val op die burokrasie van die publieke sektor wat die regte van die armes in die grond vertrap. Moenie verbaas wees daaroor nie, sê hy, want korrupsie word van bo af in stand gehou. Die hiërargie van gesag beskerm die laer amptenary ter wille van die hoër amptenary se eie korrupte optredes.  Ek dink elkeen van ons sal voorbeelde kan opnoem uit ons eie konteks …

Vers 8 is baie dubbelsinnig. Dit kan sarkasties bedoel wees in die lig van die korrupsie van die amptenary – dat die amptenare hulle eie optrede regverdig vanuit die voorbeeld van die hoogste (korrupte) gesag, die koning. Só vertaal die NIV: “The increase from the land is taken by all; the king himself profits from the fields.” Die Afrikaanse vertaling kan ook so gelees word.

Of dit kan eerder bedoel dat dit tot die voordeel van die land is, as die koning die land(bou) se belange dien, want dit versag die effek van korrupsie. Só vertaal Roland Murphy (Word) dit: “An advantage for a country in every way is this: a king for the tilled land.”  Albei vertalings maak sin, en gee ’n belangrike perspektief.

Die onvermydelike problematiek van welvaart – 5:9-16

Dan laat die Prediker sy oog val op die probleem met die soeke na welvaart.

  • Eers fokus die Prediker op die mens vir wie geld alles is (5:9).  Hy kry nooit genoeg nie.  Dit is net soseer ’n stukkie kommentaar op die problematiek van korrupsie (vers 7-8) as in die algemeen vir enige van die volgende voorbeelde wat hy gaan noem.  Vers 9 is dus ’n skarnier wat nie net die vorige 2 verse afsluit nie, maar ook die volgende verse inlui.
  • Tweedens fokus hy op die probleem van mense wat soos parasiete teer op dié wat die goeie dinge in die lewe het (5:10).  Die rykes kan maar net gefrustreerd toekyk hoe mense hulle en hulle goed misbruik.
  • Derdens fokus hy op die onrus wat rykes ervaar (5:11).  Die nag raak ’n verskrikking, terwyl arbeiders aan die onderpunt van die welvaartsleer rustiger kan slaap.
  • Vierdens is daar die tragiese probleem van verkeerde besluite wat die rykdom tot niet kan laat gaan (5:12-16).  Dit het nie net ’n impak op die ryke se nageslag nie, maar ook op sy eie toekoms.  Hy moet sy dood met ellende en bitterheid tegemoet gaan.

Die relatiewe voordeel van welvaart – 5:17-6:9

Nie alles is natuurlik sleg met welvaart nie (5:17-19).  Dit is ’n groot vreugde as jy welvaart as ’n gawe van God geniet, sê die Prediker.  Dit gee die ervaring van God se voorsiening en versorging en dra by tot arbeidsvreugde.  Om die waarheid te sê, dit bring só ’n oorvloed van blydskap dat nadenke oor die voordeel wat jy beleef, baie keer uit jou bewussyn verdwyn …

Maar die teendeel is ongelukkig ook waar, as God jou nie toelaat om dit te geniet nie, en iemand anders jou welvaart geniet, dan kom dit ook tot niks (6:1-2).  Die wispelturigheid van welvaart word dus hiermee aan God se werk gewyt.  Dit is bitter swaar, só swaar, inderdaad, dat die Prediker in vers 3-9 weereens ’n doodgebore baba as beter daaraan toe as só ’n man beskryf.  As jy nie jou welvaart kan geniet nie (letterlik: “as jou siel nie vol word van die goeie nie”), dan maak dit nie saak hoe lank jy leef nie, selfs nie vir 2 000 jaar nie – dubbeld so lank as Metusalag (Gen 5:27)!  Dit kom tog tot niks nie.  Dan help wysheid niks meer as dwaasheid nie.

Vreugde lê dus vir die Prediker in die vermoë om jou welvaart te geniet as gawe van God regdeur jou lewe, dws ’n kwaliteit-lewe, wat afgesluit word met ’n behoorlike begrafnis.  Anders kan jy net sowel salig onbewus lewe van wat jy gemis het, soos ’n doodgebore baba.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

burokrasie, korrupsie, Prediker, welvaart, wysheid


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Welkom, stuur sommer vir my die aangepaste een ook, asb. Laai dit hier af:Eenjaar Bybellees program 2020
  • Elmarie Allies on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
  • Chris van Wyk on SpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
  • Retha Roux on SpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
  • Chris van Wyk on Psalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
  • Japie Martin on Psalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
  • Chris van Wyk on Genesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
  • Louis Scheun on Genesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏