Skip to main content

Bybelskool oor Prediker en Hooglied

Bybelskool.com fokus in die tweede kwartaal op twee boeke in die Ou Testament: Prediker en Hooglied.

  • Die Prediker was ‘n ontdekkingsreisiger wat die grense van die lewe getoets het en agter gekom het dat die triomf en tragedie van dié lewe nie genoeg is vir mense wat ‘n kapasiteit het vir die ewige lewe nie.
  • Hooglied is ‘n digterlike kykie na hoe die liefdeskuns vir mans en vroue werk.  Dit werk beide met die liefdesdrome wat ons oor mekaar het, sowel as met die werklikheid van daardie liefde.  Die digter(es) kies vir persoonlike liefde, teenoor die praktyk van die harem van Salomo se tyd.  En dit spel uit hoe ‘n mens lief kan wees, sonder om jouself te verloor.

Ons begin 11 April met ‘n inleiding op Prediker en lees dan die boek deur in die volgende 3 weke.  Elke weeksdag lees ons saam ‘n perikoop en ek lewer kommentaar daarop by die webtuiste sowel as met ‘n e-pos aan geregistreerdes.  Ons vervolg op 2 Mei met ‘n inleiding op Hooglied en lees die boek dan op dieselfde wyse deur in die volgende 2 weke tot 16 Mei net voor Pinkster 2012.

Jy is welkom om saam met ons op reis te gaan met Prediker en Hooglied.  Registreer by bybelskool.com.  Dit is gratis.

In die gemeente Somerstrand kom ons Woensdagaande bymekaar vir ‘n bespreking van die afgelope week se perikope, 18:30-19:30 vanaf 18 April tot en met 16 Mei.  Die temas vir die eerste 5 weke se eredienste kom ook uit die 2 boeke.  Kyk by ngkerksomerstrand.co.za.

Hier is die perikoop indeling met die datums waarop ons dit gaan lees:

Continue reading

Inleiding op Prediker

Die Prediker was ‘n wysheidsleraar

Die Prediker was nie ‘n profeet, priester of geskiedskrywer wat oor die belangrike godsdienstige en historiese aspekte van Israel as Godsvolk praat nie.  Daarom soek ‘n mens tevergeefs in Prediker vir tradisies rondom die ontstaan van die wêreld, die aartsvaders, die Uittog uit Egipte, die Intog in Kanaän, en die belangrike momente van Israel se bestaan as volk.

Waaroor die Prediker nadink, is die sin van die lewe en of dit enigsins te vinde is.  Hy dink na oor watter manier van lewe wys sou wees, en watter onwys, watter lewenstyl waarde het en watter nie.  Byvoorbeeld, wanneer hy oor die aanbidding van God praat (hfst 5), fokus hy nie op die waarde van die tempel en die godsdienstige nut daarvan nie, eerder op watter benadering tot God daar wys sou wees, en wat nie.  En sy slotsom is dat luister beter is as praat.

Die Prediker staan dus in die wysheidstradisie van Israel.  Dat hy ook ‘n leraar in dié wysheidstradisie was, lei ‘n mens uit die naam “Prediker” (Qohelet in Hebreeus) af.  Die naam beteken “sameroeper”, wat dit waarskynlik maak dat hy een of ander amptelike rol gehad het, moontlik as sameroeper van die Godsvolk in hulle samekomste (Pred 12:9), wat ook die taak van lering in die wysheid gehad het (vgl Jer 18:18 wat van “raadgee” as taak van die wyses praat, op vergelykbare vlak met die profete en priesters).

Hy staan dus in die tradisie van die wysheidsleraars, soos die skrywers van Spreuke en Job, wat oor die sin van die lewe nagedink het, gesoek het vir begrip en insig oor hoe dinge in die praktyk werk, en probeer het om hulle leringe op hulle ervarings van die werklikheid van die lewe te baseer.  Hulle het daarom gesoek na patrone en ordes in die werklikheid (of die gebrek daaraan!), om daaruit beproefde beginsels en wyshede af te lei, wat tot hulp kan wees in die lewenskuns.[1]

Continue reading

Prediker 1:1-11 – Alles kom tot niks. Daar is niks blywends nie.

Lees vir feite, onveranderlikhede en vreugdes

‘n Handige manier om Prediker te lees, is aan die hand van drie aspekte van die Prediker se wysheid, soos RBY Scott dit in sy kommentaar opsom (Anchor Bible):
  1. One must face facts;
  2. One must learn to live with what cannot be changed;
  3. One must develop the capacity to find enjoyment in work and wisdom and in the very experience of living.

Probeer dus, soos jy lees, die dele in die teks te merk wat vir jou tref as:

  1. feite waarmee jy rekening moet hou (bv regverdiges word nie noodwendig meer as goddeloses beloon nie – 8:14),
  2. onveranderlikhede wat jy moet leer om te aanvaar (bv korrupsie is deel van enige burokrasie – 5:7-8), en
  3. vreugdes wat jy deel van jou lewe moet maak (bv geniet die lewe met die vrou/man wat jy liefhet – 9:9).

Kies dan een van dié feite, onveranderlikhede of vreugdes om (losweg gebaseer op Lectio Divina):

  1. diep daaroor na te dink, veral oor die praktiese betekenis vir jou lewe,
  2. met die Here daaroor te gesels in gebed, en
  3. jou lewe daarop te baseer of daaraan toe te wy.

Dit kan (en sal!) jou lewe verander.

Continue reading

Prediker 1:12-2:26 – Niks bevredig werklik nie, net gawes uit die hand van God

Die Prediker beskryf in hierdie deel die harde werklikheid van die lewe aan die hand van twee persoonlike eksperimente (let op die “ek”-taal): ‘n lewe van plesier en vreugde, en ‘n lewe van wysheid versus dwaasheid.  Die eksperimente slaag egter nie die toets nie; Alles kom tot niks, hoewel hy afsluit met die klein sprankie hoop dat genot ‘n gawe uit God se hand kan wees.

Continue reading

Prediker 3:1-15 – Daar is nie blywende sin in die ritmes van die lewe nie

Die Prediker gee in hoofstuk 3:1-15 ‘n uitgebreide oorsig oor hoe die ritmes van die lewe mekaar opvolg, en afwissel, maar vind nie blywende sin daar in nie (gesien uit die hoek van die onafwendbaarheid van die dood).
  • Dit is wonderlik as daar nuwe lewe is, die dag dat jy gebore word … maar net so wonderlik as wat die lewe is, net so seker is die feit dat daar ook ’n tyd kom om te sterwe, waar dit wat in jou lewe tot stand gekom het, aan ander oorgelaat word, en jy nie meer daar is nie.  Dit kom dus tot niks.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms