2 Timoteus 4:1-22 – Getrou aan jou roeping

Vers 1-5

Paulus beweeg van die toewyding aan en toerusting van die woord na die verkondiging van die woord.  Dit is die een ding van sy bediening waarin Timoteus moet volhard, om te alle tye, en onder alle omstandighede aan die evangelie en aan sy roeping getrou te bly.  Eugene Peterson vertaal vers 1-2 so: “God is looking over your shoulder … He is about to break into the open with his rule, so proclaim the Message with intensity; keep on your watch.”  Inderdaad!

Vers 6-8

Daarmee gee Paulus dan ook die leisels af aan sy geliefde Timoteus.  Paulus weet die tyd van sy dood is voor die deur.  Hy is bly dat hy die wedloop enduit kon aflê, en gee dus nou oor aan die bekwame hande van die een wat sy navolger in leer en lewe geword het.

Vers 9-20

Die brief sluit af met een van die primêre redes waarom Paulus dit geskryf het, naamlik, om Timoteus aan te moedig om voor die winter by Paulus besoek af te lê en sekere persoonlike items vir hom te bring, die reismantel vir die naderende koue, en die boeke (moontlik afskrifte van sy briewe) en perkamente wat boeke van die OT bevat het.  Hy waarsku Timoteus teen Aleksander van Troas, aangesien dié vir Paulus baie leed veroorsaak het.

Let op hoeveel medewerkers Paulus hier noem, altesame 16!  En hoewel ons van die meeste nie op ander plekke lees nie, is daar ‘n hele paar waarvan ons die stories beter ken:

  • Demas het nog saam met Paulus gewerk toe hy die brief aan Kolosse geskryf het (Kol 4:14, Filemon 24), maar hom nou ongelukkig verlaat omdat die lewe saam met Paulus net te swaar was, en hy ‘n makliker lewe wou hê.
  • Kressens is na Galasië toe, en het waarskynlik die biskop van Gallië geword.
  • Titus ken ons uit die brief aan hom op Kreta.  Hy het weer by Paulus in Rome kom besoek aflê, en is toe na Dalmasië gestuur (Kroasië).
  • Lukas is die bekende skrywer van die evangelie van Lukas en die Handelinge van die apostels.
  • Markus is die jongman met wie Paulus stry gekry het oor sy volharding en toewyding, maar wat deur die mentorswerk van  Barnabas weer met Paulus versoen is, deur hom in Kolosse ingespan is (Kol 4:10), en uiteindelik dus nie net vir Paulus tot diens was nie, maar vir die oudste evangelie, die evangelie van Markus verantwoordelik was.
  • Tigikus was saam met Paulus op sy derde sendingreis na Jerusalem toe (Hand 20:4) en het onder andere Paulus se gevangenskap briewe afgelewer (Kol 4:7; Ef 6:21) en hom tot diens gewees in ‘n hele paar gemeentes (Tit 3:12).  Paulus het hom op hierdie stadium na Efese gestuur.
  • Priscilla en Akwila was vermoënde Christen leiers wat in Rome, Korinte en Efese groot werk gedoen het, en onder andere die groot prediker Apollos onderrig het.
  • Onesiforus het baie vir Paulus in Rome beteken en diens in Efese gedoen (1:18).
  • Esrastus was die stadstesourier van Korinte (Rom 16:23) en word deur Paulus in die bediening ingespan (Hand 19:22).
  • Trofimus was van Efese en die persoon wat deur die Jode misbruik is om Paulus by te kom (Hand 21:29).  Hy het Paulus op sy verdere reis Rome toe vergesel, maar moet weens siekte in Milete agter gelaat word.
  • Ons weet ongelukkig niks verder van Karpus, Eubulus, Pudens, Linos en Claudia nie.

Timoteus


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: