Hooglied 5:9-6:3 – Die vreugde van vrywillige versoening

Vandag se leeswerk beslaan 2 dele – 5:9-16 en 6:1-3 – wat dieselfde patroon volg:

  • Die 1ste deel begin in 5:9 met ‘n vraag oor die man se andersheid al dan nie (om hulle te help om hom te vind – onthou dit is ‘n gedig, nie ‘n werklike verhaal nie!), waarop die vrou met ‘n wasf antwoord en die besondersheid van haar man beskryf, amper soos dié van ‘n goddelike standbeeld.
  • Die 2de deel begin in 6:1 met ‘n vraag oor sy afwesigheid en ‘n aanbod van hulp (in antwoord op haar versoek tot hulp in 5:8), waarop die vrou antwoord dat hulle verhouding herstel is, want hy is weer af na sy tuin (‘n metafoor vir haar – vgl 4:12-5:1) toe.

5:9-16 – Die vrou bewonder haar man se leierskap en krag

Die vraag van die vroue (van Jerusalem) oor die man se andersheid al dan nie, word nie net gevra om hulle te help om hom te vind nie.  Dit gee die vrou ook geleentheid om te reflekteer oor wat sy eintlik het aan die man wat sy liefhet, wat haar na hom toe aantrek, wat daar in hulle verhouding is wat hulle spesiaal maak vir mekaar.

Die wasf oor die man (die enigste een oor die man in Hooglied) besing sy vorstelikheid in amperse goddelike terme van bo na onder:

  • Hy is in die eerste plek die man wat sy liefhet.  Dit is belangrik om dit raak te sien.  Sy het hóm lief, nie net hoe hy lyk nie, hoewel sy doelbewus sy aantreklikheid vir haar in gloeiende terme gaan uitspel in die res van die gedig.
  • Hy is in die tweede plek blakend gesond en blosend van kleur, ‘n toonbeeld van aantreklikheid, die voorkoms van ‘n leier (vgl Klaagl 4:7 wat dié beskrywing op Israel se leiers van toepassing maak).   Jy kan hom uitken tussen 10 000 ander!  Sy beskryf sy voorkoms in indrukwekkende terme:
    • Sy voorkop  is soos suiwer goud, songebrand, goddelik, wat ooreenkom met haar beskrywing van haarself in 1:6.
    • Sy haarlokke is soos dadeltrosse, wat die golwende karakter daarvan uitbeeld, en swart soos ‘n kraai, wat die jeugdigheid daarvan beskryf (teenoor die grys of silwer of min hare van ‘n ouer man).
    • Sy is soos glinsterende duiwe (soos haar oë ook – 1:5; 4:1).
    • Sy wange is soos lekker-ruik kruiebeddings, wat waarskynlik na sy geurige baard verwys.
    • Sy lippe is soos lelies wat drup van mirre, wat op hulle soenbaarheid dui.
    • Sy hande is soos stawe goud (songebrand, goddelik) met edelstene (glansend) ingelê.  Onthou dit is beeldspraak!
    • Sy lyf is soos ‘n blok ivoor, met saffiere ingelê, wat op krag en gesondheid (glans) dui.
    • Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke rus, wat soortgelyk op slanke krag en gesondheid dui.
    • Sy mond smaak soet (soos hare natuurlik ook – 7:9).  Onthou 1:2: “Soen my, soen my weer en weer!”

Net soos sy (4:7), is alles aan hom reg en begeerlik (5:16).  Dít is die man wat sy liefhet, dié een wat haar lewensmaat is.  En let op dat sy dit uitspreek teenoor die vroue van Jerusalem, waarin sy die eksklusiewe spesiale band met hom uitspel, iets wat vir hulle nie beskore is nie.  Daarmee spel sy ook haar keuse uit teen die insluiting in die harem.

6:1-3 – Die man keer vrywilig terug na haar

Die vraag oor die man se afwesigheid en die vroue se aanbod om haar te help om hom te vind, dien as oorgangsvers na haar vreugdevolle fonds, hy is uit sy eie terug by haar.  Hy is terug uit eie vrye keuse, en daarin verheug sy haar.  Dit oortuig haar van sy liefde vir haar.

Daarom kan hulle hul liefdesverhouding hervat, uitgedruk met die metafore van “kruiebeddings”, “skape tussen die tuine te laat wei”, “om lelies te pluk”, en “sy skape tussen die lelies laat wei” (vgl 4:5 waar dit juis haar borste is wat “tussen die lelies wei”).

Hulle band blyk onbreekbaar sterk te wees: “Ek behoort aan die man wat ek liefhet, en die man wat ek liefhet, is myne” (6:3).  Dit is nie vir haar nodig om hom te manupileer of verlei nie.

Hooglied, huwelik, liefde, saamwees, versoening, vreugde


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d