Hooglied 5:2-8 – Verskillende behoeftes bring maklik verwydering

Na die vervulling van die seksuele liefde in die vorige hoofstuk, tref hierdie gedig ‘n mens ‘n bietjie met ‘n skok.  Seks kan deur ‘n liefdesmaat as vanselfsprekend aanvaar word of ter wille van eie bevrediging gebruik word, en kan misverstand en verwydering bring.  Seks kan ook deur ‘n liefdesmaat geweier word of weens verskillende behoeftes onvervuld bly, en dit kan eweneens misverstand en verwydering bring.

Maar, dit is juis die trefkrag van Hooglied, dat dit nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde besing nie, maar ook van die teleurstellings en verwyderings vertel, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan.

En dit is die essensie van die wysheid, en waarom dié boek in die Bybel ingesluit is – dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou.  Liefhê is ‘n kuns wat nie net op ‘n onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook op ‘n emosionele volwasse ontwikkeling van die verhouding in terme van albei partye se behoeftes en begeertes.

Let op hoe ‘n omgekeerde patroon as in die vorige gedig gevolg word.  Waar dit daar bewondering, uitnodiging en genot was, is dit nou bewondering, weiering/eie bevrediging, teleurstelling.

Die man kom na haar toe op ‘n tyd wat die vrou nie vir hom gereed is nie – sy het al geslaap.  Sommige geleerdes dink sy droom die hele gedeelte van vers 2-8, maar ek dink die gedig dui doodgewoon daarop dat sy reeds in die bed en aan die slaap was.  Hy maak haar wakker vol bewondering en begeerte vir haar, maar dit lyk asof sy voel dat hy haar gereedheid as vanselfsprekend aanvaar, en sy is daarom nie lus om haar voete weer vuil te maak nie (5:3).  Voete was baie keer gebruik as ‘n verwysing na seksorgane.

Hy druk aanvanklik deur met sy pogings om haar tot die liefdespel op te wek, “steek sy hand deur die opening” (5:4), terwyl hy baie bewus is van sy eie seksuele gereedheid, uitgedruk met die metafoor van “my kop is nat van die dou, my hare is nat van die nag se klammigheid” (5:2 – duidelike seksuele taal), maar neem dan aanstoot aan haar aanvanklike weiering, en draai weg van haar af, ironies genoeg presies op die punt wat sy juis ontvanklik en gereed daarvoor raak, uitgedruk met die metafoor van die druppende mirre.  Dit kan ook wees dat die gedig van ongelykheid in hulle seksuele bevrediging praat – dat hy bevredig word, en dan wegdraai, voordat sy volledig bevredig is.

Die vrou voel hoe die dood oor haar spoel – “Ek was so opgewonde …” kan beter vertaal word met: “Die lewe/asem het uit my gegaan” – en gaan om hom te soek.  Sy wil die verhouding herstel, of soek ook seksuele vervulling, maar dit blyk nie so maklik te wees nie.  Sy ervaar verguising (5:7 – metafoor van die wagte) en verwerping (5:9 – die afwesigheid of onbeskikbaarheid van die man).  En sy ervaar die verterende gevoel van onvervulde liefde (5:8).

Die gedig sê dus dat verskillende behoeftes en benaderings tot misverstande en teleurstellings kan lei.  Dit is juis in die erkenning hiervan, en die deurgesels en hantering daarvan, wat daar groei moontlik word in ‘n groeiende volwassewordende huweliksverhouding.

Behoeftes, Hooglied, huwelik, liefde, saamwees, verwydering


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: