Skip to main content

Prediker 5:7-6:9 – Die soeke na welvaart

Hierna fokus die Prediker op die lewe van die individu, veral die sug en soektog na welvaart en die relatiwiteit en onsekerheid daarvan.  Die eerste klem val op die onvermydelikheid van verydeling en korrupsie in die burokrasie in die soeke na welvaart.  Die tweede klem val op die onvermydelike problematiek van welvaart as sodanig en die derde klem val op die relatiewe voordeel daarvan, teen die agtergrond (ongelukkig) van die teendeel wat sommige ervaar.

Die korrupsie van die Burokrasie – 5:7-8
Die Prediker laat sy oog val op die burokrasie van die publieke sektor wat die regte van die armes in die grond vertrap. Moenie verbaas wees daaroor nie, sê hy, want korrupsie word van bo af in stand gehou. Die hiërargie van gesag beskerm die laer amptenary ter wille van die hoër amptenary se eie korrupte optredes.  Ek dink elkeen van ons sal voorbeelde kan opnoem uit ons eie konteks …

Vers 8 is baie dubbelsinnig. Dit kan sarkasties bedoel wees in die lig van die korrupsie van die amptenary – dat die amptenare hulle eie optrede regverdig vanuit die voorbeeld van die hoogste (korrupte) gesag, die koning. Só vertaal die NIV: “The increase from the land is taken by all; the king himself profits from the fields.” Die Afrikaanse vertaling kan ook so gelees word.

Of dit kan eerder bedoel dat dit tot die voordeel van die land is, as die koning die land(bou) se belange dien, want dit versag die effek van korrupsie. Só vertaal Roland Murphy (Word) dit: “An advantage for a country in every way is this: a king for the tilled land.”  Albei vertalings maak sin, en gee ’n belangrike perspektief.

Die onvermydelike problematiek van welvaart – 5:9-16

Dan laat die Prediker sy oog val op die probleem met die soeke na welvaart.

  • Eers fokus die Prediker op die mens vir wie geld alles is (5:9).  Hy kry nooit genoeg nie.  Dit is net soseer ’n stukkie kommentaar op die problematiek van korrupsie (vers 7-8) as in die algemeen vir enige van die volgende voorbeelde wat hy gaan noem.  Vers 9 is dus ’n skarnier wat nie net die vorige 2 verse afsluit nie, maar ook die volgende verse inlui.
  • Tweedens fokus hy op die probleem van mense wat soos parasiete teer op dié wat die goeie dinge in die lewe het (5:10).  Die rykes kan maar net gefrustreerd toekyk hoe mense hulle en hulle goed misbruik.
  • Derdens fokus hy op die onrus wat rykes ervaar (5:11).  Die nag raak ’n verskrikking, terwyl arbeiders aan die onderpunt van die welvaartsleer rustiger kan slaap.
  • Vierdens is daar die tragiese probleem van verkeerde besluite wat die rykdom tot niet kan laat gaan (5:12-16).  Dit het nie net ’n impak op die ryke se nageslag nie, maar ook op sy eie toekoms.  Hy moet sy dood met ellende en bitterheid tegemoet gaan.

Die relatiewe voordeel van welvaart – 5:17-6:9

Nie alles is natuurlik sleg met welvaart nie (5:17-19).  Dit is ’n groot vreugde as jy welvaart as ’n gawe van God geniet, sê die Prediker.  Dit gee die ervaring van God se voorsiening en versorging en dra by tot arbeidsvreugde.  Om die waarheid te sê, dit bring só ’n oorvloed van blydskap dat nadenke oor die voordeel wat jy beleef, baie keer uit jou bewussyn verdwyn …

Maar die teendeel is ongelukkig ook waar, as God jou nie toelaat om dit te geniet nie, en iemand anders jou welvaart geniet, dan kom dit ook tot niks (6:1-2).  Die wispelturigheid van welvaart word dus hiermee aan God se werk gewyt.  Dit is bitter swaar, só swaar, inderdaad, dat die Prediker in vers 3-9 weereens ’n doodgebore baba as beter daaraan toe as só ’n man beskryf.  As jy nie jou welvaart kan geniet nie (letterlik: “as jou siel nie vol word van die goeie nie”), dan maak dit nie saak hoe lank jy leef nie, selfs nie vir 2 000 jaar nie – dubbeld so lank as Metusalag (Gen 5:27)!  Dit kom tog tot niks nie.  Dan help wysheid niks meer as dwaasheid nie.

Vreugde lê dus vir die Prediker in die vermoë om jou welvaart te geniet as gawe van God regdeur jou lewe, dws ’n kwaliteit-lewe, wat afgesluit word met ’n behoorlike begrafnis.  Anders kan jy net sowel salig onbewus lewe van wat jy gemis het, soos ’n doodgebore baba.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

burokrasie, korrupsie, Prediker, welvaart, wysheid


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda