Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae

Die Prediker verskuif sy aandag na die jeug van sy dag, interessant genoeg aan die einde van sy breë blik oor die sinvolheid van die lewe al dan nie.  Dit is soos ’n jeugdiens aan die einde van die erediens – onthou hy is die Prediker.  Dit is asof alles oploop hierheen!  Daarmee plaas hy, insiggewend genoeg, eintlik sy hoop op die jongmense om meer sin van die lewe te maak as wat hy en ander soos hy in hulle ouderdom daarin kon vind … as hulle dit net kan regkry om dankbaar (11:8), plesierig (11:9), ligvoets en kommervry te leef (11:10) en veral sorg dat hulle leer om in dit alles met God die lewe aan te durf (12:1).

Leef dankbaar

Hy speel met die metafoor van lig en donker om die jeug met die ouderdom te kontrasteer, om jongmense aan te moedig om die geleenthede wat die jeug bied aan te gryp met dankbaarheid, en niks daarvan nutteloos te laat verbygaan nie – 11:7-8.

Leef plesierig, ligvoets en kommervry

Die Prediker moedig jongmense aan om plesier te vind in hulle jong dae as sodanig, om te doen wat hulle goedvind (hart), en waarvan hulle hou (oë), nie wat die ou mense goedvind nie!.  Die enigste grens wat hulle moet stel vir hulle plesier is aan die een kant die goedkeuring van God self, en aan die ander kant dinge wat hulle swaarmoedig (hart) kan maak, of hulle liggame skade kan aandoen – 11:9-10.

Leef met God

Dit beteken vir die Prediker dat hulle eintlik hulle plesier in hulle verhouding met God self moet vind.  Daarom noem hy God Skepper, en nie Almagtig, of ‘n ander term vir God nie – 12:1. Hulle moet doelbewus God se bedoeling met hulle, dít waarvoor Hy hulle gemaak het, uitvind en daarin plesier en betekenis vind … voordat die ouderdom aanbreek, waarin dit nie meer moontlik sal wees nie.

‘n Prentjie van die ouderdom

Met boeiende prentjies van die ouderdom – 12:1-8 – skets die Prediker presies hoe uitdagend dit kan raak met die aanbreek van die ouderdom, en hoe ouderdom beperkings plaas op verskillende aspekte van menswees tot dit eindig in die dood.

In die oorspronklike Hebreeus kondig hy telkens ‘n nuwe gedagte eenheid aan met die woorde: “Voordat”, wat ongelukkig nie so duidelik vertaal is in die NAV nie.  Ons vind dit in vers 1 se “Voor die swaar dae kom”, vers 2 se “Dit is die tyd”, en vers 6 se “die tyd”.

  • Vers 1 is ‘n algemene inleiding op die kontrasterende prentjie van die “swaar dae” van die ouderdom teenoor jou jong dae.
  • Vers 2 lui die eerste gedagte eenheid in wat veral werk met die metafoor van die son wat donker word, en die verval van ‘n huis, dws die beperkings van die ouderdom.
  • Vers 6 lui die tweede gedagte eenheid in wat werk met die metafoor van die goue kruik aan die silwerdraad wat afgebreek word, dws die tyd van die dood.

Die beperkings van die ouderdom – 12:2-5

Onthou dit is poësie, so die beelde is vir meer as een interpretasie vatbaar!

  • swakkerwordende sig of swaarmoedigheid (son donker) – 12:2,
  • koulikheid of sieklikheid (bewolk) – 12:2,
  • bewende hande of kragteloosheid (wagters) – 12:3,
  • swikkende bene of lompheid (sterk manne) – 12:3,
  • verslete tande of gebrek aan vitaliteit (malers) – 12:3,
  • donker blik op die lewe of onveilige lewensgevoel (vensters) – 12:3
  • kluisenaarbestaan of gebrek aan gasvryheid (deure – dit kan ook na die ore verwys) – 12:4
  • swakkerwordende hart of minder produktiwiteit (meul – dit kan ook na die stem verwys) – 12:4
  • vroëer opstaan en doofheid of doellose aktiwiteit (voëls) – 12:4
  • swakker balans of angstigheid (hoogte) – 12:5
  • senuweeagtigheid of maklike verskriktheid (pad) – 12:5
  • grys/wit hare (amandelboom) – 12:5
  • minder beweeglik (sprinkaan) – 12:5
  • eetlus word minder (kapperkruid) – 12:5
  • die lewe eindig (ewige woning) – 12:5
  • in ‘n lykstoet (dié wat treur) – 12:5

Die breekbaarheid van die lewe – 12:6-7

Die tyd van die dood word met pragtige beelde beskryf.  Dit: “capture the beauty and fragility of the human frame: a masterpiece as delicately wrought as any work of art, yet as breakable as a piece of earthenware, and as useless in the end as a broken wheel.” (Kidner, A Time to Mourn, and a Time to Dance, 1976: 103)

Om te sterwe word met drie beelde beskryf wat die breekbaarheid van die lewe betreur:  Die sterwe is soos:

  •  ‘n goue kruik wat aan ‘n silwerketting hang en dan breek,
  • ’n kruik wat by die fontein stukkend breek,
  • ‘n wiel wat by die put stukkend val.

Om te sterwe is ten slotte die terugrol van die Skeppingsdaad – die stof van die liggaam keer terug na die aarde, en die gees na God wat dit in die eerste plek gegee en verenig het (vgl Gen 2:7).

“Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.”

Sela

dwaasheid, geniet, jeug, ouderdom, Prediker, vreugde, wysheid


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: