Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid
Uiteraard is hy eintlik die hele tyd besig om daaroor te skryf, maar hier probeer hy dieper in die aard van die wysheid indelf in terme van die raamwerk wat dit kan verskaf om die beloop van die lewe te kan verklaar al dan nie. Eerstens beskryf hy dié wat hy meen wysheid het – vers 1-8. Tweedens beoordeel hy die waarde van dié wysheid in terme van die voordeel, maar ook die frustrasie daarvan – vers 9-17.
Die voordeel van wysheid – 8:1-8
In ‘n paar spesifieke opmerkings kry ‘n mens ‘n idee van wat wyse mense doen, selfs hoe hulle lyk!
- Wyse mense is vriendelike mense – 8:1.
- Wyse mense is getroue mense – 8:2.
- Hulle is mense wat nie voortvarend is nie – 8:3.
- Hulle het diskresie, omdat hulle mense is wat nie by ‘n swak saak staan nie, onder andere omdat hulle weet verkeerde dade kan jou nie red nie – 8:3 en 8.
- Hulle is mense wat met oorleg optree, deur uit die pad van die koning te kom – 8:3-4.
- Wyse mense het integriteit, deurdat hulle bevele gehoorsaam – 8:5.
- Maar, in die lig van die vorige opmerking, is wyse mense ook diégene wat tyd spandeer om agter te kom hoe elke ding se tyd en manier werk, want dan weet hulle wanneer en hoe hulle moet handel (“Alles word [immers] bepaal deur tyd en geleentheid!” – Pred 9:11). Hulle is dus ook intens praktiese mense wat aandag gee aan tydsberekening – 8:5-6.
Die frustrasie van wysheid – 8:9-17
Hoewel die Prediker positief is oor sulke wyse mense, en in elk geval hulle hoër aanslaan as dwase mense, wys hy uit hoe die tipe wysheid tog ook uiteindelik kortkom en frustreer.
Eerstens is wysheid van minder waarde in situasies waar daar ‘n ongelyke magsverhouding bestaan – 8:9-14. En ‘n mens moet dit ter harte neem.
- Wysheid kan nie vanself die kwaad weerstaan nie, veral nie as dié een wat jou kwaad wil aandoen, mag het oor jou nie. Dit is natuurlik iets wat ons intuïtief as die waarheid hoor, as ‘n mens dink aan ongelyke medemenslike verhoudings, soos steeds in ras-, klas-, gender, en geslags-verhoudings op baie plekke die geval is. Die feit dat ‘n mens iets as verkeerd uitwys, beteken nog lank nie dat dit deur almal só aanvaar sal word as riglyn vir die lewe nie.
- Waar ‘n verkeerde daad ook nie onmiddellik en duidelik uitgewys word nie – bv deurdat dit gestraf word nie – raak dit maklik ‘n patroon of manier van lewe wat moeilik uitgeroei word. Dit is ook waar van die mag wat deur dinge soos die korrupsie van afpersing en omkopery uitgeoefen word (7:7).
Die lyn van argumentasie in vers 12-14 is nie so helder nie, omdat dit lyk asof die Prediker twee punte probeer maak wat eintlik in konflik met mekaar is. Aan die een kant wil hy sê (8:12-13) dat dit goed gaan met vromes en sleg gaan met goddeloses, waarmee hy eintlik ‘n meer finale oordeel vanuit God se beheer oor die wêreld probeer formuleer. Maar aan die ander kant wil hy herhaal wat hy op ander punte gesê het, dat daar uitsonderings op dié reël is (8:14), en dít is steeds sy nagmerrie, een van die slegste dinge wat ‘n mens kan beleef (sien ook weer 7:15).
Tweedens is die wysheid van vreugde soek in jou geswoeg “onder die son” natuurlik van waarde, soos hy nou al ‘n paar keer gesê het, en weer in hoofstuk 9:7-10 gaan herhaal. Maar, die probleem daarmee is dat dit jou nie help om God se werk van begin tot einde te verstaan nie. Die wysheid het dus tydelike (selfs medium-termyn) waarde, maar nie finale waarde nie. Dit beteken nie dat hy fatalisties raak en sy Gods-”diens” versaak nie, al is God se werk onnaspeurbaar nie. Hy stel steeds ‘n lewe met oorgawe voor, in erkenning van God (8:16-17). Maar, hy erken wel dat dit beperkte waarde het in terme van die groter lewensvrae wat hom besighou.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Prediker en Hooglied - Apr 3, 2012
- Inleiding op Prediker - Apr 11, 2012
- Prediker 1:1-11 – Alles kom tot niks. Daar is niks blywends nie. - Apr 12, 2012
- Prediker 1:12-2:26 – Niks bevredig werklik nie, net gawes uit die hand van God - Apr 13, 2012
- Prediker 3:1-15 – Daar is nie blywende sin in die ritmes van die lewe nie - Apr 16, 2012
- Prediker 3:16-22 – Die sin van vreugde in jou werk - Apr 17, 2012
- Prediker 4:1-16 – Vennootskappe in vriendskappe en verhoudings het tog waarde - Apr 18, 2012
- Prediker 4:17-5:6 – Om met ontsag na God te luister - Apr 19, 2012
- Prediker 5:7-6:9 – Die soeke na welvaart - Apr 20, 2012
- Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking - Apr 23, 2012
- Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid - Apr 24, 2012
- Prediker 9:1-12 – Ontwikkel jou kapasiteit vir vreugde - Apr 25, 2012
- Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar - Apr 26, 2012
- Prediker 10:16-11:6 – Belê en bestee met oorleg - Apr 27, 2012
- Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae - Apr 30, 2012
- Prediker 12:9-14 – Rigting en vastigheid kom van God as die één Herder - May 1, 2012
- MENINGSOPNAME 2012 - May 16, 2012
- Prediker – Lees, luister, leef – ePub - Oct 15, 2012
- Moenie self-regverdigend of self-verskonend leef nie - Jun 21, 2018
Kobus Bester on Facebook
Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam in my bewussyn. Groot was my verbasing toe ek vanoggend jou boodskap,op fb sien.
Te groot vir my?
Groete in Xtus