Skip to main content

Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae

Die Prediker verskuif sy aandag na die jeug van sy dag, interessant genoeg aan die einde van sy breë blik oor die sinvolheid van die lewe al dan nie.  Dit is soos ’n jeugdiens aan die einde van die erediens – onthou hy is die Prediker.  Dit is asof alles oploop hierheen!  Daarmee plaas hy, insiggewend genoeg, eintlik sy hoop op die jongmense om meer sin van die lewe te maak as wat hy en ander soos hy in hulle ouderdom daarin kon vind … as hulle dit net kan regkry om dankbaar (11:8), plesierig (11:9), ligvoets en kommervry te leef (11:10) en veral sorg dat hulle leer om in dit alles met God die lewe aan te durf (12:1).

Leef dankbaar

Hy speel met die metafoor van lig en donker om die jeug met die ouderdom te kontrasteer, om jongmense aan te moedig om die geleenthede wat die jeug bied aan te gryp met dankbaarheid, en niks daarvan nutteloos te laat verbygaan nie – 11:7-8.

Leef plesierig, ligvoets en kommervry

Die Prediker moedig jongmense aan om plesier te vind in hulle jong dae as sodanig, om te doen wat hulle goedvind (hart), en waarvan hulle hou (oë), nie wat die ou mense goedvind nie!.  Die enigste grens wat hulle moet stel vir hulle plesier is aan die een kant die goedkeuring van God self, en aan die ander kant dinge wat hulle swaarmoedig (hart) kan maak, of hulle liggame skade kan aandoen – 11:9-10.

Leef met God

Dit beteken vir die Prediker dat hulle eintlik hulle plesier in hulle verhouding met God self moet vind.  Daarom noem hy God Skepper, en nie Almagtig, of ‘n ander term vir God nie – 12:1. Hulle moet doelbewus God se bedoeling met hulle, dít waarvoor Hy hulle gemaak het, uitvind en daarin plesier en betekenis vind … voordat die ouderdom aanbreek, waarin dit nie meer moontlik sal wees nie.

‘n Prentjie van die ouderdom

Met boeiende prentjies van die ouderdom – 12:1-8 – skets die Prediker presies hoe uitdagend dit kan raak met die aanbreek van die ouderdom, en hoe ouderdom beperkings plaas op verskillende aspekte van menswees tot dit eindig in die dood.

In die oorspronklike Hebreeus kondig hy telkens ‘n nuwe gedagte eenheid aan met die woorde: “Voordat”, wat ongelukkig nie so duidelik vertaal is in die NAV nie.  Ons vind dit in vers 1 se “Voor die swaar dae kom”, vers 2 se “Dit is die tyd”, en vers 6 se “die tyd”.

  • Vers 1 is ‘n algemene inleiding op die kontrasterende prentjie van die “swaar dae” van die ouderdom teenoor jou jong dae.
  • Vers 2 lui die eerste gedagte eenheid in wat veral werk met die metafoor van die son wat donker word, en die verval van ‘n huis, dws die beperkings van die ouderdom.
  • Vers 6 lui die tweede gedagte eenheid in wat werk met die metafoor van die goue kruik aan die silwerdraad wat afgebreek word, dws die tyd van die dood.

Die beperkings van die ouderdom – 12:2-5

Onthou dit is poësie, so die beelde is vir meer as een interpretasie vatbaar!

  • swakkerwordende sig of swaarmoedigheid (son donker) – 12:2,
  • koulikheid of sieklikheid (bewolk) – 12:2,
  • bewende hande of kragteloosheid (wagters) – 12:3,
  • swikkende bene of lompheid (sterk manne) – 12:3,
  • verslete tande of gebrek aan vitaliteit (malers) – 12:3,
  • donker blik op die lewe of onveilige lewensgevoel (vensters) – 12:3
  • kluisenaarbestaan of gebrek aan gasvryheid (deure – dit kan ook na die ore verwys) – 12:4
  • swakkerwordende hart of minder produktiwiteit (meul – dit kan ook na die stem verwys) – 12:4
  • vroëer opstaan en doofheid of doellose aktiwiteit (voëls) – 12:4
  • swakker balans of angstigheid (hoogte) – 12:5
  • senuweeagtigheid of maklike verskriktheid (pad) – 12:5
  • grys/wit hare (amandelboom) – 12:5
  • minder beweeglik (sprinkaan) – 12:5
  • eetlus word minder (kapperkruid) – 12:5
  • die lewe eindig (ewige woning) – 12:5
  • in ‘n lykstoet (dié wat treur) – 12:5

Die breekbaarheid van die lewe – 12:6-7

Die tyd van die dood word met pragtige beelde beskryf.  Dit: “capture the beauty and fragility of the human frame: a masterpiece as delicately wrought as any work of art, yet as breakable as a piece of earthenware, and as useless in the end as a broken wheel.” (Kidner, A Time to Mourn, and a Time to Dance, 1976: 103)

Om te sterwe word met drie beelde beskryf wat die breekbaarheid van die lewe betreur:  Die sterwe is soos:

  •  ‘n goue kruik wat aan ‘n silwerketting hang en dan breek,
  • ’n kruik wat by die fontein stukkend breek,
  • ‘n wiel wat by die put stukkend val.

Om te sterwe is ten slotte die terugrol van die Skeppingsdaad – die stof van die liggaam keer terug na die aarde, en die gees na God wat dit in die eerste plek gegee en verenig het (vgl Gen 2:7).

“Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.”

Sela


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

dwaasheid, geniet, jeug, ouderdom, Prediker, vreugde, wysheid


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda